Sy is beeldskoon en party mense sê selfs sy lyk soos Rolene Strauss se tweelingsuster. Die 21-jarige Demi-Leigh Nel-Peters van Sedgefield in die Wes-Kaap is gisteraand by die Sun City Superbowl aangewys as Mej. SA vir 2017.
As deel van haar prysgeld sal Demi-Leigh een miljoen rand in kontant ontvang asook verskeie ander pryse. Die borge is Sun International en Cell C.
Twaalf finaliste het deurgedring na die eindrondte van hierdie gewilde skoonheidskompetisie waarna slegs drie (twee prinsesse en natuurlik die wenner) oorgebly het. Adè van Heerden en Boipelo Mabe was onderskeidelik as eerste en tweede prinses gekroon.
Die beoordelaars was Maps Maponyane, Unathi Msengana, Cameron van der Burgh, Bridget Masinga, Gisele Wertheim Aymes, Ezra Davids en die voormalige Mej. SA Claudia Henkel.
Die gewilde modeontwerper Anel Botha het Demi-Leigh se wenrok ontwerp. Sy het dié foto op Instagram gedeel:
Melinda Bam en manlief Adriaan Bergh het die koppe laat draai en was beslis die mooiste paartjie van die aand. Melinda het ook ’n rok deur Anel Botha gedra. Sy het dié foto met haar Instagram-volgelinge gedeel:
Rolene Strauss het soos ’n ware Mej. Wêreld gelyk in haar Biji – La Maison de Couture-skepping! Hierdie rok kry 10 uit 10 by ons.
Claudia Henkel was ook bedrywig op Sosiale Media en was duidelik beïndruk met Demi-Leigh: