Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
1 kg lamsvleis soos skouer of skenkel, in blokkies gesny
gerasperde skil van 1 suurlemoen en uitgedrukte sap van ’n halwe suurlemoen
15 ml (1 e) gerasperde gemmer
45 ml (3 e) olyfolie
30 ml (2 e) garam masala of kerriepoeier
2 uie, geskil en fyn gekap
1 brandrissie, pitte verwyder en fyn gekap
sout en swartpeper
1 x 410 g-blikkie heel, geskilde tamaties
125 ml (½ k) water
2 x 400 g- klaarbereide skilferkorsdeeg (ontvries)
eierglasuursel (1 eier geklits met ’n bietjie sout)
Instructions
Voorverhit die oond tot 190 °C. 1. Vryf die olyfolie, suurlemoensap en -skil en gemmer in die lamsvleis in en marineer vir sowat 3 uur in die vrieskas. 2. Gooi 15 ml (1 e) olyfolie in ’n groot kastrol en soteer die uie en brandrissie daarin tot sag en deursigtig. Roer die masala of kerriepoeier by. Voeg die lamsvleis bietjie vir bietjie by die uie en braai bruin. Geur na smaak. 3. Voeg die tamatie en water by en kook vir sowat ’n uur tot sag. Laat afkoel. 4. Rol die deeg uit op ’n werkvlak wat liggies met meel bestrooi is. Sny in 4 blokke van 20 x 20 cm. 5. Vul elkeen met 2 opgehoopte eetlepels van die lamsvleis. Vou die deeg toe en seël bo deur dit stewig vas te druk en effens te draai. Verf met eierglasuursel. 6. Bak vir 30-40 min. tot goudkleurig.