kategorieë: Blogs

Meisies + Seuns = Gevaar

Miskien moet ek die vraag ná drie en ‘n half dekades vra: wat was dit met die onderwysers in my hoërskooljare dat hulle die meisies en seuns met alle geweld uitmekaar wou hou?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dalk was die hoërskool waar ek matriek geskryf het ‘n uitsondering, maar tieners van verskillende geslagte is duidelik nie in mekaar se geselskap vertrou nie. Daar was afgebakende gebiede vir die meisies en die seuns. Die taai toffie van ‘n algemeen toeganklike snoepie is hanteer met die reëling dat daar altyd prefekte op diens moes wees – seker om te sorg dat slegs sake daar gedoen word. Of die prefekte wat met die seën van die gesagshebbers daar rondgehang het se intensies altyd suiwer was, weet ek nie …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die enigste ander veroorloofde kuiergebied was die paartjieblok. Dit het die stoep voor die personeelkamer beslaan en waarskynlik ‘n paar besprekingspunte vir oorwerkte onderwysers gebied. Dalk het hulle weddenskappe aangegaan oor die “kerngesondheid” en/of lewensverwagting van sekere kyse?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek moet erken: ek is steeds dikbek oor hierdie apartheidskultuur. In die gemoed van iemand wat ewe onskuldig gereken het grootmense het grondige redes vir hul manier van doen, het dit baie onsekerheid geskep. Jare lank het ek gewonder wat so gevaarlik aan kontak tussen seuns en meisies kon wees; ek het seuns, en later mans, met aansienlike agterdog betrag.

Gelukkig het donker wolke silwer randjies. Danksy ons neurotiese opvoeders, die kuise flieks van daardie tyd en die boeke waarin stomende tonele deur ‘n paar sterretjies gesimboliseer is, het die aantrekkingskrag tussen die geslagte – vir my altans – ‘n goeie skoot misterie behou. Romanse strek vir my steeds verder as dit wat in woorde, op ‘n TV-skerm of op die silwerdoek vasgevang kan word. Ek glo altyd daar is méér om te ontdek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

En is dit nie ‘n voorreg om later in jou lewe te ervaar dat die spel tussen die geslagte steeds vol magic kan wees nie? Veral as jy die onsekerheid van jonkwees agtergelaat het en die gevaarsone ten volle kan geniet …

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

5 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

7 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

7 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

7 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

7 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.