Sit die aartappels in ’n groot kastrol met koue water en kook vir sowat 15 min. tot sag. Dreineer.
Maak die aartappels fyn tot sag en glad. Voeg die mascarponekaas en botter by. Geur met sout en swartpeper.
Verhit die botter intussen in ’n kastrolletjie oor lae hitte vir sowat 3 - 4 min. tot dit net begin verkleur. Laat verbruin, maar wees versigtig dat dit nie brand nie.
Skep die bruin botter oor die kapokaartappels en sit voor.