1 hoeveelheid basiese vleismengsel (sien resep onder): Vervang die 500 g beesvleis deur 500 g lamsmaalvleis en voeg 1 t fyn gemaalde komyn, 1 t fyn gemaalde koljander en 1 rooi brandrissie by die maalvleismengsel.
Indien jy ’n losser maalvleismengsel verkies, gooi 250 ml (1 k) fyn broodkrummels en 60 ml (¼ k) jogurt by. Ons het nie die maalvleis gesout voor dit gevries is nie omdat dit water sal trek, maar moenie vergeet om dit met die kookslag te geur nie!
30 ml (2 e) olyfolie
1 ui, fyn gekap
2 klein selderystingels, fyn gekap
1 wortel, fyn gerasper
30 ml (2 e) vinkelsaad, liggies gerooster
15 ml (1 e) gekapte knoffel
500 g gemaalde beesvleis
500 g gemaalde varkvleis
gerasperde skil van 1 groot of 2 klein suurlemoene
15 ml (1 e) mosterdpoeier
Bykomstighede
6 pitabrode, in die oond gebak en deurgesny
geroosterde eiervrug
geroosterde rooi soetrissie
1 houertjie klaarbereide hoemoes
1 houertjie klaarbereide tzatziki
babaspinasieblare
Instructions
Basiese maalvleismengsel
1 Braai die ui, seldery en wortel in die verhitte olyfolie in ’n groot braaipan tot goud en voeg die vinkel en knoffel by. 2 Braai vir nog 5-10 min. tot sag. Trek van die hitte af en laat heeltemal afkoel. 3 Meng die twee soorte maalvleis in ’n groot bak en gooi die afgekoelde ui-mengsel, suurlemoenskil en mosterd by. Meng goed deur maar moenie oormeng nie. 4 Skep porsies van 500 g in sakkies en vries of gebruik dadelik.
Maak ’n frikkadel
1. Meng die maalvleis soos in die basiese burgerresep. 2. Verhit die olie oor hoë hitte in ’n kleefwerende pan. Verdeel die maalvleismengsel in 6. 3. Gooi ’n bietjie olie op jou hande en rol die dele in netjiese bolletjies. Druk hulle effens plat en braai in die olie tot dit van die pan loskom en bruin is aan albei kante. Verlaag die hitte en braai tot die vleiskoekie binne ook gaar is.
Bou die burger
1. Sit ’n vleiskoekie op ’n pitabrood. Sit ’n skyfie geroosterde eiervrug, soetrissie en ’n hand vol babaspinasieblare bo-op. 2. Sit voor met hoemoes en tzatziki.