Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Salm is baie goed vir jou maar ongelukkig ook aan die duur kant. Hier rek ons die vis ’n bietjie deur ook stokvis of koningklip te gebruik.
5 ml (1 t) gekapte gemmer
5 ml (1 t) gekapte knoffel
20 ml (4 t) olyfolie
45 ml (3 e) lemoensap
15 ml (1 e) masala (ons gebruik nomu se indian rub)
500 g salm
500 g koningklip
Salsa
’n ¼ pynappel in blokkies gekap
’n ½ papaja in blokkies gesny
1 rooi ui in blokkies gesny
2 gaar mielies waarvan die pitte afgesny is
’n hand vol gekapte pietersielie en ’n hand vol kruisement.
Druk die sap van ½ lemoen oor en meng versigtig deur.
Instructions
1 Meng die gemmer, knoffel, 15 ml (1 e) van die olyfolie, lemoensap en masala. Hou eenkant. 2 2 Sny die visse in 4 cm x 4 cm blokkies en ryg op stokkies. 3 Verf met die gegeurde smeer. 4 Verhit die res van die olyfolie in ’n braaipan en braai die vis alkant tot gaar en ondeurskynend. 5 Sit met die sonnige salsa en ekstra koljanderblare voor.