Matriekafskeidrokke: Diaan Daniels ontwerp Kylie, dogter van Amor en Joost, se rok én deel sy beste raad

Die bekende Suid-Afrikaanse ontwerper, besigheidsman en televisiepersoonlikheid Diaan Daniels, wat al vir meer as 25 jaar sy stempel in die modebedryf afdruk, is bekend vir sy pragtige skeppings wat elegansie met moderne neigings meng.

Lees ook: Diaan Daniels gee wenke vir jong ontwerpers: Klim só die leer na sukses!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Foto: Ludvig Photography

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Hy besit Diaan Daniels Couture en sy ontwerpe is al deur talle plaaslike asook internasionale sterre gedra. Hy was ook die aanbieder van die VIA-program Die Bruid-boetiek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vanjaar het Diaan ‘n spesiale projek aangepak: die ontwerp van ‘n matriekafskeidrok vir Kylie, die dogter van die sangeres Amor Vittone en die ontslape oud-Springboklegende Joost van der Westhuizen.

Diaan het al ‘n hele paar keer Amor aangetrek het destyds vir ‘n paar van haar en Joost se uitrustings gesorg.

“Ek het Amor 25 jaar gelede by Mej. Bloemfontein ontmoet waar sy opgetree het, ons albei was nog aan die begin van ons loopbane. Sy het baie van my ontwerpe gehou, en net daar en dan ‘n uitrusting by my gekoop. Toe ons mekaar verlede jaar in die gym raakloop, het ons weer begin gesels en ek het vir haar ‘n uitrusting vir ‘n funksie geleen,” het Diaan vertel.

Dis geen wonder dat Kylie, ‘n leerling aan Dainfern College, hom genader het om haar matriekafskeidrok te ontwerp nie. Sy het onlangs haar eerste afspraak by Diaan Daniels Couture in Johannesburg bygewoon om die opwindende proses af te skop.

Dié twee wil nie veel oor haar voorkoms vir haar spesiale aand weggee nie, maar Diaan het wel verklap dat die rok “sexy, maar steeds tydloos” is.
“Ek dink almal gaan verbaas wees oor die kleur van die rok!”

Ons is opgewonde om later vanjaar foto’s van Kylie in haar Diaan Daniels Couture-rok eksklusief te deel. Hou hierdie spasie gerus dop!

Terwyl Kylie vir haar matriekafskeid voorberei, deel Diaan sy beste wenke vir die ontwerpproses van ‘n matriekafskeidrok:

  • Begin vroeg: Begin die ontwerpproses ‘n paar maande vooruit om genoeg tyd vir passings te hê en om seker te maak die ontwerper is nie vol bespreek nie.
  • Doen jou navorsing: Soek inspirasie op Pinterest, aanlyn platforms en rooitapyt-geleenthede om idees in te samel. Onthou wel dat jy nie 10 rok-idees in een ontwerp kan saamvat nie. Wees eerlik met jou ontwerper oor jou wense sodat hul jou visie verstaan, maar wees oop vir hul professionele advies en voorstelle, hulle het die kundigheid om jou visie te verbeter.
  • Stel ‘n realistiese begroting op: Bepaal hoeveel jy bereid is om op jou rok te spandeer en kommunikeer dit duidelik aan jou ontwerper.
  • Oorweeg jou liggaamstipe: Kies ‘n styl wat jou liggaamsvorm vlei en jou selfversekerd sal laat voel. Moenie net neigings volg nie; kies iets wat jou selfversekerd en gemaklik laat voel, jou ontwerper sal jou hiermee kan help.
  • Wees getrou aan jouself: Kies ‘n ontwerp wat jou persoonlike styl weerspieël en jou gemaklik laat voel. Jy kan ook elemente byvoeg wat jou persoonlikheid weerspieël. Of dit nou ‘n unieke kleur of spesiale versierings is, dit sal jou rok laat uitstaan.
  • Dink aan die tema (as jy wil): As jou matriekafskeid ‘n spesifieke tema het, hoef jy nie noodwendig by die tema in te pas nie.
  • Keuse van kleur en materiaal: Jou ontwerper sal weet watter materiaal by jou droom-ontwerp sal pas, wees oop vir hul voorstelle. Kies ‘n kleur wat jou velkleur komplementeer en jou sal laat uitstaan, dis nie die geleentheid om voorspelbaar te wees nie.
  • Details, details, details: Besluit vooraf hoeveel versierings soos kralewerk, kant, of paillette jy op jou rok wil hê.
  • Beplan jou bykomstighede: Dink aan die bykomstighede wat jy die aand van jou matriekafskeid gaan nodig hê, soos skoene, juweliersware, en ‘n handsakkie. Vat dit saam na jou passings toe om seker te maak dit pas by jou rok. Hou dit eenvoudig, meisies!
  • Oorweeg hoe jou haarstyl en grimering jou rok gaan komplementeer: ‘n Proef-afspraak vir jou hare en grimering dieselfde dag as jou finale passing is ideaal as jy wil seker maak al die elemente van jou voorkoms werk goed saam.
  • Dis noodsaaklik om ‘n paar keer jou rok te gaan aanpas: Jou rok moet tog perfek pas.
  • Geniet die proses: Geniet die reis om jou droomrok te skep en die ervaring om saam met ‘n professionele ontwerper te werk!

Lees ook: 10 redes waarom jy die Augustus-uitgawe van rooi rose móét lees!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.