Deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Chantelle Pretorius (26) het op die plaas Orla aan die voet van die Drakensberge naby Elliot in die Oos-Kaap grootgeword. Op sewe maande het sy ’n lewensgevaarlike vorm van breinvliesontsteking opgedoen.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“My kans om te oorleef is op 5% geskat, maar ná ’n stryd om te bly leef – en gebede van oral – het God my genees. Vier maande later het ’n ander vorm van meningitis my getref. Dit het my gehoor aangetas en my heeltemal doof gelaat. Toe ek vier jaar oud was, was ek egter die gelukkige ontvanger van ’n kogleêre inplanting.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Sonder my gehoorapparate kon ek niks sagter as 90 desibel hoor nie. Dit beteken al het ek langs ’n brullende enjin gestaan, kon ek skaars ’n vae, dowwe geluid hoor. Die kogleêre inplanting het my deel gemaak van die wêreld van horendes. Vir die eerste keer kon ek ’n ‘s’ uitspreek. My ma moes net keer, want toe ek ‘s’ kon sê, wou ek voor elke woord ’n ‘s’ sit: ‘Smamma’, ‘seet’ …
“Ek en my ouers het ingeskakel by die Carl du Toit-sentrum in Kaapstad, waar dowe kinders leer praat. Ouers kry ouerleidingsessies; berge huiswerk om hulle kinders te leer liplees en praat sonder gebaretaal. Ons gesin was elke drie maande twee weke lank in Kaapstad om by hul program in te skakel. My broers was altyd baie opgewonde hieroor – vir hulle was dit ’n vakansie in die Kaap! Die Carl du Toit-sentrum het my gehelp om vastrapplek tussen twee wêrelde te kry. Dit het my gehoorgestremdheid iets van die verlede gemaak en my gehelp om met meer gemak te kommunikeer.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
“Op skool het ek baie swaar gekry, veral toe ek jonger was. Op laerskool moes ek kort-kort my maatjies se aandag kry deur aan hulle te raak en te vra: ‘Wat het juffrou nou gesê?’ My hart was sommer seer as ek moes hoor: ‘Vra self vir juffrou’ of ‘Moenie aan my raak nie, dis irriterend.’ Kinders kan lelik optree. Hulle weet nog nie wat aanvaarbaar is nie. My ma het altyd gesê: ‘Aanvaar elkeen soos hy of sy is, maak nie saak hoe oud of jonk, klein of groot, gebrekkig of nie. Elkeen is uniek op sy of haar eie manier. Maar hoe moes ek dit vir my maatjies sê? Met wonderlike onderwysers wat my geken het, kon ek egter die lewe in die gesig kyk en aangaan.
“Op hoërskool het die emosionele stryd van voor af begin. Die onderwysers was nie gewoond aan my nie; die kinders was nie gewoond aan my nie, maar ek het probeer inpas waar ek aanvaar sou word. Weer eens het ek besef: tieners raak lelik en hulle wil net die beste hê, ook die beste vriende. Ek wou net aanvaar word. My tienerstadium was die moeilikste in my lewe, maar tog het dit van my ’n rots gemaak. Ek sê altyd: aanvaar die boelies, hulle leer jou wat jy nié moet wees nie.
“Universiteit was ’n groot aanpassing. In die eerste week van klasloop het ek my ma-hulle gebel en gesê: ‘Kom haal my, hier sal ek dit nooit maak nie. Die klasse is groot, die boeke is in hoog-Engels, hoe nou?’ Nadat ek ’n paar dosente gaan sien het, het hulle my beter verstaan en my beter geakkommodeer. Maar kort voor lank moes ek weer staatmaak op ander studente se aantekeninge. In 2015 het ek my B. Ed. graad in die grondslagfase verwerf, en deesdae hou ek skool op Barkly-Oos in die Oos-Kaap.”
“Mense diskrimineer soms teenoor gestremdes omdat hulle dink jy kan nie normaal funksioneer nie. Dowe mense kan enigiets doen wat normale horende mense kan doen; ons kan net nie hoor nie. Waar daar egter ’n wil is, is daar ’n weg.
“Gehoorgestremdes werk drie keer harder om te kommunikeer, en dit verg baie inspanning. Maar ek gebruik nie my gehoor as ’n verskoning nie en ek laat nie toe dat dit my terughou nie. Omdat ek staatmaak op liplees, lag mense as ek sê: ‘Sit aan die lig sodat ek jou kan hoor.’ Dowe mense is soos motte, want hulle volg die lig. Sonder lig is dit moeilik om te kommunikeer.
“Ek bid elke dag vir wysheid. Gelukkig het ek skerp oë, en met my oë lees ek jou liggaamshouding. As ek jou raad kan gee: hou jou liggaamstaal vriendelik, en ontspan. Ek kom ’n lang pad hiermee. Hou op stadiger praat, hou op oorartikuleer. Ek verstaan jou! Gehoorgestremdes is nie stupid of dom nie.
“In ’n dowe wêreld is daar baie humor. Omdat ons soms die snaaksste woorde hoor wat iets heeltemal anders beteken, kan ons nogal in komiese situasies beland. Toe ek so ses jaar oud was, het die hoenders een dag vreeslik te kere gegaan. My twee broers, Ulrich en Gunther, was ook daar. Die hoenders se geraas het vir my geklink na ‘Oeriggggg, oerigggg …’ Na die hoeveelste keer wat die hoenders so tekere gegaan het, hardloop ek by die huis uit en skree vir my ma: ‘Ulrich is nie hier nie, hy is by die skuur!’
“My bestuurder, Franscois Britton, het onverwags oor my pad gekom. Hy is ’n ontwerper van Aliwal-Noord. Ek het hom genader om vir my ’n rok te maak vir die Mej. Dowe Suid-Afrika 2017-kompetisie. Hy het aangebied om al my aandrokke te borg. Hoe geseënd is ek nie? Hy laat my altyd soos ’n superster voel en lyk. Hy is my mentor en my steunpilaar.
“Op 9 Julie 2018 gaan ek, Franscois en my stileerder, Biah Crous, na Praag. Ons is altesaam 90 gehoorgestremde dames van regoor die wêreld wat gaan deelneem. Ek glo en vertrou dat ek Suid-Afrika trots kan maak en die kroon huis toe kan bring!”
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.