1 x 425 g-blik heel geskilde tamaties, fyn gedruk met ’n vurk
125 ml (½ k) groente-aftreksel
8-10 babawortels, geskil en in die lengte middeldeur gesny
sout en gemaalde swartpeper
hand vol pietersielie en hand vol koljander, gekap
2 hande vol babaspinasie
1 lemmetjie, in wiggies gesny
Instructions
1 Verhit die olie oor matige hitte en soteer die ui daarin tot sag. Voeg die rissie, gemmer en knoffel by en soteer vir 1 min. 2 Meng die kekerertjies deur en sprinkel die Marokkaanse speserye oor. Meng deur en voeg die tamaties, aftreksel en wortels by. Prut vir 8 min. of tot die wortels sag is. Geur na smaak. 3 Roer die babaspinasie deur die kekerertjies. Meng die kruie deur en sit met lemmetjiewiggies voor.