kategorieë: Bekendes

Maye Musk is die eerste ouer gesig vir CoverGirl

Maye Musk (69) is nie net die ma van die miljardêr-entrepreneur Elon Musk (Tesla) nie. Of ouma van 10 kleinkinders nie. Of ’n dieetkundige nie. Sy is ook ’n model en het pas die eerste ouer vrou geword om die ‘gesig’ van die skoonheidshuis CoverGirl te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

A post shared by Maye Musk (@mayemusk) on

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

CoverGirl het vanjaar hul handelsmerkambassadeurs uitgebrei met ’n paar ander eerstes: Maye Musk, die eerste ouer ambassadeur, James Charles, die eerste manlike ambassadeur, en Nura Afia, die eerste ambassadeur wat hijab dra. Hulle sluit aan by ’n rits bekendes wat as dié handelsmerk verteenwoordig, insluitend Katy Perry.

Maye het op die ouderdom van 15 modelwerk begin doen en het selfs in 1969 deelgeneem aan die Mej. SA-kompetisie. Sy is oorspronklik Kanadees maar het in Suid-Afrika grootgeword en eers teruggetrek Kanada toe nadat Elon, haar oudste kind, daar begin studeer het. Sy noem in onderhoude dat sy steeds modelwerk gedoen het, maar omdat sy vroeg kinders gehad het, moes sy dit deeltyds doen. Sy het onlangs al hoe gewilder begin word en al op voorblaaie van tydskrifte soos ELLE Canada, TIME en New York Magazine verskyn. Sy was in die Haunted-musiekvideo van Beyoncé én sy was al in advertensies vir handelsmerke soos Special K, Virgin America en Revlon. Sy was hierdie jaar ook deel van die New York-modeweek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Zandvliet vier 50ste oes

Deur Clifford Roberts. Foto’s: Clifford Roberts      Zandvliet Wynlandgoed in die Breederiviervallei het rede…

7 hours Gelede

Marmelade-en-klapper-koekies

Maak 16 snytjies   Bestanddele   Onderlaag 250 ml (1 k) sagte botter 140 ml…

8 hours Gelede

MSI: Meer as net speletjies – ontmoet die Modern 14 F-reeks

Krag, styl en draagbaarheid vir die moderne beroepsman of -vrou   MSI is al jare…

10 hours Gelede

Margaret oor selfvertroue & snedige kommentaar: ‘Ek’s benoud vir wat mense oor my gaan skryf’

Deur Margaret Gardiner. Foto's: Willem Botha.     Ek het Augustusmaand verlede jaar die eer…

13 hours Gelede

Hoe voel dit as jy ’n katarak of gloukoom het?

Hoe voel dit as jy ’n katarak of gloukoom het?   Die meeste van ons…

1 day Gelede

Mediterreense groentetert

Terte het ’n gedaantewisseling ondergaan. Hier is ’n groentetert met ’n twist! Resep deur Vickie…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.