kategorieë: Ontspanning

Meerkat Maantuig gewild oorsee

Meerkat Maantuig se skrywer en regisseur, Hanneke Schutte, het die jeugnovella ‘Blinde Sambok’ deur die bekende Suid-Afrikaanse skrywer Riana Scheepers as uitgangspunt gebruik en dit omskep in ’n kinematiese verhaal wat in die wonderlike woude van Magoebaskloof in Suid-Afrika afspeel. Die film Meerkat Maantuig vertel die verhaal van Gideonette de la Rey, ’n vreesbevange 13-jarige meisie wat glo aan haar familie se generasie-vloek en daarom is sy oortuig daarvan dat sy die volgende persoon gaan wees om ’n voortydige dood te sterf. Bang en desperaat kan sy nie van hierdie storie ontsnap wat haar werklikheid defineer nie. Uiteindelik kan sy slegs haar vrese oorkom deur dit in die gesig te staar …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die eerste vertoning van Meerkat Maantuig het plaasgevind by die 2017 Silwerskermfees in Kampsbaai, Kaapstad waar die film genomineer is in die kategorieë Beste Kinematografie, Beste Produksieontwerp en Beste Regisseur. Die kinematograaf Willie Nel het die toekenning vir Beste Kinematografie ontvang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In November 2017 het die film sy Noord- Amerikaanse première by die gesaghebbende Austin Film Festival in Texas gehad. Schutte het die fees bygewoon en sy was oorweldig deur die positiewe reaksie. Die film het soveel aandag getrek dat dit ’n addisionele toegif, of Buzz-toekenning, ontvang het. Meerkat Maantuig het ook wonderlike resensies by die Austin Film Festival ontvang en is ook gelys as die nommer een film op die Amerikaanse filmkritikus Jesse Knight se lys van Top 10 Onuitgereikte Films in die VS. Die film is ook ingesluit in die US Film Bloggers Bill and Bill Movies se lys van top films van 2017 saam met ’n indrukwekkende lys van lokettreffers en Oscar-genomineerdes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die film is amptelik geplaas op ’n lys gesogte filmfeeste, insluitend die Austin Film Festival, Oxford Film Festival, Sedona Film Festival in Arizona, The Kids First Film Festival (die grootste kinderfilmfees in die wêreld), The Bay Area Children’s Festival buite San Fransisco, die Omaha Film Festival, Nebraska, die Calcutta International Cult Film Festival en die GUKIFF International Kids Film Festival in Seoul, Korea.

Kyk hier na die amptelike lokprent:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

1 hour Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

8 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.