kategorieë: Ons menseBekendes

Medaljeloos, maar wenners van ons harte!

Medaljeloos, maar wenners van ons harte! – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Protea-vrouenetbalspan het Sondag (16 Julie 2019) net-net ’n historiese medalje in die Netbal-Wêreldbekertoernooi misgeloop, maar in die proses alle Suid-Afrikaners se harte baie trots gemaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Norma Plummer, die hoofafrigter van die Suid-Afrikaanse vrouenetbalspan, het ná die brons-medalje uitklopwedstryd gesê dat sy nie veel meer van die nasionale span kon vra tydens ’n indrukwekkende veldtog in Liverpool nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }
View this post on Instagram

A post shared by Netball South Africa (@netballsa) on Jul 21, 2019 at 11:24am PDT

Nadat Suid-Afrika vir die eerste keer in 24 jaar die uitspeelwedstryde by die netbalwêreldbekertoernooi gehaal het, het hulle teen die verdedigende kampioene (Australië) in die halfeindronde te staan gekom. Die Proteas het moedig aangehou veg in die hoop vir ’n oorwinning, maar ongelukkig in die doodsnikke met 55-53 verloor.

Dié verloor het die Proteas se plek in die bronsmedalje-uitklopwedstryd verseker en daarvoor moes hulle Sondag vir derde en vierde plek teen Engeland uitspeel.

Die Proteas het feitlik nét verdedig! Met min geleentheid vir algemene aanvallende spel het die Engelse veteraanspeler, Geva Mentor, net weereens bewys waarom sy as die wêreld se beste hoofverdediger beskou word.

Geva Mentor en haar hulpverdediger, Eboni Usoro-Brown, het die SA doele, Lenize Potgieter (doel) en Maryke Holtzhausen (hulpdoel), onder geweldige druk geplaas.

Aan die ander kant van die baan het die Engelse doelskieters, Helen Housby (doel) en Joanne Harten (hulpdoel), ten spyte van die Suid-Afrikaanse verdedigers se harde werk, doel na doel gesink. Met doelgemiddeldes van onderskeidelik 100% (Helen) en 85% (Joanne) was daar min wat Phumza Maweni (verdediger) en Karla Pretorius (hulpverdediger) kon doen.

Engeland wen gerieflik met 58-42 om hulle derde agtereenvolgende bronsmedalje te verower.

Die kwarttellings was 14-12, 29-22 en 46-32.

Hoewel die Proteas met leë hande terugkeer na Suid-Afrika, is hulle vierde plek steeds ’n fantastiese prestasie, veral as ’n mens in ag neem dat hulle soveel keer in die verlede tevrede moes wees met ’n vyfde plek.

Suid-Afrika se uitslae tydens die 2019 Netbal Wêreldbeker:

  • Wen teen Trinidad en Tobago 76-45
  • Wen teen Fidji 90-35
  • Wen teen Jamaika 55-42
  • Wen teen Skotland 66-38
  • Wen teen Uganda 67-40
  • Verloor teen Engeland 47-58
  • Verloor teen Australië 53-55 (Halfeindstryd)
  • Verloor teen Engeland 42-58 (Bronsmedalje-uitklopwedstryd)

Dié span het die beste Wêreldbeker-uitslag sedert 1995 behaal deur boonop ook ’n seldsame oorwinning oor die netbalreuse (Jamaika) in die groepsfases te behaal.

’n Enkele doel het Sondagaand die wêreldkampioen en naaswenner geskei

Nieu-Seeland is as die wêreldkampioene aangewys na ’n eindstryd-riller teen Australië wat hulle 52-51 gewen het. ’n Enkele doel het hulle oorwinning teenoor die titelgunstelinge verseker en só kon Nieu-Seeland weer die Wêreldbeker-titel, wat hulle laas in 2003 gewen het, opeis.

Suid-Afrika se onderkaptein as “speler van die toernooi” aangewys

Ten spyte daarvan dat hulle die eindstryd verloor het, was daar darem ’n mate van troos vir die Suid-Afrikaanse vrouenetbalspan nadat hulle onderkaptein en verdediger, Karla Pretorius, as speler van die 2019 Vitality Netbal Wêreldbekertoernooi aangewys is.

Karla is met dié titel vereer tydens die medaljeseremonie wat na die finaal in ’n gepakte M&S Bank Arena in Liverpool plaasgevind het.

Die laaste Suid-Afrikaner wat met dieselfde titel vereer is, was Erin Burger wat ironies genoeg Karla se kamermaat op toer was –  Erin het die toekenning by die 2011 Wêreldbekertoernooi in Singapoer verower.

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

13 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

13 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

14 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

14 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

16 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

17 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.