Margaret se Wêreld: Wat ek doen wanneer ek reis deur Margaret Gardiner. Hooffoto: Magnus Sundholm vir die HFPA
Sjoe! Die seisoen van toekennings is verby.
Vir my strek dit van Oktober tot Januarie. Ek moet na al die TV-reekse en films kyk voor ek kan stem, en dit is ’n dolle gejaag.
Na die Golden Globes volg hordes partytjies, daarna nog toekennings-vertonings tot en met die Oscars. Dan is ek al flou.
Ek probeer gewoonlik om dan iewers anders te wees of om in my japon op TV daarna te kyk. Partykeer wil mens nie ’n mooi rok en hakke aantrek om te gaan kyk na toekennings waarvoor jy drie maande tevore gestem het nie. Vir my was die Oscars vanjaar ou nuus.
My kop was eerder op my opkomende reis. Ek is pas terug uit Londen waar ek met Keira Knightley ’n onderhoud gedoen het. Sy imponeer my altyd met haar slim, geen nonsens gesprekke.
The Aftermath is ’n romantiese storie wat net na die Tweede Wêreldoorlog afspeel. Dit bied ’n interessante fokus op die vernietiging wat Duitsland agtergelaat het en ’n unieke blik op hul vyande. Die noue samewerking tussen die oorwinnaar en die verslanes om weer op te bou. Dit verwys na die emosionele fase tydens die oorlog waardeur Keira se karakter gaan. Alexander Skarsgard en Jason Clarke speel die ander hoofrolle. Die akteurs is goed en die storielyn romanties.
Sedert ek 16 jaar oud was en as model na Parys gegaan het, het ek gewoond geraak om in Europa rond te vlieg vir voorbladfoto’s. Ek is gewoond om aan die gang te wees. Ek kry gemiddeld elke twee weke kans om te reis. Ek klim in ’n vliegtuig soos ander in ’n kar klim. Ek was nog besig om aan te pas na my terugkeer uit Londen toe ek die Dior Retrospective kon kyk. (Jy kan die video’s van die reeks op my Instagram sien)
Ek het reeds nog ’n reis in die pyplyn. Die volgende is na Portland, Oregon, dan Vancouver, Kanada en daarna New York. Ek hoef nie Portland toe te gaan nie, maar ek het groot name wat in Kanada en New York skiet: Ben Affleck, Charlie Hunnam en Garrett Hedlund – onder andere!
Hulle is van die warmste manne en iemand moet aan hulle vrae vra … So hoekom nie ek nie? Die opofferings wat ek nie vir rooi rose se lesers maak nie! 😉
Ek maak my kop reg om te pak.
’n Dag se reis en besoeke aan stelle. Jeans, rolnektrui, warm baadjie. Die stelle is yskoud en die temperature word laag gehou vir die kameras.
Dan die Four Seasons Hotel vir ’n perskonferensie. Dit verg iets moois om te dra.
Dis net vyf dae wat ek daar gaan wees en my arms is nog beseer. Gewoonlik dra ek handbagasie op so ’n kort reis, maar na die beserings dra ek so min as moontlik en boek my tasse in. Dit gee my kans om ’n groter verskeidenheid te pak. Miskien is ek nie beperk tot net jeans en T-hemde nie!
… Miskien eerder iets meer kreatief met hakke?
Ek weet nie van jou nie, maar daar is dae wat ek sweetpakke en Uggs verkies en dae waarin ek te besig is om in die spieël te kyk. Prakties, gemak, warm. Dis wat belangrik is.
Maar daar is dae wat jy iets meer kreatief wil dra en dan help ’n groot tas, en ’n leë een daarby. Sien jy waarop ek mik?
Die reis gaan ekonomiese klas wees omdat dit op die laaste minuut bespreek is, en dit beteken meer voorbereiding.
My reisklere bestaan uit ’n langmou- top, gemaklike broek en plat skoene. Partykeer is vliegtuie koud. Jy kan langs iemand sit wat hoes of nies.
Ek reis met tonne Emergence-C sakkies wat ek met water wegsluk. As iemand naby my hoes, sal ek tot drie sakkies op die vlug neem.
Ek maak my hare ’n bolla vas as ek by die huis vertrek, en maak dit los op die vlug sodat dit volume het. Ek dra geen grimering op die vlug nie en wend baie bevogtiger op die vlug aan. Baie room vir die gesig en hande. Eucerin het ’n klien buisie wat ek mildelik aansmeer.
Ek neem ook altyd Visine saam. Die oë is mos die vensters van die siel. Dit werk as jy heeldag oop jou rekenaar werk, reis en min slaap. Dit laat jou lyk of jy ’n goeie nag se slaap agter die blad het al het jy vieruur opgestaan.
Ek sorg dat ek ’n katoenserp byderhand het, want passasiers hoes dikwels as hulle aan boord gaan en as jy reeds sit, is jy in die spervuur. Ek bedek my neus en mond om my teen kieme te beskerm.
Ek reis ook met ’n kasjmiersjaal want dit kan as kombers dien. Ek rol dit ook op om my rug te steun as besigheidsklas vol is.
Ek eet piesangs en neute want ek hou nie altyd van die kos in die ekonomiese klas nie. Ek eet baie protein en vliegtuigkos is vol stysel. As jy 5 tot 6 uur stil sit is dit nie gesond nie. Vrugte help jou liggaam kos verteer in verskillende tydsones.
Ek knibbel aan protein en neem proteïenpoeier saam. Ek het net ’n glas melk nodig. Ek het nog nooit dwelms gebruik nie en is altyd bekommerd wat hulle by die doane gaan dink van die sakkies wit poeier.
As ek besigheidsklas reis, is dit maklik. Hulle gee jou ’n sakkie tandepasta, tandeborsel, bevogtiger en ’n nat lappie om oppervlakke mee af te vee waaraan ek tydens die vlug gaan raak.
Hulle kos is meer eetbaar. Groente, proteïen of ’n kaasbord as dit ’n vlug oor die vasteland of ’n internasionale vlug is na middagete. Ek sal twee glase vonkelwyn en baie water drink, dan op die bed uitstrek en slaap.
As ek wakker word, werk ek gewoonlik aan ’n artikel en teen die tyd wat ek in ’n ander stad land, het ek my tyd effektief gebruik ek is gevoed en gereed om die nuwe stad te voet te verken.
Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels.