Foto’s en teks: Margaret Gardiner
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Sondag. Jy voel dit. Dit is in die lug. Klein ontploffings van opwinding. Die hotel se ingangsportaal wemel van die mense wat gretig is om hul gunsteling-skoonheidskoningin te sien.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }My suster Sandy arriveer. Sy was die eerste een in ons gesin wat in modelwerk en skoonheidswedstryde belang gestel het, en dis danksy haar invloed dat ek uit Suid-Afrika na die internasionale kollig beweeg het. Ek het haar genooi om my gas te wees, aangesien sy onlangs na die noorde getrek het en weer modevertonings en skoonheidswedstryde begin reël het. Sy vra hoe dit gaan en ek haal diep asem. Susterskap. Dis dit. Geen onsekerhede, geen afguns of rugstekery nie; die soort gedrag wat suksesvolle, gebalanseerde, gelukkige mense toon. Dis lekker. Die tyd raak min en ons trek aan en betree die rooi tapyt.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ek het net drie dae gehad om ’n rok te kry tussen my terugkeer na Suid-Afrika in Maart en ses weke van reis. My seun se gradeplegtigheid by sy kollege in Boston het ’n week geneem en daarna was dit die Mej. SA-geselligheid – twee geleenthede wat ek nie wou misloop nie. Ek het dus geen tyd gehad om tussen my reise te rus nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die ontwerper, Oliver Tolentino, wat gewoonlik vir my ’n rok leen vir die Golden Globes, het gereageer op my pleidooie. Ek het ’n dag opsy gesit sodat ons kon kyk wat hy beskikbaar het. Omdat ek so lank en veel groter is as wat mense dink, is dit ’n uitdaging om standaard-rokke van die rak af te haal wat my pas. Ons was albei bly toe hy vir my ’n rok van antieke kant kry. Die romp is ’n bietjie lank, maar ek het ’n paar jaar gelede ’n paar platformskoene gekry wat ek nie wou uitgooi nie en die ekstra hoogte doen die ding. Tussen die gradeplegtigheid en Cannes het ek ’n aandsakkie en ’n paar lang oorbelle aangeskaf. Ek kyk in die spieël. Ek het soveel gedoen as wat ek kan. Dis tyd om die kollig te betree.
Ek was so lank weg en ná veertig jaar het ek nie verwag om herken te word nie, maar mense is vriendelik en vra of hulle foto’s kan neem en onderhoude doen.
Ons gaan in, en ons doen ’n finale oefenlopie. Ek beweeg in Los Angeles en wêreldwyd gereeld tussen rolprentsterre – en laat ek net sê dat Suid-Afrikaanse vroue verruklik is en nie hoef terug te staan vir groot name nie. Suid-Afrikaanse ontwerpers is ook op dieselfde vlak as die rokke wat ek op die rooi tapyte wêreldwyd sien. Ek is so trots op my land en sy mense.
Ek sit tussen Demi, Anneline en Penny. Die vroue is pragtig, vol selfvertroue en stylvol. In ’n advertensiebreuk klop een van die mej. SA’s my op my skouer en sê: “Margaret, jy moet gaan dans.”
In ons repetisies is ek aangepor om te dans – wat ek gedoen het. Sonder om te dink, spring ek op en begin dans op die maat van die musiek en ek moedig die vroue voor my aan om by my aan te sluit. Nee, niemand wil deelneem nie en ek dans en draai in die rondte. ’n Lig gaan aan. O gaats, dink ek, die vertoning het begin en hier is ek my ou self! Ek gaan sit vinnig op my sitplek – en toe breek applous in die ouditorium uit! Ek het vergeet dat daar ’n hele ouditorium vol mense is en het nie gedink enigiemand sal ’n vrou raaksien wat alleen eenkant dans nie!
Die lig wat aangegaan het, was ’n kollig! Rooi gesig. Gelukkig begin die vertoning en die wenner word aangekondig.
Twee pragtige vroue, perfek aangewys vir die onderskeie internasionale rolle. Tamaryn Green, ons nuwe Mej. Suid-Afrika, kan die internasionale titel wen!
Lees ook: Mej. SA 2018
Ná ’n paar foto’s saam met die gehoor gaan ons na die partytjie toe. Die vroue het pret. Ek neem ’n foto van Yolande Kloppers wat ’n foto van Tatum Keshwar en Amy Kleinhans neem. Ek ontmoet Anneline se niggies en neef en ons neem saam foto’s. Penny Coelen vergesel haar man na hul kamer en kom dan terug na die partytjie! Sy is ongelooflik.
Ek, Amy en Demi neem foto’s saam met Melinda Bam – wat die swembroeke verskaf het. Die musiek begin en Anele Mdoda kry die skare op hul voete. Ek en Heather Mostert kyk na mekaar. Ons begin terselfdertyd saam met die menigte gaste dans.
Toe is dit pampoentyd vir my. Dis omtrent middernag en ek het ’n nege uur tydsverandering beleef wat my laat wakker word as ek eintlik moes slaap. Ek moet drie-uur na Kaapstad vertrek en moet nog pak. Penny, my suster en haar kleindogter poseer vir foto’s in die fotoboks en dan is daar ’n finale sessie handtekeninge, foto’s om te neem en ’n wonderlike naweek is uiteindelik verby.
Bly ingeskakel vir my volgende groot avontuur: Barcelona.
Lees ook Dag Een en Dag Twee van Margaret se kuier by Mej. SA.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.