Margaret se Wêreld: Wees trots op Suid-Afrikaners

Margaret se Wêreld: Wees trots op Suid-Afrikaners deur Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek raak nie maklik jaloers nie. Ek gun ander hul sukses en geluk. Maar ek moet erken ek is jaloers as ek sien hoe ander lande hul bekendes hanteer wat buite hul landsgrense woon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Australiërs, Duitsers, Italianers en Franse bekendes word dadelik gesteun en bemark. Daar is baie van hulle  in die bedryf, en selfs dan skarrel die lande om hulle te vertoon.

Maar nie juis die Suid-Afrikaners nie. Daar beweeg nie baie Suid-Afrikaners deur Los Angeles vir onderhoude nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Charlize Theron het in so ’n mate sukses behaal dat dit moeilik is om haar te ignoreer, maar dis vir my moeiliker om onderhoude met ander Suid-Afrikaners vas te maak. Ek is nie seker of dit is omdat hulle plaaslik so baie publisiteit kry nie of

Dié gedagte het by my opgekom aangesien ek die afgelope maand met minstens vier Suid-Afrikaners te doen gekry het wat groot sukses behaal.

Schalk Burger het die ongelooflike film Ellen: The Ellen Pakkies Story vervaardig. Dit is die verhaal van Ellen Pakkies, ’n vrou wat daartoe gedryf word om haar eie seun te vermoor. Dit is uitstekend gedoen en die ongelooflike Jill Levenberg speel die ma, wat ons ’n kykie gee in haar innerlike stryd met moedersinstink, vergifnis en beskerming, terwyl haar seun haar huis en lewe verwoes. Die rolprent beeld uit hoe mense wêreldwyd sukkel om tikverslawing te hanteer. Vir verslaafdes is dit ’n ontsnapping aan die werklikheid, maar vir diegene wat hulle liefhet, is dit hel. Dié rolprent is gelyk aan Ben is Back en Beautiful Boy, albei uit Hollywood en gelaai met sterre, maar ons rolprent neem jou deur die probleem van die slagoffer sowel as sy gesin.

Regisseur Donovan Marsh en Gerard Butler as Capt. Joe Glass op die stel van Hunter Killer. Fotograaf: Jack English.

Volgende is Donovan Marsh, wat Gerard Butler in Hunter Killer geregisseer het. Die Suid-Afrikaner en die ster het saam ’n opwindende riller geskep. Dit is pure vermaak en ek het die teater met ’n positiewe gevoel verlaat. Butler speel ’n man wat tot die uiterste gedryf word as  leier van ’n groep in ongewone omstandighede. Sy span werk nie saam nie. Marsh se regie kan nie onderskat word nie.

Dit bring my by die super-Suid-Afrikaner, Troye Sivan, wat in Boy Erased teenoor Nicole Kidman speel.

Marsh was Sivan se regisseur in ’n Suid-Afrikaanse trilogie, Spud, wat op ’n reeks plaaslike boeke gegrond is. Hy woon nou in Amerika en soms in Australië. Die Australiërs beskou hom as hul eiendom in my onderhoud met hom op my YouTube-kanaal. Hy praat oor wat Suid-Afrika vir hom beteken. Hy het ook die liedjie van die rolprent geskryf en gesing. Kyk na sy vertoning op my Instagram-rekening.

Die vierde Suid-Afrikaner is Charlize Theron, met wie ek ’n onderhoud vir Tully gedoen het. Sy het sowat 15 kg aangesit vir die rol en speel die rol van ’n ma wat kinders, en spesifiek kinders met spesiale behoeftes, grootmaak. Dit is opwindend, maar uitputtend. Niemand praat eintlik oor hoe uitputtend dit is nie, want om te erken moederskap is uitputtend sal soos verraad wees.

Margaret en Charlize Theron. Foto: Magnus Sundholm vir die HFPA.

Ek kon ’n klanksnit met haar doen terwyl ons oor haar lewe, kinders, ouers en werk gepraat het. Ek het ook onlangs ’n video-onderhoud met haar gedoen oor die film Gringo, loer hier:

Luister hier na die potsending met Charlize

Laastens kom ek by ’n naam wat min sal ken, maar hy kan die indrukwekkendste wees. Jacob van Zyl, bestuurder van Solar System Exploration by NASA se Jet Propulsion Laboratory, het aan Stellenbosch gegradueer en het ’n groot rol gespeel in die huidige reis na en ontdekking van Mars. Ek was sy gas en kon die Mars-landing waarneem terwyl dit gebeur het. Dit was ongelooflik om die euforie van die span tydens die landing te aanskou.

Die visie, berekening en suksesvolle sending om die mensdom se posisie te verbeter is ’n konsep wat die meeste mense, ook ek, sukkel om in te sien … en moeilik sal kan nadoen.

Soos die jaar tot ’n einde kom, haal ek my hoed af vir alle Suid-Afrikaners. Ons het hierdie kenmerk van lewenskragtigheid, harde werk, en nederigheid.

Ek is so trots op ons mense.

– Margaret

Om op hoogte te bly met Margaret se besige en lewe, volg gerus haar blog vir rooi rose. Jy kan haar ook op sosiale media volg: facebook, Instagram, twitter, en inteken op haar YouTube-kanaal vir interessante onderhoude met bekendes.

Lees ook: Margaret Gardiner gesels met Charlize Theron

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

3 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

9 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

10 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

10 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

10 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.