In die Junie 2014 uitgawe van Lapelle-tydskrif, verduidelik Dr Bradley Wagemaker (Mediese direkteur by LAMELLE-laboratoriums), meer oor chemiese afskilfering.
Wat is chemiese afskilfering?
Dit is ’n chemiese oplossing vir jou liggaam se natuurlike proses van vernuwing. Dit raak onstlae van ou selle om plek te maak vir nuwes. Met ander woorde, dit laat jou eie vel afskilfer sodat nuwe vel kan groei.
Wat is die doel van chemiese afskilfering?
Dit verwyder die lagie vel wat reeds beskadig is, dit genees letsels, verbeter die vel se fermheid en tekstuur,o en laat nuwe vel groei.
Watter velkwessies kan met chemiese afskilfering behandel word?
Aknee, veroudering van die vel en pigmentasie.
Wat is die verskillende tipes chemiese afskilfering?
1. Alpha – (meestal vrugtesure) Glycol-suur, melksuur
2. Beta – ’n Bietjie sterker as Alpha-sure, bevat salicylzuur
3. Retinol – Vitamien A reguleer die groei van velselletjies
4. TCA – Trichloroacetaatsure is baie sterker as bogenoemde en dring die vel dieper binne