kategorieë: Ons menseBekendes

Mej Suid-Afrika 2018

Verwerk deur Catherine Schenck. Foto’s: Yolanda van der Stoep en verskaf deur Nine Squared

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

En Mej Suid-Afrika 2018 is…

Tamaryn Green

Die sestigste Mej. Suid-Afrika is die 23-jarige Tamaryn Green. Green, wat afkomstig is van die Paarl, is ’n mediese student.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tamaryn Green en haar ouers, Ellirene en David

Green het in haar toespraak genoem dat sy baie opgewonde is oor die geleentheid en graag ’n verskil sal wil maak. “Ek belowe om te bou op die nalatenskap van al die voormalige Mej. Suid-Afrika titeldraers en om my land met grasie, styl, skoonheid en onwrikbare toewyding te verteenwoordig. Mej. SA is soveel meer as net ’n kompetisie. Dit is ’n roeping, ’n geleentheid om terug te gee aan die land wat so ryklik vir my voorsien het tot dusver.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“As Mej. Suid-Afrika sal ek in ’n sterk posisie wees om by te dra tot die heropbouing van ’n beter Suid-Afrika. Ek is nog altyd passievol oor ’n positiewe verskil maak en om progressiewe verskille in die lewens van andere te bring. Ek het grootgeword deur aan twee baie verskillende wêrelde blootgestel te wees: Dié van die meer bevoorregtes en die minder bevoorregtes. Ek wil deel wees van die poging om daardie wêrelde bymekaar te bring. Ek glo dit kan gedoen word deur gelyke opvoeding aan almal te bring. Dade spreek duideliker as woorde. Ek wil die stem wees vir diegene wat nie gehoor word nie, ’n dienaar en rolmodel vir Suid-Afrikaners en aan die res van die wêreld.”

As Mej. SA wen Green pryse ter waarde van R 3 miljoen en sy sal einde van hierdie jaar deelneem aan die Mej. Heelal-kompetisie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tamaryn Green

Die titel van Eerste Prinses behoort aan die 26-jarige Thulisa Keyi, die BComm-graduant van Oos-Londen, wat Suid-Afrika by die Mej. Wêreld-kompetisie vanjaar sal verteenwoordig.

Thulisa Keyi en Tamaryn Green

Sestigste herdenking

Penny Coelen, Margaret Gardiner. Demi-Leigh Nel-Peters, Rolene Strauss en Anneline Kriel

Die Mej. SA-skoonheidskompetisie vier sy sestigste jaar in 2018 en as deel van die vieringe is voormalige titeldraers genooi om hierdie geleentheid by te woon. Meer as 40 van hierdie skoonhede was by die geleentheid, insluitende die Voormalige Mej. Wêreld-titeldraers Penny Rey Coelen (1958), Anneline Kriel Bacon (1974) en Rolene Strauss (2014). Huidige en verlede Mej. Heelal was daar: Margaret Gardiner (1978) en Demi-Leigh Nel-Peters (2017). Verdere skoonhede wat die geleentheid bygewoon het sluit in Basestsana Makgalamele Kumalo (1994), Kerishnie Naiker (1997) , Ntando Kunene (2016), Bokang Montjane Tshabalala (2010) en Liesl Laurie (2015) en Adele Kruger (1957).

Al die voormalige Mej. SA-titelhouers het ’n spesiale diamantjubeljaar-ring ontvang om die geleentheid te herdenk.

Kyk hier na die foto’s:

Foto’s deur Yolanda van der Stoep

Lees ook:

Anneline Kriel: Die lewe is goed

Rolene Strauss se winterwenners

Onderhoud met Adè van Heerden, Mej. SA 2017

Demi-Leigh Nel-Peters: Die mooiste in die heelal

Onderhoud met Demi-Leigh Nel-Peters

Margaret Gardiner: ’n Ma soos myne

Margaret Gardiner op die voorblad

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck
Tags: local celebs

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Fluit-fluit, dié deelnemers se storie is uit…

In vandeesweek se episode het glanssjef Bertus Basson en koskenner Kobus Botha met nog ’n…

3 hours Gelede

Bruintjie-kolwyntjies

Hierdie bruintjie-kolwyntjie-resep is baie maklik en regtig smullekker! Deur Vickie de Beer

12 hours Gelede

Twee karakters, een aktrise: Sandi Schultz se mees uitdagende rol tot nou toe

Sandi Schultz verras weer in Diepe Waters (kykNET, DStv kanaal 144), maar dié keer as…

1 day Gelede

Romerige hoenderlasagne

Deur Vickie de Beer. Foto deur CRPhotographic

1 day Gelede

Rob Hersov op ‘Laataand by Rian’: “Raak van sosialistiese- en rasgedrewe wetgewing ontslae”

Rob Hersov is vir sommige ’n held, en vir ander ’n omstrede figuur as gevolg…

1 day Gelede

Schané Fouché: Skoonheid wat straal

Deur Maretha Botes. Foto’s: Hanneri de Wet           Wanneer Schané Fouché (32) haar hare…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.