– Genoeg vir 1 groot tert (6-8 mense)
Bestanddele
Tertdeeg
- 200 g polenta
- 100 g botter
- 50 g parmesaankaas
- hand vol pietersielie, fyngekap
- hand vol orego, fyngekap
- 2,5 ml (½ t) sout
- 2,5 ml (½ t) bakpoeier
- 1 eier, geklits
- 150 g gekookte koue aartappels, fyngemaak
Vulsel
- 45 ml (3 e) olyfolie
- 250 g kersietamaties
- 5 klein of 2 groot eiervrugte, in kwarte gesny
- 3 eiers
- 180 ml (¾ k) room
- 125 g bloukaas, gekrummel of camembertkaas, gesny, indien jy nie van bloukaas hou nie
- 2 takkies tiemie, blaartjies van die takkies afgestroop
- hand vol pietersielie, fyngekap
- hand vol basiliekruid
Metode
- Voorverhit die oond tot 200 °C. Sproei ’n 21 cm x 21 cm-riffelpan met kossproei.
- Verwerk die polenta, botter, parmesaankaas, pietersielie, orego, sout en bakpoeier tot krummelrig. Voeg die eier en aartappels by en verwerk totdat dit ’n deeg vorm.
- Rol die deeg tussen 2 velle bakpapier tot 10 mm uit. Sit vir 30 min. in die yskas.
- Sit intussen die kersietamaties op ’n oondpan, sprinkel 15 ml olyfolie oor en geur met sout en swartpeper. Rooster vir 20-25 min. of totdat die velle begin oopbars. Haal uit.
- Voer die voorbereide pan met die deeg uit. Bak die terkors blind.
- Verhit die oorblywende olyfolie in ’n braaipan oor matige hitte. Braai die eiervrug daarin vir 2 min. aan elke kant of tot goudkleurig. Haal uit.
- Vul die tertkors met die eiervrugte en tamaties.
- Klits die eiers, room, bloukaas, tiemie en pietersielie in ’n mengbak. Gooi die mengsel oor die tert.
- Bak vir 25-30 min. of tot goudkleurig. Dien met vars basiliekruidblare op.