kategorieë: InspirasieJou lewe

Marise Swart oor “brainspotting” en daardie spesiale teepot

Marise Swart oor “brainspotting” en daardie spesiale teepot deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Marise, jy is ’n sielkundige wat met ’n reeks sielkundige toestande werk. Wat leer jou werk jou?

Die mees waardevolle les wat my werk my leer is dat ons grootste seer en ons grootste heling in verhoudings plaasvind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons verhoudings met onsself en met ander vorm ons.

Ons is neurobiologies saamgestel om in verhoudings te wees. Verhoudings help ons om die wêreld en ook ons plek in die wêreld te verstaan. Ons behoeftes – om te behoort, om liefgehê te word, en om gehoor en gesien te word – is universieel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Tekort of die afwesigheid van hierdie behoeftes het verskeie fisiese, emosionele en sielkundige simptome tot gevolg. My kliënte leer my dat hulle simptome ’n spieël is wat die aard van hulle verhoudings met hulself en ander reflekteer.

Luister na ons gesprek met Marise – klik op die pienk speelknoppie, dis gratis

2. Jy is onder meer betrokke by “Brainspotting” en “Somatic Experiencing”. Kan jy ons meer hiervan vertel?

Ek is baie passievol oor Brainspotting en Somatic Experiencing®. Beide benaderings is liggaams-georiënteerde modaliteite wat fokus op die liggaam en senuweestelsel se rolle in die heling van trauma.

  • Somatic Experiencing® is ontwikkel deur Dr. Peter Levine van Amerika. Sy werk het wêreldwyd die manier hoe ons trauma verstaan en behandel, verander. Somatic Experiencing® terapie is gebaseer op Dr. Levine se observasies van diere in die natuur. Hy het opgemerk dat diere in die natuur nie so getraumatiseer word soos mense na ’n lewensbedreigende gebeurtenis nie. In sy boek “Waking the Tiger: Healing Trauma” skryf Dr. Levine dat diere die simpatiese (die simpatiese senuweestelsel is een van twee hoofstelsels van die outonome senuweestelsel) aktivering wat hulle gehelp het om te veg, vlug of vries in die bedreigende situasie, volledig kan ontlont.  In mense word hulle oorlewingsreaksies op gevaar egter gedurig onderbreek. Dit beteken dan dat die oortollige simpatiese energie wat die liggaam nie kon ontlont nie in die liggaam vasgevang en gestoor word.

Somatic Experiencing® fasiliteer die voltooiing van ons self-beskermende reaksie wat ons nie in die traumatiese situasie kon uitvoer of voltooi nie. Dit skep die geleentheid vir ons om die oortollige oorlewingsenergie wat steeds in die liggaam gestoor is te ontlaai. Somatic Experiencing® gebruik beweging, asemhaling, “mindfulness” en terapeutiese aanraking om die vagussenuwee te stimuleer, wat invloedryk is vir welstand. Ek is baie bevoorreg om hierdie besonderse tegniek byderhand te hê in my werk met my kliënte. Ek is ook ’n internasionaal gesertifiseerde Somatic Expreriencing® Praktisyn (SEP).

Marise Swart oor “brainspotting” en daardie spesiale teepot

  • Brainspotting is ’n nuwe terapie wat ontwikkel is vanuit die werk van Dr Levine. Brainspotting is die ontdekking van ’n Amerikaanse psigoterapeut, David Grand. Dit identifiseer, prosesseer en ontlont neurofisiologiese bronne van emosionele of liggaamlike-pyn, trauma en dissosiasie. Dit behels die gebruik van oogposisies (“brainspots”) om kliënte te help om hulle probleme of simptome meer volledig te prosesseer. “Brainspots” is ’n fisiese sub-sisteem wat ’n emosionele ervaring in die vorm van herinneringe hou. Die terapeut en kliënt gebruik die emosionele of liggaamlike aktivering rondom die traumatiese onderwerp om ’n oogposisie (“brainspot”) te vind wat korreleer met die area in die brein waar die herinnering gehou word. Die basis van hierdie terapie is die “attuned” verhouding tussen terapeut en kliënt. ’n Veilige en nieveroordelende terapeutiese spasie word geskep ten einde kliënte te help om die moeilikste dag of dae in hulle lewe te prosesseer.

Navorsing bewys dat ons getraumatiseer word omdat ons nie ’n empatiese getuie saam met ons in die situasie het nie. Daarom is die terapeutiese verhouding sentraal tot die heling van trauma. As die hoof van die Suid-Afrikaanse Brainspotting-program lei ek jaarliks honderde sielkundiges, maatskaplike werkers en geregistreerde beraders op in hierdie somatiese neurobiologiese terapie. Vir meer inligting, besoek gerus www.brainspottingafrica.co.za

3. Jy en jou man, Jaco, reis graag, Is daar enige hoogtepunte?

Ek en Jaco is verlief op reis. Ons het al groot dele van Europa en Amerika verken. Ons vakansie in Hawaii in 2013 staan veral uit. My broer, wat net buite San Franscisco woon, se skoonouers het ons bederf met ’n vakansie op die eiland Kona. Ons het die voorreg gehad om saam met dolfyne te swem en ’n nag-duik saam met die manta rays te doen. Ons het ook ’n helikopterrit oor die eiland geneem en ’n aktiewe vulkaan gesien. Ons het gedurende dieselfde vakansie die Yosemite Nasionale Park in Kalifornië besoek, wat net so onvergeetlik was.

Marise Swart oor “brainspotting” en daardie spesiale teepot

4. Jy het in 2017 vir ’n week alleen in New York gereis. Vertel van jou avontuur.

Dit was ’n droom! Ek was in New York vir ’n kursus en het in my vrye tyd die strate verken. Ek het verskeie kunsmuseums besoek, onder andere die die Guggenheim, die Metropolitan Museum (MET) en die Museum van Moderne Kuns (MOMA), wat my gunsteling was. Ek het ook oor die Brooklynbrug gestap en koffie in Cental Park gedrink. Ek het verskeie tweedehandse winkels of winkeltjies besoek waar ek baie ongewone items gekoop het. Dit was ’n ervaring wat ek nooit sal vergeet nie en ek hoop om eendag ’n dag in die MET te spandeer.

Selfie in die MET

5. Jy is passievol oor kuns. Vertel meer van jou gunsteling kunstenaars?

Dit is ’n baie moeilik vraag. My liefde vir kuns is divers en kom reeds van my laerskooldae af. Kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaars wat uitstaan, is William Kentridge, Willem Boshoff, Penny Siopis, Lionel Smit, Anina Deetleft, Claudette Schreuders, en Anna-Carien Goosen. Ek het ook ’n groot waardering vir pottebakkers soos Andrew Waldorf, Hennie Meyer, Louise Gelderblom, Astrid Dahl en die vele kunstenaars by Ardmore. Argitekte soos die van die Bauhaus-groep en ook die ontwerpers Mies van der Rohe, Walter Gropius en Marchel Breuer laat my hart vinniger klop. Ek sal ook ‘my siel verkoop’ vir ’n teepot van Marianne Brandt en ’n housebird van Ray en Charles Eames.

6. Maak jy ook kuns?

Ek maak graag kuns maar ek kry nie altyd tyd daarvoor nie. Vir die afgelope vyf jaar het ek van tyd tot tyd pottebakkery-klasse geneem. Ek is mal oor beeldhouwerk. Dit vereis dus dat ek totaal teenwoordig en gefokus moet wees. Daarby geniet ek dit ook om te skilder en werk ek graag met olieverf.

Camo en Chai Marise Swart oor “brainspotting” en daardie spesiale teepot

7. Vertel van die mense (of wesens!) na aan jou hart.

Ek en Jaco is reeds vyf jaar getroud. Ons is beste maats en ons inspireer mekaar. Hy komplementeer my op so baie gebiede en ek leer baie by hom. Sy logiese manier van dink en probleme oplos verstom my soms. Jaco is ’n fisioterapeut met ’n regsgraad. In sy siel is hy ’n onderwyser en akademikus. Hy is tans besig met sy meestersgraad in fisioterapie aan die Universiteit van die Witwatersrand.

Ons het ook twee honde-babas. Chai en Camo is minuatuur worshondjies met die mooiste persoonlikhede. Chai is ’n sjokoladebruin worshond en Camo is ’n dapple worshond. Hulle laat ons baie lag en vul ons huis en harte met baie liefde.

Luister na ons gesprek – klik hier

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

11 mins Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

19 mins Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

23 mins Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

41 mins Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

1 hour Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

1 hour Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.