kategorieë: Nuut & NouKos

Meer as net springmielies

Springmielies … maar méér

Verwag ’n totale aanslag op jou sintuie wanneer jy jou eerste pakkie Guzzle & Wolf Gourmet Popcorn oopmaak. Verruklike geure soos Klapper & Chia-saad, Roosmaryn & Parmesaan, Feta & Swartpeper of Gesoute Karamel en Griekse Jogurt gaan meeding om jou gúnsteling-gunsteling te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Anita Labuschagne en haar span sjefs van Sweet Temptations keer nou konvensionele springmielies behoorlik op sy kop met hul Guzzle & Wolf-reeks. Hul insig in terme van die verbruiker se peuselgewoontes, internasionale kosneigings en ’n ononderhandelbare toewyding tot hoë kwaliteit dien as wegspringplek vir hierdie revolusionêre peuselhappie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ons ervaar dat mense toenemend gesondheidsbewus is, maar terselfdertyd steeds nou en dan ’n bederfie wil geniet,” sê Anita. “Ons het dus ’n versnapering – wat tradisioneel bloot ʼn fliektydhappie was – nuwe lewe gegee met innoverende, en selfs verrassende, geurkombinasies.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Plaaslike bestanddele word ingespan (insluitend plaaslik geproduseerde springmieliepitte) en word dan gegeur met kraakvars kruie (meestal vanuit die sjefs se eie tuin) en speserye, of bedek met soete verleiding soos hul geheime karamelresep of egte Griekse Jogurt.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Natuurlike geure

Diegene met ’n soettand gaan gaande wees oor die ikoniese Gesoute Karamel, Heuning, Griekse Jogurt, Klapper & Chia-saad, Heuning & Sesamesaad, en Kaneel & Pretzel-geure.

Fynproewers met ’n voorkeur vir southappies sal die volgende geniet: Marmite-geur (’n eerste vir SA), Feta & Swartpeper, Cheddar & Gekaramelliseerde Ui, Olyf & Kruie (met ekstra suiwer olyfolie) en Roosmaryn & Parmesaan.

Die gelamineerde en herseëlbare zip-sakkies (in 3 verskillende groottes) is ontwerp om die springmielies langer vars te hou.

Wees gewaarsku: die verskeidenheid geure sal dit byna onmoontlik maak om jou gunsteling te kies. Koop dus die hele reeks by jou plaaslike SPAR of onafhanklike deli vanaf R15 (vir die mini-pakkies) tot R30 (vir die Wolfpak). Bederf ook jou vriende – as jy dit oor jou hart kan kry om te deel!

Loer by guzzleandwolf.co.za vir meer inligting, of gaan maak vriende by Facebook facebook.com/GuzzleAndWolf

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

11 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

12 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

13 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

14 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

16 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

19 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.