Margaret se Wêreld: Vlugvoosheid en die rooi tapyt deur Margaret Gardiner
Ek kan nie slaap nie.
Ek kan nie slaap nie.
EK KAN NIE SLAAP NIE!
Dit is 2:30 die oggend. My eerste dag by die Cannes-filmfees. Na elf ure op ’n vlug van München af, ’n paar uur oorstaan, en eers om sesuur die aand het ek in Cannes aangekom. Dan eers registrasie, aandete, stort, uitpak en in die bed klim. Drie uur later is my oë steeds OOP!
Vlugvoosheid oorspoel my brein. Om ’n skrywer te wees beteken jy kan enige tyd op enige plek werk, maar my brein is nog iewers bokant die Atlantiese Oseaan en om woorde agtermekaar in ’n sin te plaas, is ’n uitdaging.
Lees ook: Margaret se Wêreld: Lewenslesse
Die dag wat voor my lê, sluit ’n onderhoud met die span van The Dead Don’t Die in – en dit beteken Tilda Swinton, ’n uitstekende aktrise en mode-ikoon.
Die vrou het ’n skrikwekkende intelligensie en ’n klerestyl wat baie selfvertroue verg. Sy kon maar arrogant wees, maar sy is nie.
Chloe Sevigny is die ene sensualiteit. Mens mag dit nie sê nie omdat dit nie polities korrek is nie, maar sy is. Sy dra super-kort rompies en sexy skoene. Dit is heerlik om ’n onderhoud met haar te doen.
Lees ook: Margaret se Wêreld: Verwagtinge
Om twee vroue te hê wat terselfdertyd met jou praat, is soos ’n geskenk van vrouwees. Om sous daarby te voeg, roer jy die skreeusnaakse Bill Murray by. Hy is soos ’n turksvy. Sy humor kan tot teen die been sny met vlymskerp woorde. Vandag raak sy trefwoorde aan die absurde. Dit is soos ’n vertoning om na almal van hulle te luister. O, so dis hoe mens woorde gebruik, ek het al vergeet hoe.
Volgende aan die beurt is die premiere van Rocketman. Ek het ’n goedkoop rok wat mens net in jou tas gooi en as jy dit uithaal, lyk of jy dit pas gekoop het. Ek trek dit aan. My brein funksioneer nog. Uitputting is die vyand van kreatiwiteit. Ek kon ’n sin skryf, maar ek wil dit nie lees nie. Daarom doen ek dit nie.
Lees ook: Margaret se Wêreld: Op die stel van Rocketman
Ek kyk na myself, niemand sou kon raai dat ek eintlik ’n zombie is nie nè?
Ek trek my sloffies aan en klik my pad oop al langs Croisette na die premiere. As ek nader kom, stop ek by die standfront en ruil my plat skoene vir hakke, en gaan staan in die ry voor die teater. Ek word gestuur in die rigting van die “Step and Turns”. Dit is die punt waar die modelle vir die wêreld se pers stop, en omdraai, sodat beide kante van die rooitapyt jou kan beskou terwyl ’n miljoen kameras flits en fotograwe mekaar met die elmboog uit die pad stamp om die voor- en agterkant van jou rok af te neem.
Lees ook: Margaret se Wêreld: Hy is glansryk, maar hy is nie Emily Blunt nie …
Wag, ek is ’n joernalis, ek is nie hier in my hoedanigheid as my alter ego nie. Maar ek sê niks, en hulle roep my vorentoe en ek dink, “Hoekom nie?”
My rok kos sowat $60.
Almal dra rokke wat baie nulle agter die euro-teken het. Die ironie laat my lekkerkry. Ek stap uit tot by die skreeuende fotograwe. Die tou is lank.
Jy staan daar terwyl hulle gil, “Kyk hier!”; “Oor die skouer!”; “Nog een!” Ek gehoorsaam met humor. Dan skarrel ek op met die trappe na die Grand Théatre Lumière vir die première van Rocketman.
Lees ook: Margaret se Wêreld: Wat ek doen om gemaklik te reis
Elton John daag op en die ouditorium raak mal. Die ligte blus uit en die gehoor kalmeer. Langs Elton John is Taron Egerton, die jong ster wat Elton John speel en sy liedjies sing.
Ek kan my net voorstel hoe senutergend dit vir hom moet wees. Toe ek met hom ’n onderhoud gedoen het vir my YouTube kanaal, het hy my vertel hy het die fliek gekyk met sy een oog op Elton en beleef hoe die beroemde ster die oomblikke herleef.
Die film eindig met ’n staande applous wat aan en aan gaan en Elton sowel as Taron is in trane.
Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels.