Margaret se Wêreld: Wees voorbereid op die onverwagte

Margaret se Wêreld: Wees voorbereid op die onverwagte deur Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis ’n nuwe dag en my kop vang nog op met die nuwe tydsone. Maar ek het al geleer dat as ek my voete stewig op die aarde plant en regop staan, is ek gereed om enigiets te pak. Dit is dus wat ek doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vandag gesels ons met die skepper van Angry Birds. Hulle wys ons grepe uit die fliek en dit lyk sjarmant en snaaks. Sony het die atmosfeer geskep. Musiek skep ’n lekker atmosfeer terwyl die Angry Bird-karakters saam met joernaliste vir selfies poseer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die gasheer skep die regte atmosfeer en vra ’n paar interessante vrae voor die pret begin. Ons doen onderhoude met die vervaardiger, Joel Cohen, en hy praat oor die baie moeite wat met die storielyn gedoen is, asook die keuse van goeie talent.

Daar is klem gelê op ’n verskeidenheid van geslag en ras en Nicki Minaj, Awkwafina, Peter Dinklage, Rachel Bloom, Bill Hader en Eugenio Derbez is maar enkele van die talentvolles wat ingespan is. Hulle is almal groot name in komedie en die mededingende verhoogwêreld. Ek kan nie help om by geleentheid kliphard te lag nie. Een verrassing is die gebruik van die woord “crap”. Dit het wel net een keer voorgekom, maar dis ’n kinderfliek en toe bevraagteken ek die gebruik daarvan.

Die vervaardiger is verbaas. In Amerika is dit spreektaal. Dit laat my besef dat woorde wat in my tuisland onaanvaarbaar is, in Amerika algemeen is. Die Amerikaners gebruik dikwels woorde vir ’n skok-effek en humor, maar iets soos “holy crap!” is nie woorde wat ek gereeld wil gebruik nie.

Saam met John Cohen, regisseur van Angry Birds 2

Dit is vroegmiddag en die onderhoude is verby. Ek verlaat Bali môreoggend en ek het die middag af. Ek is reeds van vieruur die oggend wakker en kan na my kamer gaan en ’n bietjie slaap … Maar teen die tyd weet julle dat as ek kan kies of ek wil slaap of die lewe aangryp, sal ek die lewe kies!

Ek kontak ’n paar vriende en ons stem saam dat dit tyd is om die plek ’n bietjie te ontdek. Ek stel ’n persoonlike gids aan, eet middagete, drink ’n proteïendrankie vir uithouvermoë, pak ’n bottel water in, trek sloffies en ’n gemaklike lang rok aan en gryp ’n hoed.

Ek het eers later in my lewe die noodsaaklikheid van sonskerm besef – en dit was te laat, maar ek is nou bewus van sonskerm en hoede.

Sedert my neuskanker is ek bang om selfs vroegoggend of laatmiddag na ’n swembad of die strand te gaan. Ek kan dit nie help nie. Ek smeer die sonblok dik aan en drapeer ’n serp om my nek. Ek dra ook ’n ligte tjalie om my arms te beskerm. Ek pak gewoonlik ’n trui in ingeval dit koud word. Ek noem dit voorbereiding.

Lees ook: Margaret se ope brief aan rooi rose lesers oor kanker

Die bestuurder mik na Ubad. Die struktuur van die huise en die eindelose tempels is interessant, maar ek word gou vaak en sluimer in.

Ek word wakker in Changi by ’n toeristemark met silwer en goue ware. Hulle is slim: Daar is wit standbeelde – ideaal vir selfies.

Binne is groot fabrieke waar mense die juwele maak. Nog ’n struktuur so groot soos ’n rugbyveld huisves die uitstalling van die juwele. Ek? Ek is ’n Suid-Afrikaner. As ek juwele koop, koop ek dit in my tuisland en ek hou my beursie toe.

Ons gaan na die Bali Swing in Ubad. Dit het ’n pragtige uitsig oor die rysplantasies. Daar is reuse-swaaie en zip-glybane wat jou op avontuurtogte oor die oop vallei kan neem. Maar dit is ’n toeristeplek en gepak van die mense. Die uitsig is asemrowend en die ervaring is nie juis kalmerend nie, maar ’n eens in ’n leeftyd-ervaring.

Die balkon het ‘n glasvloer. ‘n Zip-lyn strek oor die vallei.

Hierna sit ons af na die aap-bewaringsgebied. Die ape nie aggressief nie. Hulle ignoreer die toeriste en drapeer hulle op die geboue en bome. Hulle krap in mekaar se hare op soek na vlooie en maak tot my verbasing liefde sonder skaamte. Ek neem een af terwyl hy deur die bome swaai en tot my skok sien ek dat my lens fokus op twee wat paar! Ek stop dadelik en probeer weer. Hier kom nog een uit die bome. Ek volg hom met my video en hy val die mannetjie aan wat besig is om met ’n wyfie te paar. Hy maak hom skrik en ja, gryp die wyfie en maak liefde met haar!

Ek vind die ervaring brutaal en stop die film en beweeg aan. Die aggressiewe, pornografiese ervaring was nie wat ek by die bewaringsterrein verwag het nie.

Ek geniet die skadu van die reuse-bome en sien sommige ape doen maar die dinge wat ons gewoond is ape doen. Die tempels is pragtig en die ervaring is kalmerend, maar ek hou ’n ogie op die skielike beweging van ape.

Toe ek later na my foto’s kyk, is ek verbaas oor die ape wat die standbeelde van vroue met groot borste bevoel.

Ek en my vriende is per motor onderweg na Ubad-paleis. Dit is klein en nie soos die Britse reghoekige forte nie. Miskien weens die humiditeit. Die oop strukture staan op platforms en met weelderige gekerfde goue en klipbeelde en pragtige groen tuine.

Toe vertrek ons na die markte toe. Ek koop nie juis nie, ek kyk net. Ek reis sedert ek 16 is elke twee weke na ’n nuwe bestemming, en koop net wanneer ek iets nodig het, of wanner ek regtig verlief raak daarop. Ek sien pragtige ontwerpershandsakke wat gewoonlik $800 kos wat hier sowat $10 kos, maar ek koop steeds nie, want ek het nie ’n handsak nodig nie. Ek het praktiese vereistes voor ek iets koop. Ek koop nie iets omdat almal dit het, of omdat dit ’n statussimbool is nie. Ek raak toe wel verlief op ’n stuk materiaal en ons onderhandel oor die prys. Ek hou nie daarvan om oor pryse te onderhandel nie, maar ek moet die materiaal net hê.

Nou moet ek kies waar ek aandete wil gaan eet. Op die strand of by die hotel? Moet ek wag vir aandete? Maar ek wil nou kos hê, en ek wil ontlaai en terugkyk na my dag. Ek gaan na ’n kroegie om die stilte en die uitsig op die strande en die fuweelsagte lig en sagte bries te geniet terwyl my vriende uitgaan vir aandete. My lyf en brein is gereed vir die sagte lug en die kroeg met die hoë plafonne. Dit is op ’n hoogte gebou en dit voel of ek in die wolke sit. Ek sug en glimlag.

Jy kan my onderhoude in Bali op my YouTube-kanaal sien by http://www.youtube.com/c/MargaretGardinerUniverse

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kry katte en honde ook Alzheimersiekte?

Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…

2 days Gelede

Hoe om die kleredragreëls op uitnodigings te verstaan

Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…

2 days Gelede

Is jou kleinding se sintuie oor- of ondersensitief?

Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…

2 days Gelede

Waatlemoen-pizza met gebraaide feta

Die nuwe (en gesonder!) pizza - in slaai-vorm!

2 days Gelede

Bessiejellies

Genoeg vir 6 Bestanddele   625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Len Muller oor sy passie vir musiek en sy gesin

Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.