Margaret se Wêreld: Vrouwees by die Cannes-fees deur Margaret Gardiner. Hooffoto: Hierdie jaar was Cannes nat en koud. Dit ís ek op die strand met ’n rolnektrui en langbroek! Maar ek kan nie help om myself te wees nie en ek spring en glimlag, soos gewoonlik.
Dag twee van die Cannes Filmfees en ek is vroeg op om ’n Russiese fliek oor posttraumatiese stres-sindroom by vroue na afloop van die Tweede Wêreldoorlog te sien. Dit handel oor die lewe, maar hoofsaaklik oor die oorkoming van trauma tydens ’n besondere tyd in die geskiedenis wat nog nie volledig bestudeer is nie.
Die kamerawerk is pragtig met ryk kleure. Beanpole is so gewortel in die vroulike perspektief dat ek verstom was toe ek na Nikki Beach is om ’n onderhoud met die regisseur te gaan doen, en besef Kantemir Balagov is ’n pragtige 27-jarige jongman, met ’n groot toekoms voor hom.
Hy het die storie gekies omdat daar nooit gefokus word op die uitwerking van oorlog op vroue nie.
Toe ek hom vra hoe hy dit kon regkry om so in ’n vrou se kop in te kom, het hy glimlaggend geantwoord, “Want ek het ’n ma.”
Lees ook: Margaret se Wêreld: Lewenslesse
Gepraat van vroue, ek het die Kering Women in Motion-reeks, wat fokus op vroue in rolprente, gesien. Kering slaag uitmuntend daarin om vroue wat in die vermaak-industrie presteer, te vereer en by elke Cannes Filmfees word vroue byeengebring om oor relevante onderwerpe te gesels.
Die president van die Un Certain Régard-jurie, die Siriese regisseur van die film Capernaum, (wat benoem is vir die beste buitelandse film deur beide die Academy of Motion Pictures en die Golden Globes) is talentvol en uitgesproke en die eerste gas in ’n reeks vrouesprekers. As jy Capernaum misgeloop het toe dit uitgereik is, moet jy die moeite doen om dit te sien. Dit is kuns en is roerend, en deur die werklikheid geïnspireer.
Lees ook: Margaret se Wêreld: Vlugvoosheid en die Cannes-rooitapyt
Nadine Labaki het gesels oor ’n nuwe tyd vir vroue as regisseurs, die stories wat hulle vertel, en hoe hulle deur die wêreld beweeg. Die temas wat aanhoudend resoneer, is persepsies van ons self en ander, en hoe ons ons plek in die wêreld sien. Fassinerend. Dit is onderwerpe waarvoor vroue in hulle twintigs nie bewustelik hulle veg nie, maar voorspel wat hulle gaan word as hulle ’n stryd aanknoop met wie hulle is en hoe om te kom waar hulle wil wees. Om met vroue te praat wat self eens daar was en aan die anderkant daarvan uitgekom het, wel, dit is insiggewend. Dit het by my opgekom terwyl ek geluister het na hierdie volwasse vrou wat so baie oorleef het in haar Siriese vaderland.
Lees ook: Margaret se Wêreld: Verwagtinge
Vroue in hulle 20’s en 30’s kyk dikwels na ander wat soos hulle is om daaruit te leer. Hulle tydgenote, en dit is ’n goeie ding. Maar dit is ook goed om te kyk na vroue wat voor hulle geleef het en om te dinge wat hulle nog nie in ag geneem het nie te bedink, soos dat die nuutste blink ding dalk die lig mag vang, maar dat diegene wat die letsels van die lewe dra, dinge wys geword het oor hoe om die gevegte te wen wat elkeen maar moet veg. Dís waar die wysheid skuil.
Lees ook: Margaret se Wêreld: Moeilike paaie lei tot pragtige bestemmings
Daardie aand het ek die premiere van Too Old to Die Young bygewoon. Dit is ’n nuwe TV-reeks wat my in my sitplek laat wriemel het oor die geweld daarin, en volgens my, die uitermatige ongevraagde naaktheid van baie jong vroue. Die kamerawerk is pragtig en baie sal dit kuns noem, maar hulle wat dit so noem, sal in die minderheid wees. Ek vermoed die meerderheid sal aanstoot neem, en hulle sal nie verkeerd wees nie. Maar dit is net my mening, jy mag dalk anders voel. Die regisseur het net ’n beperkte hoeveelheid tonele gewys en dit het nie die openingsepisode ingesluit nie. Miskien skep dit ’n ander beeld as jy dit van die begin af kyk. Maar dit is my oorwoë mening.
Die premiére was ’n laat een en dit was lank na middernag en koud en nat toe ek by die Grand Palais uitgestap het. Dit was vreemd om langs die strandfront te stap met beelde van marteling en geweld wat in jou brein ingeprent is. Ek voel koud en ’n bietjie dood en lam na die fliekervaring, die vlugvoosheid en die slegte weer. Om in een dag die beste en slegste van vrouwees te ervaar – jong vroue wat uitgebuit word, maar ook ouer vroue wat hul stem gevind het …
Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels.