kategorieë: Leef gesondGesondheid

Beendigtheid: Hoe om na jou bene om te sien

Jy weet hoe dit gaan: Jy gaan nog by kalsium uitkom. Meer melk oor jou pap en in jou koffie en tee. Jogurt vir middagete. En onthou om weer kalsiumpille te koop. En te drínk. Dan, op ’n dag vra jou dokter: Is jou beendigtheid al getoets? Gits. Sê nou dit is te laat?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sê nou my skelet is al vreeslik bros? My ouma het haar heupbeen gebreek, en die tannies in die familie loop erg krom. Ek maak die *afspraak, en al sê my gesonde verstand vir my daar is niks te vrees nie, voel ek tog gespanne …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die beste melk vir kalsium

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die afspraak

Gelukkig is dié soort toetsing gemaklik en heeltemal pynloos. Jy lê net op ’n bed terwyl die DXA-apparaat ’n soort x straalgram van jou ruggraat en heupbene neem. Jy moet ook op die skaal klim maar dié keer tel dit in jou guns om oorgewig te wees. Daardie ekstra kilo’s werk soos ’n gimsessie met gewigte vir jou skelet.

Wat ek geleer het

1 Die beste tyd vir ’n eerste beendigtheidstoets is met die begin van die menopouse – gemiddeld op 51 vir Suid- Afrikaanse vroue. Vroeër as dit? Net as jy ekstra risikofaktore vir osteoporose het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Die volgende tel as risikofaktore: die ouer vroue in jou familie het ’n heup gebreek of osteoporose gehad; jy het ná veertig geval en jou pols, ’n rugwerwel of jou heupbeen gebreek; jy het steroïede vir sport gebruik (spierbouers en sportdrankies is baie dikwels daarmee gekontamineer); jy het vroeg (voor 40) in die menopouse ingegaan, soos vanweë ’n histerektomie waartydens jou eierstokke verwyder of beskadig is; jy is op kankerterapie wat jou estrogeen onderdruk; jy drink drie of meer glasies wyn per dag (’n whisky ná werk en twee glasies wyn met ete); jy rook of het gerook; te min melk in jou dieet, of dan kalsiumpille as alternatief; of jy het rumatoïede artritis of seliaksiekte.

3 Sekere medikasie kan jou beendigtheid afbring, soos kortisoon en bloeddrukmedikasie met warfarien en heparien.

4 Daar is meer aksie in jou been as wat jy dink: elke dag bou jou osteoblaste nuwe been, terwyl jou osteoklaste ou beenselle afbreek. Die proses is so aktief dat jou hele skelet elke vyf jaar heeltemal vervang is.

5 Die belangrike syfer van jou toets is jou femurnek se sterkte. Jou heupbene lyk soos twee sewes wat na mekaar kyk, met die kort armpies as die swak plek wat kan breek. As jy dié syfer invul, saam met jou ander risikofaktore verskaf dit jou risiko op ’n beenbreuk vir tien jaar.

Lees ook: Planne vir goeie kraakbeen

6 Vir jou been is 38 die magiese ouderdom. Tot dan bou jy meer been as wat jy verloor. Daarna verloor jou liggaam sowat 1% van sy been per jaar – en selfs meer as jy eers in die menopouse is. Hoe meer been jy teen 38 gebou het, hoe meer been is daar waarvan been afgebou kan word.

7 Dis maklik genoeg om been te bou. Sorg vir 1 000 – 1 200 mg kalsium per dag, wat neerkom op vier porsies melk, kaas, maaskaas en/of jogurt. Of jy kan kalsiumpille drink wat soveel elementele kalsium verskaf. Of jy kan melk en kalsiumpille kombineer tot jou somme balanseer.

En jy moet oefen

Niks dramaties nie, net ’n totaal van drie en ’n halfuur per week. As jy nie by jou halfuur per dag uitkom nie, kan jy oor die naweek inhaal. Jy het twee soorte oefening nodig: eerstens gewigdraende oefening wat jou skelet versterk en tweedens oefening wat jou spiere soepel hou en jou balans verbeter en so keer dat jy nie maklik val nie. Vir eersgenoemde is stap, touspring, wipmatspring, dans en balsport uitstekend. Vir laasgenoemde is joga, pilates, V- core en gimbaloefeninge uitstekend.

8 Baie vroue het osteopenie, met ander woorde hulle val in die tusseningroep. Moet jy ook met medikasie begin? Meestal nie. Dokters kyk eerder na jou algehele risikoprofiel voor hulle medikasie voorskryf.

Lees ook: Beendigtheid: alles wat jy van Osteoporose wil weet

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

17 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

18 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

21 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

22 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.