kategorieë: Blogs

Marrakesh

Koue is altyd kouer as jy onvoorbereid is daarop. Wat ons verwag het, weet ek nie, maar beslis nie die vlymskerp byt wat elke middag stiptelik met sonsondergang op ons toegesak het nie. Ben was aanvanklik bang dat hy sou doodgaan van die koue en later het hy sò koud gekry dat hy bang was hy gaan nìe dood nie. Soos die aand met ons nagmerriebusrit vanaf Rissani na Marrakesh, toe hy later uit pure radeloosheid sy slaapsak onder uit die buskajuit gaan haal het en homself, tulband om die kop, in ‘n kokon toegedraai het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Aan die ander kant, miskien was dit nie net die koue wat hom tot sulke drastiese isolasie gedryf het nie, maar die ander frustrasies van die nag: appels en dadels wat skreuend, drie uur in die oggend aan jou verkoop word, en indien jy dit nie nòù wil koop nie, dalk 5 minute later? Dan was daar ‘n omie se voete wat so gestink het dat nie eers Zambuk-salf om die neus die walgwalms kan besweer nie; ‘n middernagtelike stop waar almal gulsig warm sop en brood verorber, tussen hordes hangende skaapkarkasse, en ek en Ben brommend 2dh elk vir ‘n vuil gat-in-die-grond-toilet moet betaal; die knaende Amorite verkoper, wat nie kan verstaan dat Ben nie ‘n klip ten duurste wil koop nie, want het hy dan nie ouers vir wie hy dit as geskenk kan koop nie? Of ‘n broer? Of ‘n ouma? Maar eintlik dink ek die ding wat hom finaal na sy kokonstaat gedryf het, was toe hy, gesig eerste, op die busvloer, van sy stukkende stoel afval.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die senutergende, kronkelende, berg-op-berg-af-reis het daardie oggend 5h00 in ysige koue op Marrakesh se stasie geëindig, waar ‘n geïrriteerde petite taxi omie ons sommer so, sonder woord of aanwysing, op die rand van die medina-doolhof afgelaai het en ‘n blinde oom ons later gelei het na ons rusplek, die mooie Riad dar Tamlil.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Marrakesh is donkerder, die gees swaarder, as wat ek nog in enige ander plek in Marokko ervaar het. Vir die eerste keer vandat my voet aan Marrokaanse wal geland het, kan ek die geestelike onderdrukking tasbaar aan my vel voel. Dit is dalk omdat ons so digby die Jemaa el-Fna plein bly en gereeld daardeur en verby stap. Die plein, wat die hartklop van Marrakesh is, wemel van grillerige apies, snake chanters, fortuinvertellers, henna-verwers en die reuk van hash wat af en toe jou neus bereik. Dit het ‘n grusame geskiedenis van publieke teregstellings, maar vandag, ‘n duisend jaar later, is daar egter geen fisiese teken meer daarvan sigbaar nie, net die donker gees wat daar rond drentel. Al is die plein nie vir my ‘n lekker plek nie, het dit tog ‘n unieke bekoring wanneer dit saans ‘n lewe van sy eie begin kry met opelugvertonings, dansers en musikante terwyl die lug swaar hang met die reuk van geroosterde vleis en spesery.

Die Marrokkaanse detail is mooi. Die dakterrasse gesellig en verwelkomend. Die mosaïekwerk presies deeglik. Die lemoensap volop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Baie van ons tyd in Marrakesh is boek in die hand deurgebring op die dakterras van die gasvrye Riad dar Tamlil. Selfs al het ons party aande nie daar geslaap nie, het ons voete ons elke keer daarheen gelei as ons asemskeptyd nodig gehad het.

‘n Absolute hoogtepunt vir my was die paar minute alleen in die gebedskamer van die huis van die Suid-Afrikaanse sendelinge, James* en Sarah*. Ek is nie juis een wat baie sentiment heg aan ‘n spesifieke gebeds- of aanbiddingsarea nie, maar hierdie kamer was anders. Ek dink ek het ‘n klein, klein bietjie ervaar van wat Moses gevoel het daar naby die braambos, om heilige grond te betree. Dit het gevoel asof die kamer al so deurweek is met gebed, dat die salwing daarvan afdrup, asof die trane wat al daar binne gehuil is oor ‘n verlore nasie die plek deurdrenk met Sy teenwoordigheid. ‘n Oomblik waarin my hart vir Marokko en sy sagte-oog mense, onherroeplik verander het.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

24 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.