Margaret se Wêreld: Netflix se Hollywood – en die inperking deur Margaret Gardiner
Hierdie is vreemde tye wat jou baie oor jouself leer.
Ek het geen vrees vir myself nie, maar ek is wel verskriklik bang dat my geliefdes iets kan oorkom.
Vir die eerste keer sedert my ma se dood is ek dankbaar dat sy nie meer op die aarde is nie. Toe Amerika in die staat van #StayHome gegaan het, het ek dit omarm. Ek het vooruit beplan en stadigaan benodigdhede aangevul. Dit sou mos net twee weke wees. Ek was voorbereid vir ’n maand.
Ek het my familie en volgelinge op facebook gewaarsku sodat hul kon begin voorberei voordat paniekaankope ons getref het. Ek was gereed.
Maar toe Suid-Afrika ook ingeperk is, het ek dit verloor.
Lees ook: Margaret gesels met Mark Ruffalo oor sy nuutste film, moeilike tye, en hoekom oumas so spesiaal is
Ek het begin vrees vir my mense. My familie. Toe Suid-Afrika. In LA het ek geweet wat aangaan en ek kon my omgewing begeer. Suid-Afrika was in stilte. My hart het gebloei oor die finansiële en gesondheids-tol wat die pandemie eis. Hoe sou die gewone mense dit hanteer? Hoe sou die townships dit maak?
My een suster het doodstil geraak en die ergste vrese het my oorweldig. Ek is deel van ’n geselsgroepie met voormalige Suid-Afrikaners en ek het my paniek oor die land met hulle gedeel.
Na 48 uur van ondraaglike vrees het ek myself tot orde geroep en aan ’n les herinner wat ek onlangs geleer het. Jy kan slegs jouself beheer.
So.
Herlaai.
Met die oog op die Paasfees het ek tonne eiers gekoop, want ek is mal oor sjokolade en eet omtrent ’n plak Cadbury’s per dag.
Ek het die eiers getel – daar was genoeg om my deur te sien.
Toe hou ek op om bevogtiger te gebruik. Ek het geweier. Ek het glad nie in die spieël gekyk nie. Ek het net opgehou. Gestort, Hare droogemaak. Aangetrek. Vermy die spieël. Geeneen in my gesin het iets opgemerk nie. Maar toe, soos so dikwels tevore het die lewe eenvoudig ingegryp.
Ryan Murphy, die skepper van Glee het ’n nuwe Netflix-reeks – Hollywood. Sou ek dit graag wou dek met YouTube-onderhoude? Ek het omtrent ’n jaar gelede ’n YouTube-kanaal begin waar ek gewoonlik my onderhoude met glanspersoonlikhede plaas, dikwels nadat ek dit vir rooi rose gedek het, en soms iewers anders, of wanneer ek dit interessant genoeg gevind het.
Maar nou met die koronavirus was daar geen TV-onderhoude nie. Die werk het opgedroog. So ek het maar voortgegaan en premières en foto’s uit my verlede te plaas in YouTube-videos, om mense te vermaak en in hierdie tye te laat glimlag, sonder dat vogmiddels ’n rol hoef te speel.
Maar as ek Hollywood wou doen, sy program, sou ek op kamera wees en weer in die spieël moet kyk.
Eers het ek natuurlik na die show gekyk.
Om te sê dis soos niks anders wat jy al ooit gesien het nie, sou dit geringskat.
Dit wys die donker kant van Hollywood. Die Harvey Weinstein-kant – vir mans en vroue. Daar is naaktheid. Daar is seks. Dit dek mag en geslag en ras. Dinge waaroor gawe mense nie graag praat nie. Maar eintlik onthul dit die vele maniere waarop mense mekaar seermaak, op klein of groot skaal, met of sonder opset. En die maniere waarop mense mekaar ondersteun en dra.
Lees ook: Pablo Picasso en die emosies wat sy werk ontlok
Ek het ’n tyd gelede met Darren Chris gesels (hy het ’n Golden Globe en ’n Emmy gekry vir The Assassination of Gianni Versace: American Crime Story en is ’n alumnus van Glee), oor die frase wat almal in Hollywood seker al ten minste een keer moes aanhoor, (jy moet iets gee om iets te kan kry), en jou desperaatheid sal bepaal of jy sal toegee of jou sal verweer.
Darren Chris het die positiewe uitwerking van so ’n beperkte reeks (oor die moord op Versace) wat die donker kant erken en uitwys, en ook soos deesdae met die koronavirus mense saamsnoer rondom ’n saak.
Ek hou van sy positiwiteit, maar daardie konsep van ‘die een hand was die ander’ is nie beperk tot Hollywood, die show, óf die industrie of self slegs vroue nie.
Dis eintlik ’n magskwessie wat in die sakewêreld ook hoogty vier, waar die immoreles met mag dié sonder mag onder druk plaas, seksueel ook, op elke moontlike terrein.
In Hollywood kom dit net meer grafies aan die bod. Hierdie donkerder en ligter temas kom uit Hollywood se Goue Eeu en daar word ’n bietjie vry omgegaan met die feite om te besin daaroor hoe die wêreld daar sou uitsien as die beste persoon vir die werk dit sou kry en mense se liefdeslewens glad nie sou saak maak nie.
Die kostuums is ongelooflik en alhoewel daar temas was waarop ek graag met die akteurs sou wou uitbrei, sou dit beteken dat ek weer my tydelike teensin in vogroom sou moes oorkom en weer in die spieël sou moes kyk om die YouTube-onderhoude vir Netflix se Hollywood te kon doen.
Dit was my eerste uitdaging.
Die tweede een was dat ek nooit van die huis af werk nie.
Dis my veilige hawe, en hier moes ek nou op kamera verskyn tydens inperking en dit dus deels blootstel. Vogroom én die verlies aan privaatheid!
Ek besluit toe op ’n stil area voor ’n natuurfoto deur Tami Walker wat ek op my laaste reis na Afrika gekoop het. ’n Stil hoekie wat nie te veel ontbloot het nie. Die swart en wit foto, ’n paar kieries, Afrika-kuns. Behalwe.
Toe ons die eerste virtuele toets doen – geen internet in daardie spesifieke area nie – waarskynlik geblokkeer deur die dubbelskoorsteen in die middel van ons huis. Met ’n tegniese span op my skootrekenaar gaan sit ek op die eerste plek met die beste konneksie en maak die konneksie oop om die afstandsvideo te toets – net om myself op die skerm te sien, nabyskoot, sonder grimering, en sonder vogroom min of meer sedert die aanvang van die inperking begin het.
My. Liewe. Aarde.
Ek dink vogroom werk soos koekbak.
Jy kan ongelukkig nie bloot al die bestanddele in die oond gooi en vyf sekondes later ’n koek verwag nie. Die vog moet eers in die vellae opgeneem word!
En my hare het al begin met hul terugtog na hul oorspronklike donkerder wortels! Ek het … Goeie genade! Ek het ingestem om op kamera te gaan en kon nie nou skielik omdraai en sê: Hierdie weergawe van my staan my nie aan nie.
En!!!
Sjoe – my man moet my waarlik liefhê(?!) – om niks te sê oor sy vrou se transformasie gedurende die koronavirus nie.
Ná die toets het ek oorgeglip en ’n soen op sy wang gegee om dankie te sê dat hy my binneste liefhet, nie net die uiterlike nie. Ek is direk boontoe om vogroom aan te wend – die Clarins Double Serum wat ek net voor inperkingstyd ontdek het. Ek het dit gul aangewend en ’n lang, luilekker bad geneem, my vel afgeskilfer en nog ‘n keer vogroom aangewend.
Ek het in die spieël gekyk en gelag.
Weer vinnig gekyk en laggend weggekyk.
Niks wat ek aan my hare kon doen nie – dalk moet ek maar weer ’n brunet word.
En sowaar, daar is die vel weer mooi opgeplomp.
Om eerlik te wees, ek kon nie minder omgee nie.
Lees ook: 3 dinge wat ek vanjaar gaan omhels
Ek het die reeks gekyk. Dit het heerlike vet, lang gesprekke aan die gang gesit. The Big Bang Theory se Jim Parsons is daarin soos jy hom nog nooit gesien het nie. Hy is so ’n aaklige karakter – en ek wou hom daaroor uitvra.
Laura Harrier van Spiderman: Homecoming is ook daarin, asook ’n hele klomp ontluikende kunstenaarstalent wat jy nie ken nie.
O, en Dylan McDermott van The Practice is daarin en het Clark Gable as inspirasie vir sy rol gebruik – en hy is briljant.
Hulle het almal uitgewei oor hoe hulle #StayHome hanteer: vrolik, opgewek – en van Dylan se kant af, diep selfondersoek.
Jeremy Pope het ’n storie vertel van Kim Kardashian! Ek het niks gesê daaroor dat ek vogroom vermy het nie of dat ek bevrees was oor die my land wat deur soveel pyn moet worstel en lyk of hulle dit soveel beter regkry as die magtige Amerka.
Hoera Suid-Afrika. Hoera Cyril.
Bly tuis. Kyk ’n reeks – hierdie een verskyn in Mei.
Dis tyd om te bieg: ek is mal oor julle almal.
ASSEBLIEF – Bly veilig.
Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.