Margaret se Wêreld: Tot siens, Swede. Hallo New York! Dag 3

Deur Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die alarm roep my om 03:00. Ek bestel ontbyt: Muesli, vrugtebord, natuurlike jogurt met heuning, vleis en kaas. Koffie, water en bosbessiesap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek doen 50 opsitte en ’n vinnige plank. Na ’n heerlike lang stort waarin ek my hare ook was, eet ek terwyl ek pak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

My ontbyt

06:00 haal ek die bus lughawe toe, dan is ek deur sekuriteit en in die sitkamer. Na my stewige ontbyt is ’n cappuccino al wat ek nodig het totdat ek aan boord gaan. Die kombers en kussing is ’n welkome gesig as ek in my sitplek neersak. DIS. HIER. WAAR. EK. NOU. SLAAP! Terwyl ek my inrig kom sit ’n pragtige blonde Sweedse vrou langs my. Sy is op pad na Las Vegas waar sy Microsoft se jaarlikse internasionale vergadering organiseer. Dit behels ’n simposium oor hoe om vroue en minderhede beter te integreer. Ek vertel haar van my navorsing oor onbewuste vooroordele vir ’n boek waaraan ek werk wat die uitwerking van die kweek van gender-rolle uitwys en die gevolge uitspel vir die werksomgewing. Sy nooi my onmiddellik om in Oktober weer na Swede terug te keer om deel te neem aan nog ’n simposium oor die onderwerp. Ons gesels geesdriftig terwyl ’n maaltyd en sjampanje bedien word teen die agtergrond van die lieflike natuurskoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek besef as ek myself nie nou gaan dwing om te slaap nie, gaan ek aanhou met hierdie intellektueel stimulerende gesprek waarin ek en die Sweedse vrou so gemeensaam verkeer. Ek maak verskoning, trek die komberse oor my en laat my sitplek platlê om weg te sink en maak my oë toe. As ek wakker word is daar nog net 40 minute van die vlug van agt ure oor. Met vyf ure ononderbroke slaap agter die blad is ek meer as gereed om korte mette te maak met ’n maaltyd van hoender, slaai, water en koffie! Baie gou sien ek Lady Liberty onder ons soos die vliegtuig gereedmaak om te land. Dis 07:00 en New York se dag begin en ek kan nie wag om deel te word daarvan nie.

Volg gerus vir Margaret op Instagram en op facebook om op hoogte te bly met haar opwindende lewe.

Lees ook Dag 1 en Dag 2 van Margaret se besoek aan Swede en New York.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck
Tags: blogs

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

9 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

9 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

10 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

10 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

13 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.