Margaret se Wêreld: Ernstige akteurs en ernstige gesprekke by Cannes Hooffoto: Magnus Sundholm vir die HFPA
Robert Pattinson sit op ’n bank in ’n wit tent op die strand in Cannes.
Dié lang Brit het al op die stel van Harry Potter onder my aandag gekom. Hy was vreemd met ’n skaam vertroue en ’n reguit manier wat Britse selfvertroue uitbeeld. Daarna het hy
wêreldbekend geword as die vampier Edward Cullen in die Twilight-flieks.
Hy het hard daaraan gewerk om die romantiese hoofrol- etiket af te skud, want dit kan “ernstige” akteurs beperk. Hy het uitdagende werk begin kies; kunsprojekte wat dikwels isolasie weerspieël.
Hy was in Cannes om The Lighthouse te bevorder. Dit is ’n donker swart-en-wit rolprent waarin Willem Dafoe skitter. Die twee is treffend, maar veral Willem se vertoning is uitmuntend – ‘n kruising tussen Jack Nicholson in The Shining en Robert Shaw in Jaws. Dit is vol donker, liriese prosa en is eerlik, vreemd en vol fantasie. Dit is ’n riller in ’n nie-tradisionele vorm. Dit gaan oor sielkundige ineenstorting, waarhede, leuens en mag. Min flieks is vars, maar ek het nog nie so ’n fliek gesien nie. Dit het elemente wat dit ’n kultusfliek kan maak.
Robert se bewonderaarslys gaan nog baie langer word, want dit is pas aangekondig dat hy die nuwe Batman is.
Ná ons gesprek oor sommige van die vreemde flieks wat ek in Cannes gesien het, het ek afgesit na die rooi tapyt-geleenthede. Ek moet sê dat Elle Fanning vir my uitgetroon het. Elke uitrusting was pragtig en sy is indrukwekkend op die skerm en op die rooi tapyt.
Lees ook: Margaret se Wêreld: Lewenslesse
Ek het daardie aand nog ’n Kering-byeenkoms bygewoon. Die Women Foundation het die skemerkelkie op die dak van ’n casino aangebied, en die tema was “Vroue en Bondgenote”.
Die bekende sjef Attilio Marrazzo het die spyseniering gedoen. Kering doen ongelooflike dinge om vrouekwessies in die kollig te plaas. Dit was stimulerend om vroue uit alle wêrelddele te ontmoet. Ongelukkig het my gebrekkige Frans en Spaans het my gekortwiek om aan die gesprek deel te neem.
’n Gesprekspunt was Georgia se onlangse Heartbeat-wet. Dit gaan oor die verbod op ’n vrou se reg oor haar eie liggaam. Sy word gedwing om geboorte te gee as daar ’n hartklop is, ongeag of sy verkrag is of die swangerskap haar lewe in gevaar stel. Daar is ’n analogie tussen die huidige debat rondom die beperking op ’n vrou se regte oor haar eie liggaam en die suksesvolle televisieprogram Handmaid’s Tale, wat begin met eenvoudige uitdagings soos ’n vrou se reg om ’n bankrekening hê, te kan werk, en wat uiteindelik tot ’n distopiese wêreld lei.
Stel jou voor dat jy dié gesprek in ‘n vreemde taal probeer voer!
Dis hoekom ek van my werk hou. Ek is blootgestel aan gemotiveerde mense wat vrae stel; nuuskierigheid; ’n ander wêreldbeskouing; verkenning van nuwe idees; dinge wat die brein stimuleer. Mense is fassinerend. Om met diegene buite my sirkel te praat, stimuleer my. Te dikwels lei ’n ander siening deesdae tot ongunstige reaksies. Mense kruip in die donker weg en skiet negatiwiteit in die wêreld in.
Dit was stimulerend om op ’n bewolkte, koue nag in Cannes in die opelug te staan en stemme van regoor die wêreld te hoor.
Hierdie vorm deel van Margaret se Cannes-dagboek. Lees gerus haar plasings oor die vorige dae:
Margaret se Wêreld: Vlugvoosheid en die rooi tapyt by Cannes
Margaret se Wêreld: Vrouwees by die Cannes-fees
Margaret se Wêreld: Dis ’n wonderlike lewe
Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels.