kategorieë: Gesondheid

Maak meditasie deel van jou dag!

Foto: Matteo Di Iorio

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sommige mense begin mediteer as gevolg van ‘n dokter se aanbeveling, op soek na die gesondheidsvoordele van verlaagde bloeddruk, stresvermindering en rustige slaap. Ander mediteer om angswekkende, kwaad of pynlike gedagtes wat voortdurend hul gedagtes oorstroom, te verlig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy nog altyd nuuskierig was oor die voordele wat meditasie vir jou kan inhou, probeer hierdie vyf maklike maniere om ’n tydjie vir jouself af te knyp.

1. Doen dit soggens

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Om in die gewoonte van daaglikse mediasie te kom, is dit beter om dit een van die eerste dinge wat jy in die dag doen, te maak. Skop jou roetine af deur net 5 min per dag te mediteer en werk van daar op na ’n langer tyd.

2. Mediteer direk ná ’n bestaande gewoonte

As jy soggens te besig is, probeer om nádat jy in jou kar geklim het vir ’n paar sekondes diep asem te haal voor jy die kar aanskakel. So kan jy ook ná jy jou rekenaar by die werk aangeskakel het, twee of drie asemteue neem voordat jy jou e-posse lees. Op dié manier sal jy hierdie kort oomblikke van meditasie aanleer en dit deel van jou daaglikse roetine maak.

3. Gebruik oorfone

Hoewel sommige mense glo dat jy slegs kan mediteer indien jy stilsit, is dit egter nie die geval nie. Waar jy ook al kans kry om stil te raak, of jy nou sit, staan loop of lê, daar kan jy ook mediteer. Gebruik goeie kwaliteit-oorfone wat enige steurende klanke uit kan skakel terwyl jy net daar en dan jou meditasie vir die dag inkry.

4. Maak ’n inskrywing op jou kalender

Indien jy ’n propvol skedule het, keer niks jou om plek vir meditasie in jou dag te maak nie. Dit is jou reg! Moet egter nie meditasie as bloot nog ’n taak wat afgehandel moet word, sien nie. Sien dit eerder as ’n geskenk aan jouself waar jy kan rustig raak en ontspan voor jy die res van die dag moet aanpak.

5. Begin met een asemteug

Moenie die krag van klein dingetjies in die lewe onderskat nie. Indien jy steeds nie die effek van meditasie verstaan nie, begin dan deur slegs op een bewuste asemteug elke dag te fokus. Só lê jy die fondament vir ’n meditasie-roetine en gewoonte wat met oefening deel van jou daaglikse lewe sal word.

Bron: Huffington Post

Lees nog: Uitbranding: Alles wat jy moet weet

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

16 hours Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

17 hours Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

19 hours Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

21 hours Gelede

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

  1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…

23 hours Gelede

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.