Margaret se Wêreld: Verwagtinge

Margaret se Wêreld: Verwagtinge deur Margaret Gardiner. Foto’s: Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Verwagtinge: As ons verwag dat iemand goed moet wees, is ons minder geneig om hulle slegte eienskappe raak te sien?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is ’n foto waar ek ’n onderhoud voer met Patricia Arquette vir Hulu se nuwe reeks, The Act. En voordat iemand kommentaar lewer, ja, ek blink. Soms is daar ’n grimeerkunstenaar op stel beskikbaar, en soms nie. Dis hoe ek lyk as niemand beskikbaar is om my te help nie. Ek gebruik nie poeier nie. Hoekom nie? Wel, ek doen my grimering in die oggend, en dan vergeet ek hoe ek lyk.

Hoe ek lyk is nie belangrik nie. Dit is wat ek , wat tel. Ek is ook inherent gekant teen neuspoeier. Dit neem tyd en ek dink as ons ouer word, is dit gesonder vir ons vel om toe te laat dat die natuurlike olies na vore kom eerder as om ons vel met poeier uit te droog, maar dis net soos ek voel. Baie mense het op facebook gevra hoekom my gesig so blink? Ek wou graag sê dit is my persoonlikheid, maar ek dink hulle bedoel eintlik my vel … 😉

Lees ook: Die dinge wat mense kwytraak

Patricia Arquette is nie juis ’n huishoudelike naam nie. Sommige mag die naam herken van die langlopende reeks, Medium. Sy het ’n Academy Award vir die film Boyhood gewen en het al baie toekennings ontvang vir haar werk. Die nuutste toekenning is ’n Golden Globe vir beste aktrise in ’n minireeks of televisiefilm vir haar rol in Escape at Dannemora.

Lees ook: Moeilike paaie lei dikwels tot pragtige bestemmings

Ek is lankal ’n aanhanger van haar, veral sedert die standpunt wat sy by die Oscars in 2014 gestel het vir geslagsgelykheid en salarisse. Ek was baie opgewonde om ’n onderhoud met haar te kon voer oor die fassinerende onderwerpe wat verband hou met haar nuwe reeks, The Act. Joey King tree saam haar op en ondergaan ’n hele transformasie met geskeerde hare en valstande.

Lees ook: Haal net asem!

Margaret en Joey King. Foto: Magnus Sundholm vir die HFPA.

The Act is ’n fassinerende verhaal oor die behoefte aan aandag, manipulasie, vervormde liefde en beheer. Dit is ’n ma-dogter storie wat uitbeeld wat geen ouer-kind verhouding behoort te wees nie. Die eerste twee episodes bring jou by ’n plek waar jy dink: ‘So, dit was nou die storie.’ Maar omdat dit ’n mini-reeks is, kan jy in-diepte ondersoek doen en die vrae beantwoord wat in die eerste twee episodes gevra word.

Na ’n uur-lange perskonferensie kon ek met Patricia op kamera gesels oor enkele van die belangrikste sosiale kwessies wat vandag in Amerika bespreek word.

Ondbewustelike verwagtinge: Dit is wat ons na elke interaksie bring. As ons verwag dat iemand op ’n sekere manier moet optree, ignoreer ons leidrade wat ons vrae laat vra en verander wat ons dink waar is.

Dit is ’n basiese sielkundige aksioom, en wanneer ons onsself toets aan ons eie verwagtinge van ander, is dit skokkend verhelderend. Daar is allerhande sosio-sielkundige redes hiervoor, en dit is ’n gunsteling-onderwerp van my ná twee jaar se navorsing vir ’n boek oor handelsmerke. My gesprek met die intelligente Patricia het gewissel van Weinstein tot verwagtinge van wat sexy is, en om dinge te doen wat ongemaklik is om so aan ander se verwagtinge te voldoen. Ek kon ure aan daardie onderwerp bestee, maar ek sal julle nie met my my entoesiasme verveel nie. Kyk eerder na my onderhoud met Patricia Arquette.

Lees ook: Ons het almal “bad hair days”

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.