kategorieë: Ontspanning

MasterChef SA is terug op die kassie!

Die vyfde seisoen van MasterChef South Africa begin môreaand op kanaal S3 (voorheen SABC 3). Kykers kan op Saterdag 14 Julie weer hope kreatiwiteit, opwinding en natuurlik ’n passie vir kos verwag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Deelnemers sal weer voor verskeie uitdagings te staan kom, en van die land beste sjefs ontmoet en sodoende hul vaardighede slyp.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hul kulinêre meesterstukke is te danke aan die Pick n Pay-spens se vars bestanddele. Die mooi spens op die stel is ingerig volgens die handelaar se vlagskipwinkels, insluitende Pick n Pay Waterstone in Kaapstad, Pick n Pay Musgrave in Durban en Pick n Pay Redruth in Johannesburg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

The MasterChef Pick n Pay-spens bevat hope vars en ander bestanddele, maar ook unieke PnP-reekse soos Live Well en Let’s Cook.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

MasterChef SA se vyfde seisoen op Saterdag om 19:30 op S3 en word op Sondae om 18:30 op S2 en Woensdae om 18:00 op S3 herhaal. Die wenner sal op 23 November 2024 aangekondig word.

Kook soos ’n meestersjef:

Probeer gerus Pick n Pay se romerige tagliatelle met bros prosciutto

Bedien 6 | Ongeveer 30 minute

  • 1 pakkie (500 g) PnP-eiertagliatelle
  • 200 g prosciutto crudo, gekap
  • 2 e (30 g) botter
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 eiers + 2 eiergele
  • 1 k (250 ml) room
  • ½ k (80 ml)  parmesaankaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde peper

  • hand vol vars ertjiespruite
  • geblansjeerde aspersies
  • parmesaankaas

Kook pasta volgens pakkie se instruksies. Hou warm eenkant.

  1. Braai prosciutto in ’n droë pan oor matige hitte tot bros. (Moenie als op een slag ingooi nie, braai stuk vir stuk). Verwyder en hou eenkant.
  2. Voeg botter in dieselfde pan en smelt oor matige hitte
  3. Braai knoffel tot geurig en verwyder pan van hitte.
  4. Klits eiers saam (insluitende eiergele), room en kaas. Geur na smaak.
  5. Gooi pasta weer in pan saam met knoffel en meng.
  6. Voeg eiermengsel by en roer terwyl jy oor lae hitte kook totdat sous verdik, ongeveer 3–5 minute. Geur na smaak.
  7. Sit warm saam met bros prosciutto, ertjiespruite en aspersies voor en sprinkel parmesaankaas oor.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jak de Priester oor KoppieTeeFontein se nuwe seisoen

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 dinge wat met jou vel gebeur soos wat jy ouer word

Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…

18 hours Gelede

Wanneer seks seer is… | Wat is die oorsake en behandelingsmoontlikhede?

Deur Mariette Snyman       “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…

19 hours Gelede

Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge!

    Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier!     Modern 14 F13MG      Kleinhandelaar:…

23 hours Gelede

Bernice West oor ouerskap: ‘Daar is nie woorde nie…’

Foto's: Instagram/Bernice West   Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…

2 days Gelede

5 vinnige visresepte vir aandete

Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…

2 days Gelede

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.