Die vyfde seisoen van MasterChef South Africa begin môreaand op kanaal S3 (voorheen SABC 3). Kykers kan op Saterdag 14 Julie weer hope kreatiwiteit, opwinding en natuurlik ’n passie vir kos verwag.
Deelnemers sal weer voor verskeie uitdagings te staan kom, en van die land beste sjefs ontmoet en sodoende hul vaardighede slyp.
Hul kulinêre meesterstukke is te danke aan die Pick n Pay-spens se vars bestanddele. Die mooi spens op die stel is ingerig volgens die handelaar se vlagskipwinkels, insluitende Pick n Pay Waterstone in Kaapstad, Pick n Pay Musgrave in Durban en Pick n Pay Redruth in Johannesburg.
The MasterChef Pick n Pay-spens bevat hope vars en ander bestanddele, maar ook unieke PnP-reekse soos Live Well en Let’s Cook.
MasterChef SA se vyfde seisoen op Saterdag om 19:30 op S3 en word op Sondae om 18:30 op S2 en Woensdae om 18:00 op S3 herhaal. Die wenner sal op 23 November 2024 aangekondig word.
Kook soos ’n meestersjef:
Probeer gerus Pick n Pay se romerige tagliatelle met bros prosciutto
Bedien 6 | Ongeveer 30 minute
Bestanddele
- 1 pakkie (500 g) PnP-eiertagliatelle
- 200 g prosciutto crudo, gekap
- 2 e (30 g) botter
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 2 eiers + 2 eiergele
- 1 k (250 ml) room
- ½ k (80 ml) parmesaankaas, gerasper
- sout en varsgemaalde peper
Opdiening
- hand vol vars ertjiespruite
- geblansjeerde aspersies
- parmesaankaas
Metode:
Kook pasta volgens pakkie se instruksies. Hou warm eenkant.
- Braai prosciutto in ’n droë pan oor matige hitte tot bros. (Moenie als op een slag ingooi nie, braai stuk vir stuk). Verwyder en hou eenkant.
- Voeg botter in dieselfde pan en smelt oor matige hitte
- Braai knoffel tot geurig en verwyder pan van hitte.
- Klits eiers saam (insluitende eiergele), room en kaas. Geur na smaak.
- Gooi pasta weer in pan saam met knoffel en meng.
- Voeg eiermengsel by en roer terwyl jy oor lae hitte kook totdat sous verdik, ongeveer 3–5 minute. Geur na smaak.
- Sit warm saam met bros prosciutto, ertjiespruite en aspersies voor en sprinkel parmesaankaas oor.
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jak de Priester oor KoppieTeeFontein se nuwe seisoen