Hier is ons aanbevelings oor mat en glansende onderlaag.
Mat onderlaag
As jy ’n olierige vel het, of van meer dekking hou, is ’n mat onderlaag die oplossing, hoewel grimeerkunstenaars deesdae ’n meer glansende gelaat verkies. ’n Mat onderlaag het ’n meer fluweelagtige voorkoms; het gewoonlik nie ekstra olie nie, en trek lig in eerder as wat dit wegbons. Baie vroue met olierige velle verkies ’n mat onderlaag omdat dit langer aanbly.
Glansende onderlaag
’n Glansende onderlaag skep ’n jonger voorkoms. Namate ons ouer word, is ons velle geneig om droër en minder glansend te word. Deur ’n glansende onderlaag te kies, kan jy jonger lyk sonder om te veel te gloei. Dit het ’n douagtige voorkoms en is baie keer ook bevogtigend. Vir ekstra glans kan jy ’n voorbereidingslagie wat glans gee, aanwend, of ’n glansproduk soos MAC Cosmetics Strobe Cream (R410) by jou onderlaag inmeng.