kategorieë: GebakKosWinterkos

Tradisionele melktert

Vir 2 middelslagterte

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Deeg:

  • 500 ml (2 k) meel
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • ’n knypie sout
  • 125 ml (½ k) suiker
  • 180 ml (¾ k)koue botter, gerasper
  • 1 eier en 1 eiergeel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vulsel:

  • 1,125 liter (4½ k) volroommelk
  • 45 ml (3 e) botter
  • 3 eiers
  • 180 ml (¾ k) suiker
  • 50 ml (3 e, hoogvol) mielieblom
  • 20 m1 (1 e, hoogvol) koekmeel
  • ’n knypie sout
  • fyn kaneel vir opdiening

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n 20 cm-pan met kleefwerende kossproei.

  1. Deeg: Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg die suiker by en meng goed.
  2. Vryf die botter by die droë bestanddele in tot dit soos broodkrummels lyk.
  3. Klop die eier en die eiergeel liggies saam en voeg by die meelmengsel. Meng tot ’n sagte deeg vorm. Draai die deeg in kleefplastiek toe en sit vir minstens 30 min. in die yskas.
  4. Druk die deeg in ’n dun lagie in die tertpan vas. Bak blind vir sowat 15 min. tot ligbruin. Oorskietdeeg kan gevries word.
  5. Vulsel: Verhit intussen die melk en botter saam oor lae hitte tot kookpunt. Klits die eiers en suiker met ’n elektriese klitser saam tot lig en romerig. Sif die mielieblom, koekmeel en sout by en meng goed.
  6. Voeg die warm melkmengsel by die eiermengsel en meng goed. Gooi in ’n skoon kastrol en verhit oor matige hitte tot die mengsel begin verdik.
  7. Skep in die voorbereide tertkors en bak vir sowat 20 min. tot die vulsel geset het. Laat afkoel, strooi kaneel oor en sit voor.

Deel
Gepubliseer deur
Vickie de Beer

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

5 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

5 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

5 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.