Maryke Haywood maak ’n verskil

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Lauren Fredericks. Grimering: Mia Liebenberg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die afgelope paar jaar het Dankie, Lottoland en Lottoland help ’n dorp duisende mense se lewe in Suid-Afrika verander. Eersgenoemde het sewe suksesvolle seisoene agter die rug en laasgenoemde se derde reeks kom eersdaags ten einde. Agter dié suksesvolle programme staan twee toegewyde vroue – Maryke Haywood, die bemarkingshoof van Lottoland Suid-Afrika, en Annemie Lombard, die regisseur en inhoudsvervaardiger van Homebrew wat die reekse vervaardig. Maryke en Annemie werk nou saam. Dié reekse is 100% Annemie se babas wat sy grootgemaak het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maryke Haywood en Annemie Lombard.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lottoland is ’n internasionale maatskappy met die Suid-Afrikaanse tak wat ’n lisensiehouer van die Wes-Kaapse Raad van Wedrenne en Dobbelarye is.

Maryke verduidelik dat Dankie, Lottoland uit die pandemie se verwoestende uitwerking op vele se finansies en veral ook nie-winsgewende organisasies gebore is. “Vir menige is dit (steeds) ’n tyd van swaarkry en sente omdraai. Ons het besluit om te help deur die meeste van Lottoland se jaarlikse bemarkingsbegroting te gebruik om Suid-Afrikaners daadwerklik en prakties te help – eerder as in korporatiewe advertensies te gebruik.”

Annemie voeg by dat met die span se reis na elke uithoek van die land in agt provinsies, altesaam 91 episodes en meer as R50 miljoen aan mense in nood later, een ding uitgestaan het: Klein dorpies het hulp nodig en in elkeen van hierdie plekke is daar raakvatters wat self moue oprol en dinge laat gebeur.

Maryke vertel: “Ons het mense uitgenooi om vir Lottoland help ’n dorp in te skryf. Met hul insigte oor hul dorp en kontakte met munisipale owerhede kan ons saamwerk. Die span of komitees moet dan ook munisipale toestemming kry voordat Lottoland die ‘droomprojekte’ kan befonds.

Annemie sê elke dorp se projek verskil. “In Senekal was dit die munisipale swembad, in Vaalwater die tennisbane, in Victoria-Wes was dit die legendariese Apollo Teater, in Clanwilliam die Ramskop-natuurtuin en in Lady Grey was dit die Lady Grey-dam en omliggende omgewing. Ander dorpe besluit weer om kleiner projekte aan te pak.

“Baie keer sien ons met ons terugkeer na ’n dorp dat die aanvanklike projek vlerke gekry het. ’n Goeie voorbeeld hiervan was Vrede in die Vrystaat – hul aanvanklike projek was om die stortingsterrein buite die dorp op te ruim (’n groot taak), maar met ons terugkeer was die ingange van die dorp ook opgeknap, sypaadjies en paaie is reggemaak en geboue lyk ook beter.”

Ek gesels met Maryke vanuit Spanje, waar sy vir ’n wyle by Lottoland se hoofkantoor in Gibraltar werk. “Die nood is groot. In Dankie, Lottoland het ’n glanspersoonlikheid die geleentheid gehad om die liefdadigheidsorganisasie of projek wat hulle na aan die hart lê, te benoem. Hulle besoek die organisasie, vind uit wat nodig is en waarmee Lottoland kan help, en dan spring die span aan die werk.”

Elke dorp se inskrywing word haarfyn bestudeer. Dit moet onder meer ’n besigheidsplan met kwotasies van verskaffers én ’n volhoubaarheidsplan insluit. Die span kyk ook hoe die projek ’n impak op die gemeenskap van die dorp gaan hê.

Met Lottoland help ’n dorp se drie seisoene wat reeds uitgesaai is, is die bekende groen koevert al 39 keer aan dorpe uitgedeel en ’n totaal van meer as R20 miljoen spandeer. Die span het meer as 35 000 km van elke uithoek van die land gereis. Hoewel Maryke en Annemie nog niks mag sê oor ’n vierde seisoen nie, mag Maryke darem verklap dat hulle iets baie innoverend gaan uitsaai.

Maryke se LinkedIn-profiel beskryf haar as ’n bemarkingsghoeroe en borduur voort dat sy ’n gedrewe bemarkingshoof is met die vermoë om resultate te toon deur geïntegreerde bemarkingsveldtogte en kreatiewe handelsmerk-bou.

Sy is ’n gebore entrepreneur en in haar loopbaan van amper 20 jaar het sy ook haar eie digitale advertensiemaatskappy gehad wat sy op 25 begin het. Dit was ’n baie suksesvolle maatskappy wat talle groot en bekende kliënte met hul bemarkingsveldtogte gehelp het. Sy het die maatskappy ná 12 jaar aan ’n internasionale groep verkoop en die ma van twee pragtige dogtertjies geword.

“Ek was ná hul geboorte lus vir ’n ander uitdaging en is nou sewe jaar by Lottoland en geniet elke oomblik!”

Om enkele projekte wat haar diep geraak het uit te sonder is moeilik, maar die storie van die busdrywer van een van die skole wat hulle besoek het, sal sy altyd onthou. Hy was die geleentheid gegee om saam met sy vrou – wat in daardie stadium terminaal met breinkanker was – en hul seun op hul laaste droomvakansie na die wildtuin kon gaan. “Sy is ’n paar weke daarna oorlede en ek kry nou nog ’n knop in my keel as ek hiervan praat.”

Met Lottoland help ’n dorp is dit vir haar roerend om te sien hoe honger mense is om saam te werk en iets positiefs te bou. “Die algemene kommentaar is hoe die program weer lewe en hoop in die dorp blaas, en hoe die gemeenskap weer as een begin saamstaan. Een dorp wat uitstaan is Senekal, wat ’n paar jaar terug vir rassekonflik bekend was. Die projek was om hul dorpswembad oor te doen. Frans Cronje was die projekleier. Met die voltooiing van die projek het almal van alle rasse in die swembad gespring en mekaar omhels. Almal het saamgewerk om hierdie nuwe dorpstrots te bou. Dit was ’n oomblik van blydskap, trots en ook erkenning vir mekaar.”

Maryke sê dat soms is die nood hier reg langs jou. “My boodskap vir my mede-landsburgers is om net jou hand vir die persoon langs jou uit te steek en jy sal verbaas wees om te sien waar die nood regtig is.”

Haar Instagram-rekening is privaat en haar Facebookblad baie skraps. Sy vertel dat sy ’n privaat mens is en voel dat mense na sosiale media kyk en die persepsie word baie keer skeefgetrek. “Omdat ek ook in bemarking is, weet ek hoe sosiale media vir baie verkeerde redes gebruik word.” Sy en haar man, Wynand, en hul twee dogters van agt en sewe woon in Kaapstad. “Ons het twee golden retrievers (ons eerste kinders) en het onlangs ook ’n gemmerkat gekry wat nou die gesin voltooi,” vertel sy laggend.

Sy is in Kempton Park gebore en het in Pretoria studeer, maar wou nog altyd in die Kaap bly. “Ek dink ons bly in die mooiste plek in die wêreld en ons is baie geseënd!” Sy het vir agt jaar Goudstad toe gependel en is dankbaar vir haar span – veral vir Annemie wat die Lottoland help ’n dorp-projek dryf.

“Ek glo alle ma’s sal saamstem dat dit moeilik is om ma-wees en werk te balanseer. Ma-wees was my grootste persoonlike oorwinning. Dit het my wêreld op sy kop gedraai. Ek het gedink hierdie gaan maklik wees, want ek het mos klaar ’n ‘klein baba’ – my onderneming grootgemaak. Maar om twee babas onder die ouderdom van twee groot te maak, was regtig ’n baie groot uitdaging. My dogtertjies is 14 maande uitmekaar. Ek het by Lottoland begin toe my kleintjie twee maande oud was. Dit was rof, maar ek is trots dat al ‘drie’ babas vandag ná sewe jaar baie sterk staan.

“My familie is in Johannesburg, dus is die ondersteuningsnetwerk maar hoofsaaklik Wynand en ons au pair wat help om die dogtertjies rond te ry. Noudat hulle groter raak, raak dit makliker.”

Maryke vertel haar beste eienskap is haar vermoë om goed gedoen te kry. Sy mag dalk vol geite wees, soos haar beste vriendin haar sal beskryf, maar ook iemand wat baie liefde gee. “Dit gee my die grootste plesier om iemand te bederf of hulle spesiaal te laat voel.”

Sy ken ook hartseer. Sy het in haar vroeë twintigerjare iemand baie na aan haar in ’n ongeluk wat voor haar gebeur het verloor en dit was baie moeilik om te verwerk. “Ek het baie van myself geleer hier en ek het ook ’n baie spesiale verhouding met God gebou. Ek is daarna ook deur ’n groot teleurstelling en dit was asof dit ’n dubbele trauma was wat my getref het.

“Ek dink dis as gevolg van hierdie twee voorvalle dat ek baie sterk geword en ’n hoë drempel van ‘vat nie nonsens nie’ opgebou het. My swakste eienskap is juis dat ek nie geduld het vir mense wat nie ander se pogings en harde werk respekteer nie. Ek kan baie keer hard en onsensitief oorkom, maar eintlik het ek ’n verskriklike klein hartjie.”

Haar geloof is baie sterk en sy glo God gebruik haar om mense deur die twee Lottoland-projekte te help.

Haar wêreldse steunpilaar is haar man. “Hy is een van my grootste aanhangers en ondersteun my – veral as ek moet rondreis – om die fort by die huis te hou. Ons is tien jaar getroud en ’n lekker gesinsdag met roomys en ’n braai herlaai weer die batterye.”

Kyk saam met ons:

rooi rose en ontbytSAKE op kykNET en kykNET&kie (kanale 144 en 145) fokus op ’n reeks – vrouesake.

Kyk Saterdae om 07:30 met sewe herhalings in die week.

Vir meer inligting, besoek gerus Ontbytsake se webtuiste.  

Lees ook: Dr Adé Maré gee glimlagte terug

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Tradisionele vetkoek

Vetkoek is trooskos wat enige Suid-Afrikaner maar al te goed ken. Hierdie resep is maklik…

4 hours Gelede

Vriendskappe het ook vervaldatums: Is dit tyd om aan te beweeg?

Deur Tanya de Vente-Bijker   Carla Hansen* was in ʼn vriendskap vasgevang wat haar ongelukkig…

8 hours Gelede

As vuilmaak die regte ding is om te doen!

Katte is al jare lank ’n belangrike deel van gesinne wêreldwyd en daar is min…

1 day Gelede

Wat jy moet weet oor die kuns van flirt

Flirt is pret en jy hoef nooit weer met ’n mond vol tande te staan…

1 day Gelede

My hartjie-my-liefie-tertjies

Wat ’n bederf!

1 day Gelede

Afrikaanse reeks ‘Tuiskoms’ binnekort op Netflix – met Michelle Botes in haar laaste rol

Afrikaanse kykers kan uitsien na Tuiskoms, Netflix se nuwe romantiese dramareeks wat op 28 Februarie…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.