kategorieë: TrendsMode

Meghan Markle se styl-evolusie

Hoewel Meghan nie die tonge laat klap het weens die interessantste rok of ’n waaghalsige uitrusting nie, het sy dit keer op keer reggekry om die koppe te laat draai. Tussen haar straatstyl- en skemerkelkie-uitrustings, is dit duidelik dat sy hou by dit waarin sy gemaklik voel. Sy word dikwels in die klassieke wit hemp en denim tydens dagaktiwiteite gesien en saans smeul sy in ’n noupassende rokkie wat vleiend om haar kurwes gly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie is ons gunstelingstyle van haar:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Potloodsnit-romp

Sy het bewys dat ’n vrou nie altyd deur ’n lae hals of hoë spleet aandag hoef te trek nie. By deftige geleenthede dra sy selde ’n broek en haar bekende knielengte-potloodsnitromp laat ons baie dink aan haar karakter, Rachel Zane, in die reeks Suits. Haar gunstelinguitrusting is ’n snit wat na die onderkant vernou. Dit skep ’n mooi silhoeët saam met haar bene en dun enkels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bypassende pakkie

Haar kantoorpakkies is ook treffend – by The Today Show is sy in ’n klassieke kantoorbaadjie en bypassende kortbroek gesien, natuurlik met ’n wit hemp daarby. Sy hou haar bykomstighede minimalisties deur haar voorkoms met ’n handsak (en deesdae ook ’n indrukwekkende ring) af te rond.

Gepunte skoene

Die verkeerde skoene kan jou voete baie vinnig groot laat lyk. Meghan is gaande oor hakskoene met gepunte tone omdat dit haar dun enkels mooi komplementeer. ’n Ronde toon sou haar voete breër laat lyk het. Dieselfde prinsiep kan op hakke toegepas word – hoewel almal na die gemak van ’n blokhak smag, kan dit jou voete lomp laat lyk. Kies ’n dunner hak as jy ’n uitrusting dra wat uit delikate materiaal gemaak is.

#rrwenk: Steek jou wysvinger tussen jou enkel en stewel of skoenbandjie in om te toets of jou skoen ’n lomp voorkoms gee. As jou enkelstewel en -bandjie meer as een wysvinger se ruimte om jou enkel het, dan is die skoensnit te groot.

Kyk hier hoe Meghan se styl ontwikkel het. Kan jy raai hoe sy as toekomstige adellike sal lyk?

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.