kategorieë: Ons menseBekendes

Martelize kook – en nie net in die kombuis nie!

Martelize kook – en nie net in die kombuis nie! – Deur Zoë Salzwedel . Hooffoto: Myburgh du Plessis

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy het in 2004 haar stem vir die eerste keer op Radio Sonder Grense laat hoor, en is vandag al meer as ’n dekade lank een van ons gunstelingomroepers. Ons het besluit om ’n bietjie te gaan uitvind oor die vrou agter die vriendelike stem en interessante gespekke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy het Politieke Wetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch geswot – wat het jou laat besluit om spesifiek dít te gaan swot, en wat het jy die meeste daarvan geniet?
Dit was eintlik “per ongeluk”. Ek sou oorspronklik in sielkunde spesialiseer en het ’n voorgraadse vak nodig gehad. Een van my vriendinne het Politieke Wetenskap gekies en dit het interessant geklink. Daarna het dit baie vinnig vir my ’n passie geword. ’n Briljante vak wat insig gee oor elk faset van die samelewing.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy is reeds sedert 2004 by RSG betrokke. Vertel vir ons hoe jy in die radiobedryf beland het?
Ek het ander studente op Stellenbosch geken wat by MFM gewerk het. Dit het interessant geklink. Ek het aansoek gedoen en vir ’n paar weke gehelp om onderhoude vir programme te reël. Daarna is ek gevra om programme te doen en ’n paar maande later is ek gevra om vir die pos van programbestuurder aansoek te doen. Ek het ontbyt aangebied en programbestuur gedoen tot aan die einde van 2004. Susan Booyens het van my gehoor en gevra of ek haar jeugprogramme by RSG sal oorneem. Vandaar my loopbaan by RSG! Enkele maande daarna is ek gevra om inhoud vir Oggend op RSG te help reël, en toe ek weer my oë uitvee bied ek saam met Johan Rademan aan. Dis ook al meer as ’n dekade gelede.

Wat is vir jou die lekkerste, en die slegste deel van omroeper wees?
Vir my is die beste deel die feit dat jy daagliks met mense direk kan gesels en hopelik help om hul leefstyl te verbeter – dit is beslis ’n sogenaamde “high” elke dag. Ek kan nie dink aan ’n beter werk nie.

Die slegste deel? Wanneer jy ’n afdag het en steeds gelukkig moet klink op lug. Dis nie jou luisteraars se probleem indien jy met iets in jou persoonlike lewe worstel nie. En tog, “lig” dit jou op, weg van jou probleme wanneer jy daardie mikrofoon aanskakel.

Wat sal jou raad wees aan jongmense wat graag in die radiobedryf wil werk?
Klop aan by jou naaste gemeenskapsradiostasie en begin daar ervaring opdoen. Raak betrokke by elke deel van die stasie. Daardie diversiteit van ervaring is ’n groot pluspunt in die toekoms. En lees elke dag soveel nuus en aktualiteit as wat jy kan. Jy moet te alle tye so ingelig moontlik wees oor alles wat in die wêreld aan die gang is.

Wat maak jou die heel gelukkigste, en hoekom?
Om mense te help! Hopelik moed in te praat en raad te gee oor hul lewens. Ek is ’n “oplossing” persoon.

Verder, die gedagte aan die einde van die dag dat al jou geliefdes gesond is.

En oppervlakkig? Goeie kos, wyn, musiek en gesprekke.

Ons almal het ʼn gunstelingkos. Wat is jou “go-to-meal”, of wat is vir jou die heel lekkerste ding om te kook en geniet?
Ek is baie lief vir eenvoud in kos. ’n Goeie stuk filet met groente, ’n bak vars pasta met goeie olyfolie of ’n hoenderpotjie. Daar is soveel geregte waarvoor ek lief is, dis moeilik om net een te kies. Iets wat ek ook altyd geniet is ’n goeie risotto.

Wat het jou laat besluit om jou kookboek Martelize Kook! Jy’s genooi te skryf?
Om kos vir mense te bedien en te sien dat hulle lekker eet is een van die wonderlike voorregte van die lewe. Ek wou dit met luisteraars deel. Ek wou ook ’n uitdaging vir myself gestel het. Skryf is terapeuties, maar ook geweldig uitdagend. Dié kookboek was ’n groot leerproses. Dat jy vir mense stap vir stap moet verduidelik wat jy gewoonlik van nature in die kombuis doen was die grootste uitdaging

Is jy nog altyd lief vir kook? By wie het jy geleer om lekker kos te maak?
Ons is ’n familie van kook- en kosliefhebbers. Al vyf ons kinders, my pa, en sy hele familie is lief vir kook.

Die liefde is definitief deur my pa ontwikkel wat deur die jare potjiekosboeke geskryf het en vir duisende mense kos gemaak het. Hy het met sy aftrede tweekeer ’n dag die vuur aangesteek om iets te braai of kook.

Daar is min dinge wat vir my soveel vreugde verskaf.

As jy net een ding in die wêreld kon verander, wat sal dit wees en hoekom?
Ek sal wil sien dat mense meer empatie met mekaar het. Ons sal eenvoudig moet leer om onsself in ander se skoene te plaas om op die ou einde mekaar beter te verstaan. Dit is waar baie van die oplossings in ons land en in die wêreld geleë is. Almal wil vanuit hul eie perspektief kommentaar lewer en oordeel vel, sonder om die perspektief van die ander persoon te probeer verstaan.

Wat is jou motto in die lewe?
Motto’s verander mos maar gewoonlik soos mens die lewe op daardie stadium ervaar. Vir die afgelope paar jaar is my motto om ja te sê en myself uit te daag in die lewe. ’n Gemaksone is ’n gevaarlike plek sonder enige ontwikkeling of groei en weinig ware geluk.

Wat geniet jy om in jou vrye tyd te doen?
Kook! Goeie wyn te drink en met vriende te gesels. Verder moet ek iewers die lekker kos en wyn “af oefen”. Elke dag na werk word 2 ure opsy gesit vir ’n oefensessie.

Is daar enige nuwe avonture waarna ons kan uitsien in die nuwe jaar?
Ek staan vir eers hierdie jaar ’n klein bietjie stil, maar is besig om te skryf, wat opsigself ’n avontuur is.

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

1 hour Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

8 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

8 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

8 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.