Deur Thinus Ferreira. Foto’s: Verskaf/M-Net.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Volgens die Ierse aktrise Maria Doyle Kennedy was dit heerlik om weer in Suid-Afrika ’n draai te gooi as tannie Maria vir ’n tweede seisoen van die treffer-dramareeks Recipes for Love and Murder.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die tweede seisoen het pas afgeskop en vir ’n klein dorpie loop die intriges sommer dadelik dik.
Die nuwe seisoen, wat op die boeke van Sally Andrew gegrond is, is boonop ’n oorspronklike storie – so die talle “nuwe” sterftes en ’n brand wat ’n groot deel van die dorp verwoes en die inwoners behoorlik traumatiseer, gaan selfs boeklesers voor die TV aan die raai hou.
Maria sê sy het met die verfilming van Recipes se eerste seisoen haar hart op Suid-Afrika verloor en ook baie goeie vriende hier gemaak, so dit was net ‘n ’n vreugde om terug te keer, al was dit vir werk.
“Ons het die eerste seisoen in 2021 verfilm en dit was nog tydens die Covid-19-pandemie, so ons kon nie regtig kuier en na plekke toe gaan nie. Suid-Afrika het sulke verskriklike lekker plekke, maar die teaters was toe en plekke soos museums was alles gesluit.”
“Die keer het ek daarvoor opgemaak en al die plekke wat ek kon, besoek. Dit was wonderlik om net met vriende te sit en te kuier en om Kaapstad en Prins Albert heerlik te verken. Dit was so ’n lekker tyd,” sê sy en voeg by: “Steeds voel dit of daar soveel méér is om in Suid-Afrika te sien, en te beleef.”
Lees ook: Die sosiale media-ster Ruben Lambrechts gesels oor sy kaalvoet-plaaslewe en vreemde versoeke
Het sy ooit gewonder of hierdie oorspronklike raaiselstorie van tannie Maria kon werk?
“Karen Jeynes, die reeks se skrywer, vervaardiger en regisseur is so ’n begaafde skrywer dat ek geweet het dat ek sommer baie in my noppies sou wees met enigiets waarmee sy vorendag sou kom,” vertel Maria.
“Ek het ook self ’n paar voorstelle gemaak oor ’n paar dinge wat ek gedink het eie aan tannie Maria is. Sy was so oop daarvoor, so ons kon dit lekker saam ontwikkel. Ek is net mal oor Karen,” vertel sy.
“Kykers wat die eerste seisoen gevolg het, word beloon in hierdie tweede seisoen. Dinge is daargestel en ontwikkel stadig in die eerste seisoen se storie en karakters. Nou ken jy hulle en die poppe begin dans. En daar is hierdie bestaande vriendskappe tussen die karakters waar die dinamika van die verhoudings nou in die tweede seisoen se storie lekker ontgin word.”
“Oor al hierdie dinge – nuwe vreemdelinge in die dorp, ’n burgemeestersverkiesing, ’n brand en die gevolge, mense wat sterf en familie wat tannie Maria se huis wil hê – lê daar hierdie ware diepte in al die dorpenaars. Dis baie mooi,” verduidelik sy.
“As kyker, voel dit asof jy ook daar bly, jy hulle almal al jare lank ken en elkeen se ingesteldheid verstaan. Jy sien hul eksentriese karaktereienskappe en jy gee om vir hulle.”
“Ek wíl na daardie dorpie toe gaan. Ek wíl by hulle wees. Dis ’n spulletjie odd balls. Hulle help mekaar, maar kompeteer ook teen mekaar. Ek gee regtig om vir die hele dorp, die dorpenaars en die manier hoe alles saam verweef is.”
Lees ook: Maak gereed vir Tertius en Tracy se ‘Binnelanders’-bruilof!
Maria lag sommer uitbundig op die vraag hoe die Suid-Afrikaanse platteland vir haar van haar eie plattelandse ervaring verskil.
“Wel kyk, dit is anders! Ek bly in Dublin. Ek kom van Ierland af. My ma is van die platteland af so ek ken die Ierse platteland. Ons plattelandse landskap is natuurlik heel anders. En as Iere – ag my mens, ons het nog nooit ’n probleem gehad met water nie. Dit reën dan altyd!”
“Wat ek op Prins Albert ontdek het, is hierdie komplekse waterstelsel met al hierdie sluise en kanale regdeur die dorp. Dit het so ’n skuifplaat en jy tel dit op en druk dit af en jy kry jou water vir twee uur op ’n Woensdag.
“Oe, en dan partykeer is party mense bietjie skelm, fluister party vir jou. Hulle pak ’n klip reg onder die skuifplaat en dan druk hy nie heeltemal af nie, dan kry jy ’n bietjie water verby jou tyd. Dis dinge wat vir my nuut was en my absoluut fassineer,” lag sy.
“Dan is daar die kleure van die landskap soos die Swartbergpas. Dis so ongerep en beeldskoon en iets wat jy nooit in Ierland sal sien nie. En waar sien jy nou ooit in Ierland ’n kaktus in iemand se tuin?”
Kyk ook mooi: Behalwe vir tannie Maria wat self met familieprobleme sit en dalk die dak oor haar kop kan verloor, stoei elke vroulike karakter in die tweede seisoen met een of ander persoonlike uitdaging.
Dis iets wat so eie is aan wat maar elke dag een voet voor die ander moetsit, of jy in die stad of die platteland bly, en wissel van ’n man wie se oë dwaal, tot swangerskap, vrouwees in ’n manswêreld sonder om jou vrouwees te verloor, ma-wees, baas-wees, kosmaak en – soos tannie Maria – raad gee.
“Dis eintlik ’n baie belangrike deel van die tweede seisoen,” sê Maria. “Dis regtig ’n sterk punt van Karen se skryfwerk. Sy is ’n vrou-vrou. Sy het self baie sterk vriendskappe en ware vriendinne wat mekaar ondersteun. Sy gee om vir vroue, die storie van vroue en wil wys hoe vroue mekaar ondersteun.”
“Ek dink dis een van die groot veranderinge van tannie Maria deur die eerste seisoen tot nou,” verduidelik sy.
“Tannie Maria help ander, maar sit ook met haar eie pyn en seerkry. As jy seerkry in die lewe, sny jy jou mos bietjie af – jy bou mure op om jouself te beskerm. Tannie Maria het al seergekry. Sy moes mishandeling oorleef en het geleer om versigtig te wees. Sy is bietjie geslote. Sy vertrou nie meer sommer mense nie. Maar teen die einde van die eerste seisoen het sy hierdie ongelooflike vriendskap met Hattie en Jessie ontwikkel.”
“Dit maak haar sterk. Sy begin verstaan dat om vir die lewe en vir ander oop te wees, is eintlik ’n sterk punt eerder as ’n swakheid.”
“Baie van dit word in die tweede seisoen weerspieël. Iemand is swanger en het uitdagings. Nog ’n vrou wil die burgemeester wees. Daar is ontrouheid. Mense worstel met verlies. Jy pak al hierdie dinge aan as mens en as vrou met die ondersteuning van vroue rondom jou.”
Kyk Recipes for Love and Murder Donderdagaande om 20:00 op M-Net (DStv 101)
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Izette Blignaut oor Binnelanders se geheimsinnige Petro
Braai ’n hoender, ’n peri-peri-hoender! Resep deur Vickie de Beer. Foto Charles Russell
Die gewilde sepie Binnelanders se splinternuwe karakter is allesbehalwe eendimensioneel. Petro, wat deur die talentvolle…
Basiese meringue-resep Genoeg vir een middelslag-pawlowa. Ek verdubbel gewoonlik die resep om ’n lekker…
Hulle eenheid se naam is heel gepas 'Asem', en ná ’n spanningsvolle finale beoordeling kon…
Deur Christa Swanepoel Dis ’n diep hartseer wat menige vrou ervaar. Elke maand, vir twee…
Hierdie webwerf gebruik koekies.