kategorieë: GebakKos

Marmelade-en-klapper-koekies

Maak 16 snytjies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Onderlaag

  • 250 ml (1 k) sagte botter
  • 140 ml (½ k + 1 e) versiersuiker
  • 375 ml (1½ k) koekmeel
  • 125 ml (½ k) mielieblom (Maizena)
  • knypie sout
  • 250 ml (1 k) marmelade

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vulsel

  • 210 ml (¾ k + 2 e) sagte botter
  • 250 ml (1 k) strooisuiker
  • fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 2 eiers, liggies geklop
  • 200 g (2 pakkies) fyn gemaalde amandels
  • 310 ml (1¼ k) fyn klapper
  • 50 g (½ pakkie) gemengde sitrusskil

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n 20 cm x 30 cm-losboomkoekpan met kleefwerende kossproei.

  1. Onderlaag: Room die botter en suiker saam tot lig en romerig.
  2. Sif die meel, mielieblom en sout by. Voeg die meel by die bottermengsel en meng tot dit bymekaarkom. Druk in ’n dun lagie in die koekpan.
  3. Prik die basis met ’n vurk en bak vir 18 min. tot ligbruin. Haal uit en laat afkoel.
  4. Smeer die marmelade oor die kors, maar los ’n randjie van 1 cm om die kant.
  5. Vulsel: Klop die botter en suiker saam tot lig en romerig. Meng die suurlemoenskil, eiers, amandels, klapper en sitrusskil by. Skep in die kors en maak glad. Bak vir 45 min. tot goudkleurig.
  6. Laat in die pan afkoel. Haal versigtig uit en sny in vingerdikte stafies.
Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘Die Brug’ is terug! Wat wag in die tweede seisoen?

Die brug is amper hier!   Die tweede seisoen van Die brug begin vlak onder die wolke…

12 hours Gelede

Middeljare: Krisis of keerpunt?

Deur Maretha Botes     In my internetsoektog na die woord “middeljarekrisis” word ek met…

14 hours Gelede

Koopgids: Ietsie spesiaals vir Ma

Shower to Shower Fresh Glow Shower Crème Die nuwe Shower to Shower Fresh Glow Shower…

18 hours Gelede

Bruintjies in ’n eiertjie

Genoeg vir 12 eiertjies of 6 bruintjies as jy dit in ’n muffinpannetjie bak

2 days Gelede

Ontmoet die akteurs van ‘Niggies’ se 1980’s-era

Episode 4 van Niggies begin in 1966 en wys, onder meer, hoe André (Janru Steenkamp)…

2 days Gelede

La Maison Pommery keer terug na Suid-Afrika

Woorde: Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf     Die handelsmerk was vir etlike…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.