– Resep deur Vickie de Beer. Foto: Johan Wilke
Mediterreense biefslaai
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Instructions
- Verf 500 g beesfilet met olyfolie.
- Maal swartpeperkorrels fyn tot jy 45 ml (3 e) het.
- Rol die filet in die peper totdat dit heeltemal bedek is.
- Geur met seesout.
- Verhit ’n riffelpan oor hoë hitte.
- Rooster die filet vir sowat 8-12 min. (draai 4 keer en rooster 2-3 min. aan elke kant).
- Haal uit die pan, laat rus vir 5 min. en sny in dun skywe.
- Dreineer intussen 1 x 400 g-blik artisjokharte en 1 x 400 g-blik piment, in kwarte gesny.
- Rangskik die artisjokke, gesnyde piment en filet op ’n groot dienbord.
- Voeg ’n hand vol sondroëtamaties en ’n hand vol vars roketblare by.
- Sit voor met parmesaankrulle.
Michelle Nortje
Lees Meer
Die lekkerste botterbroodjies (skons)
21/01/2025
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025