kategorieë: Dra dit soMode

Meghan in Afrika: 6 uitrustings wat jy ook kan dra

6 uitrustings wat jy ook kan dra deur Bea Lingenfelder  Hooffoto: Greatstock / Shutterstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Afrika is in rep en roer sedert dié koninklike paartjie hul Afrika-toer begin het. Die Britse Hertog en Hertogin van Sussex, Harry en Meghan, het met ’n Kaapse draai afgeskop (waar kleine Archie selfs ’n klapsoen van ons eie Arch, emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu, gekry het).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Archie ontmoet die Arch

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Meghan en skoonsus Catherine se style word graag bekyk in die mode-media. Meghan was nog nooit een vir frille en valle nie, en haar minimalistiese styl is deurlopend tydens haar en manlief Harry se Afrika-toer te sien. Hoewel daar tog ’n mate van kleredrag-riglyne gevolg moet word, kry Meghan dit keer op keer reg om beeldskoon te lyk.

1. Haar kenmerkende informele styl

Voor Meghan die koninklike ring aan haar vinger gedra het, is sy dikwels gekiek in ’n gemaklike denim en bloes. Sy het tydens haar besoek aan die Waves For Change-organisasie in Kaapstad teruggekeer na haar informele styl met ’n neutrale kleurpalet.

Dra dit so:

Bloes van Witchery; Denimbaadjie van Diesel; Jean van Ted Baker; Leer mule-skoene van Sweet Peas

2. Omhels kleur

Kleur in volle glorie maak altyd ’n indruk. ’n Toeknooprok met ’n uitkloksoom is ’n gewilde styl onder die koninklikes, maar hier hou Meghan dit modern met ‘n hemprok – die vloeiende suster van die koninklike A-snit styl. Dis vleiend, vroulik en kan vinnig van dag tot aand aangepas word.

Meghan rond dit af met ’n gemaklike Espadrille-styl skoen wat ook ’n groot gier vir die naderende somer is.

Dra dit so:

Hemprok met knoopgordel Zara; Wighakskoen Witchery

3. Sê ja vir Safari-inspirasie

Hoewel Meghan dié ontwerp deur Martin Grant reeds tydens haar en Harry se vorige toer in Australië gedra het, hou ons van haar herwinbare aanslag op uitrustings en hoe om dit te vernuwe. Sy het hier ’n Suid-Afrikaanse element bygevoeg deur oorringe van Nina Bosch te dra.

Dra dit so:

Streeprok Truworths; Blokhaksoen Steve Madden; Oorringe Nina Bosch Porcelain

4. Swart bly sjiek

’n Gepaste swart nommertjie is ’n moet-hê item. Dit kan op veelsydige maniere stileer word wat jou elke keer ’n ander voorkoms gee.

Meghan hou by haar minimalistiese styl met ’n monochromatiese uitrusting en klassieke voorkoms.

Dra dit so:

Eenstuk Woolworths; Hakskoen Ted Baker; Oorringe YDE; Meghan in Afrika: 6 uitrustings wat jy ook kan dra

5. Die perfekte patroonrok

Rokke met patrone ontlok gemengde gevoelens – sommige mense dink dis outyds, maar ander kan weer nie daarsonder nie. Die geheim lê egter in die styl en snit wat jy in gedagte moet hou wanneer jy ’n patroonrok wil baasraak.

#rrWenk: Hou die silhoeët modern en die neklyn vleiend – jy kan nooit verkeerd gaan met die Vroulike V-neklyn nie. Kies ook eerder ’n midi-snit wat bo jou enkels eindig.

Dra dit so:

Country Road-rok Woolworths; Hakskoen ALDO; Silwer oorringe Famke

6. Lyk mooi in ’n modieuse romp

Meghan is lief vir swart uitrustings juis as gevolg van die klassieke element, maar ons hou van hoe sy hierdie voorkoms met ’n unieke romp stileer het. Dit gee nuwe lewe aan ’n veilige kleurpalet en ons moedig jou selfs aan om ’n tikkie kleur in te bring.

#rrWenk: Gekleurde skoene is groot nuus en ’n maklike manier om jou voorkoms op te helder.

Dra dit so:

Bloes Woolworths; Romp Poetry; Swart hakskoen Zara; Roesrooi hakskoen ALDO; Serp Desray Meghan in Afrika: 6 uitrustings wat jy ook kan dra

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

12 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

22 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.