“Wat is jou doel met hierdie trippie?” is die vraag wat Hanno, my 16-jarige vriend my vra, die middag voordat ek op die vliegtuig na Marokko klim.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Goeie vraag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Tot op daardie stadium het ek nog nie veel daaroor gedink nie. Van die oomblik dat Ben Kunz – my goeie vriend en reisgenoot – gevra het wat my Desemberplanne is, het opgewondendheid en afwagting my gedagtes gevul; planne en voorbereiding, visums en vliegtuigkaartjies, prentjies van rooi duine en kamele, nie “waarom”-vrae nie. Natuurlik maak vriendskap en lewenservaring deel hiervan uit. Natuulik is hierdie ’n manier om kosbare herinneringe bymekaar te maak, maar waarom sal ek tyd en geld spandeer om saam met twee vriende, vir wie ek baie lief is, ’n vreemde land te gaan verken, terwyl ek dieselfde kan vermag om ’n bekende, Suid-Afrikaanse kampvuur? Is dit om my te roem daarin? Die een te wees wat interessante stories het om te vertel? Of is dit ’n weghardloop, ’n soeke na meer in die lewe?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Vir die volle twee weke in Marokko het hierdie vraag in my agterkop geluier en nou, in retrospeksie, weet ek dat hierdie nie ’n weghardloop is nie. Nee, dis my onversadigbare nuuskierigheid, my soeke na stimulasie wat my dryf om nuwe grense oor te steek. Hierdie is hoe ek aanmekaar geweef is. Ek het in my ’n onblusbare soeke na die onbekende, onontdekte, ’n behoefte aan skaars ervarings, vars idees, ander perspektiewe en nuwe moontlikhede.
Maar saam met hierdie nuut en vars, is dit ook die mense wat ’n leemte binne my kom vul. My soeke om ander se stories te hoor, hulle lewe te sien en toe te laat dat dit my lewe verryk en help vorm en in die proses, ook in ruil, vir ander tot seën te kan wees. Dit is vir my makliker om vir ‘die nasies’ te bid en in te tree nadat my voete op hulle bodem getrap het. Nou, wanneer ek vir Marokko bid, huiwer Hassain, Bushra en Aziz se gesigte voor my. Skielik het ‘die nasies’ gesigte met name geword, gesigte met stories, gesigte vir wie gebid moet word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }My Hanno vriend, uiteindelik kan ek jou antwoord. Ek toer nie noodwendig om nuwe lande te sien nie, maar wel om nuwe plekke binne myself te ontdek. Ek toer nie net sodat ek interessante stories kan huis toe bring nie, maar sodat ek ‘die nasies’ tasbaar aan my vel kan voel.
My volgende paar inskrywings gaan bietjie stilstaan by my ervarings en herinneringe aan ’n kosbare land in die heel noorde van Afrika.
Tot volgende keer…
Haj, ons gids in Fez, verduidelik vir my die kuns van tee
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.