Deur Anys Rossouw. Foto: Toa Heftiba vir Unsplash
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Mede-afhanklikheid is die algemeenste vorm van verslawing. Dis die siekte van ’n self wat die verantwoordelikheid vir jou lewe en geluk koppel aan iets of iemand buite jouself. Dis wanneer jy so fokus op dinge en mense buite jouself dat jy voeling met jou innerlike verloor: jou gedagtes, gelowe, gevoelens, ervarings, intuïsie en selfs jou fisieke toestand.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Mede-afhanklikheid se wortels lê dikwels diep versteek in wonde uit jou kinderdae. Die Amerikaanse psigoterapeut, prof. Charles Whitfield, sê dit begin as ’n kind se gesonde behoeftes nie deur sy gesin en leefwêreld bevredig word nie; wanneer die kind nie kry wat hy fisiek, emosioneel en spiritueel nodig het om in ’n aangepaste volwassene te ontwikkel nie.
So ’n kind maak sy ouers se ontoereikendheid sy eie en dink sy ouers is reg en die fout lê by hom. Hy leer om sy behoeftes te misken. Dit veroorsaak oor jare emosionele onderdrukking, afsluiting en doodsheid wat soms in sielkundige toestande soos mede-afhanklikheid, aggressie, depressie, stres, verslawing, eetversteurings, angstoestande en fisieke siektetoestande na vore kom.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }’n Valse self probeer ander tevrede stel, goedkeuring verdien, of verwerp die mense om hom in rebellie. Maar die seer en die behoefte om beter oor homself te voel en deur ander aanvaar te word, bly.
Die psigoterapeut dr. Susan Forward vertel die verhaal van Melanie, een van haar kliënte. Melanie het gesê dat sy permanent hopeloos voel. “Ek voel leeg, of ek nog nooit na aan enigiemand was nie. Ek was twee keer getroud en het met verskillende mans verhoudings gehad. Maar dis of ek altyd die verkeerde een kies. En dink ek sal hom regkry en help. Maar dit werk nooit uit nie. My eerste man het my verneuk. Die tweede een was ’n dronklap. En ek was goed vir hulle.”
Dís die klassieke gedrag van iemand wat mede-afhanklik is. Die term mede-afhanklikheid is eers net gebruik vir die lewensmaat van ’n alkoholis of dwelmafhanklike wat die verslaafde se gedrag of probleem onwetend eintlik in stand hou. Maar deesdae word die term wyer gebruik. Dit sluit alle mense in wat van hulself slagoffers maak in die proses om iemand te help, en verantwoordelikheid aanvaar vir iemand wat dinge of mense misbruik, kompulsief, verslawend, of ongesond afhanklik is.
Melanie is aangetrek deur mans met probleme. Sy het geglo as sy goed genoeg is, hulle liefhet en hul probleme vergeef, sal sy hulle help om hul probleme te besef en sal hulle vir haar lief wees. Maar hulle was nie. Wat sy gekry het, was leegheid en ’n gevoel van “ek word misbruik”.
Sy het haar probleme aan die mans toegeskryf. Sy kon nie insien dat sy elke keer die verkeerde keuses maak nie. Dat liefde jou nie moet verwond nie, het sy nie besef nie. Sy het vir almal gegee, behalwe vir haarself. Sy het ook nie besef dat sy die mans in haar lewe toegelaat het om met hul gedrag voort te gaan nie. Sy het dit onwetend in stand gehou deur hulle nie die verantwoordelikheid en gevolge van hul optrede te laat dra nie. Sy het agter hulle opgevee.
Toe sy oor haar kinderjare begin praat, het die stukkies van die legkaart gepas. Haar patroon om sukkelende mans te help, was ’n herhaling van haar verhouding met haar pa. As iets verkeerd geloop het, het hy in duie gestort. Haar ma het haar onttrek en sy moes bemiddel en probeer om hom beter te laat voel – waarin sy selde kon slaag.
1 Ontkenning: “Ek drink soms ’n paar biere, maar ek is nie ’n alkoholis nie.”
2 Elke geval lyk anders:
Robert Burney, skrywer van Codependance: The Dance of Wounded Souls, sê ons moet ophou om ons mag weg te gee deur op te hou om volgens die patrone van die stukkende kind in ons te leef. Ons moet leer om tussen waarheid en ons eie verwronge persepsies van situasies te onderskei. Ons moet die moed hê om die emosionele wonde wat ons houdings, gedagtes en lewe beheer, te erken, te voel en te heel. Ons moet die verskil tussen mede-afhanklikheid en interafhanklikheid verstaan.
In mede-afhanklikheid gee jy jou mag weg, want jou selfbeeld, selfwaarde en wie jy is, hang van dinge en mense buite jou af. Interafhanklikheid is om bondgenote te maak – om met mense te deel en jou aan hulle te verbind. In die proses gee jy ook mag weg, maar jy het nog die beheer.
Maar dis belangrik om te besef dat om heel te word ’n groeiproses is wat nie oornag of met ’n enkele wilsbesluit gebeur nie. Dikwels is dit ’n moeisame pad wat moeilik is om alleen aan te pak. Die hulp van ’n professionele persoon maak dit net makliker om oor ’n paar van die berge te kom.
Elkeen van ons is geluk aan onsself verskuldig – vry om lief te hê sonder vrese vir verwerping.
Lees ook: Wat om te doen as jou kind in ’n slegte verhouding is
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.