Deur Margaret Gardiner
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Keuses, keuses …
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Comic-Con is ’n groot vermaaklikheidsgebeurtenis wat ek al ’n paar keer bygewoon het. Dit bied toegang tot talent en die baie gesellighede wat die ateljees aanbied. Maar as dit in dieselfde naweek as die Sewes-Wêreldbeker val en Suid-Afrika speel, is daar geen kompetisie nie … Ek steun Suid-Afrika!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Leo’s Oyster Bar
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Aankoms
Ons arriveer in San Francisco en gaan eet by Leo’s Oyster Bar – ’n nuwerwetse plek op Sacramento Street. Die atmosfeer is wonderlik. Houtkroeg, knus hoekies en tafels. Die personeel is vriendelik en byderwets aangetrek.
Ons sê ons is haastig en op pad rugby toe, en hulle bring gou vir my soetmieliesop met jalapeno en koljander. Die sop is lekker. Net die regte tekstuur, met stukkies mielie en die koljander gee dit ’n ligtheid. Minder suksesvol was die kortrib-toebroodjie met spek, gekaramelliseerde ui, cheddarkaas, blaarslaai, peperwortel, knoffel en Franse skyfies. Daar was weinig kortrib en die brood was oorweldigend. Daarna is ons terug hotel toe om ons vriende te ontmoet. Almal van ons het ons voorafbestelde Suid-Afrikaanse T-hemde aan.
Sop
Dis snikheet in die AT&T-stadion en mense is vrolik en feestelik aangetrek. Een man loop in ’n Speedo rond en poseer vir foto’s. Die ondersteuners van Fidji is daar in hulle massas. Die Rabid-ondersteuners het van verskeie state ingevlieg en dit lyk of die hele stadion oorheers word deur hul vrolike dreunsang en uitbundigheid. Trouens, ek beny hulle ’n bietjie. Suid-Afrika is goed verteenwoordig, maar ons is so besadig en kalm. Ons juig besadig as ons manne oor die doellyn duik en sit stil as niks gebeur nie.
Die ondersteuner in sy Speedo
Ondersteuners
Ondersteuners
Suid-Afrika oorheers Ierland in die eerste helfte en ek is bly ek het ’n laat retoervlug na Los Angels bespreek – kan ons manne die eindstryd haal? Ek het my hart daarop gesit! Ek het soveel vertroue dat ons by Bob’s Bar indraf vir hul spesialis-martini’s en om die waarskynlike oorwinning van die volgende dag te vier. Suid-Afrika speel teen Engeland. Ons dink Fidji sal in die eindstryd teen Suid-Afrika te staan kom.
My plakkaat – en ’n goeie filosofie oor die algemeen.
Ek drink nie hardehout nie, maar wanneer ek reis, hou ek daarvan om te eksperimenteer, en ek bestel Bob se Cosmo. Dis lekker. Die geheim, soos dit aan my verklap is, is die Grey Goose L’Orange-vodka wat by die Pama-granaatlikeur en aalbessiesap gevoeg word. Dit is ’n soete einde aan die nag.
Volg Margaret gerus op facebook en Instagram om op hoogte te bly met haar avonture.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.