Margaret se Wêreld: Moeilike paaie lei dikwels tot pragtige bestemmings

Margaret se Wêreld: Moeilike paaie lei dikwels tot pragtige bestemmings deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Baie is al betower deur die verhale van The Hobbit en die filmreeks, Lord of the Rings. Mens verwonder jou oor watter soort verbeelding sulke fantasie uitlok.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tolkien, ’n biografiese film, probeer dié vraag beantwoord. Dit openbaar die vele uitdagings wat Tolkien gevorm het en dit word gekoppel aan die temas wat hy uiteindelik in sy skryfwerk sou verken. ’n Weeskind, bevriend deur die seuns wat hom aanvanklik geboelie het,’n liefde vir ’n vrou buite sy bereik, op die rand van sy studies opgee, en oorweldig deur die geweld van die Tweede Wêreldoorlog, kon Tolkien maklik onder die druk van magte teen hom verkrummel het. Die film herinner ons dat ons moet veg vir wat ons wil bereik en om nooit ’n droom op te gee nie, of ten minste, ons drome aan te pas sodat dit waar kan word.

Nicholas Hoult speel die hoofrol en Lily Collins (dogter van die musikant Phil Collins) is sy beminde. Sy het ’n baie elf-agtige voorkoms en is perfek vir die rol van die karakter wat die Elfin Queen sal word. (Kyk op my Instagram na die eteriese klere wat sy op die dag van die onderhoud gedra het).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lily Collins

Hoult is ongelooflik privaat, maar onthul ’n eienaardigheid wat jy nie sou verwag van sy klassieke, aantreklike voorkoms en sy ernstige geaardheid nie. Die eerste punt wat hy gemaak het, was dat aangesien Tolkien ’n taalkundige was, het hy oor die oorsprong van woorde begin nadink. Een van die woorde was ‘strawberry’.

Hy het opgewonde vertel hoe hy teruggegaan het om Tolkien se werk te lees en navorsing te doen. “Skielik het die name van plekke of karakters, wat jy as vanselfsprekend aanvaar, meer betekenis gehad as jy besef wat die stamwoord se herkoms is. Dit gee mens ’n beter begrip van taal, want skielik besef jy waar al hierdie woorde wat jy so gereeld gebruik, vandaan kom. Soos die woord ‘strawberry’. Hulle groei die beste op strooi want as die bessies aan die grond raak, word dit nat en vrot. Ek vind dit fassinerend! Ek wil dit nie in ’n gesprek oor die groei van aarbeie laat ontwikkel nie, maar ek is bereid om dit aan te pak! Dan begin ek wonder oor ‘raspberries’…”

Dit is wat my werk so interessant maak. Jy ontdek die eienaardigste goed in mense.

Margaret en Nicholas Hoult. Foto: Magnus Sundholm vir die HFPA.

Dit was vir hom ook duidelik dat Tolkien se vriendskappe die kernverhaal geskep het van ’n groep mense wat geïnspireerd bymekaar gekom het en mekaar gesteun het. Ek het gewonder wat Nicholas en sy eie vriende doen en hy het en nog ’n verrrassende eienskap onthul: ’n liefde vir avontuur.

“Dit behels gewoonlik om ’n vorm van vervoer te kies wat onvanpas is vir die lengte van die afstand van die reis. Laasjaar het ons in Marokko gereis met klein reisfietse. Baie klein, hoor! Regoor die hele Marokko. En die vorige jaar het ons met ’n riksja oor Indië gereis, van die suide na die noorde! Ons probeer avontuurreise kies waar ons na aan die natuur is. En ons probeer ook daarmee geld insamel vir liefdadighede waarvoor ons omgee. Dit is die beste oomblikke vir ons vriendskappe. Dis lekker.”

Margaret en Lily Collins. Foto: Magnus Sundholm vir die HFPA.

Dit bring ons terug na die aanvanklike stelling, “Moeilike paaie lei na pragtige bestemmings”. Ons mag dalk nie die waarheid raaksien as ons in die situasie is nie, maar die krag en moed wat uitdagings bring, vorm ons dikwels. Positief, of negatief. Ons kan kies hoe ons wil reageer.

Kyk na die video-onderhoud met Nicholas Hoult en Lily Collins

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

2 days Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

2 days Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.