Margaret se Wêreld: Die 30ste Screen Actors Guild-toekennings

Die 30ste Screen Actors Guild (SAG)-toekennings het op 24 Februarie in Los Angeles plaasgevind. Dis moeilik om met al die toekennings kop te hou! By die Globes is dit meestal internasionale joernaliste wat stem, terwyl akteurs by die SAG stem. Hoewel dit teen die Golden Globes, wat aan die begin van die jaar gehou word, redelik voorspelbaar is wie gaan wen, het Netflix steeds met ’n paar verrassings vorendag gekom en vir ’n paar snaakse en emosionele oomblikke gesorg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Margot Robbie (Foto: Jay L. Clendenin/Shutterstock vir SAG)

Soos te verwagte, het Cillian Murphy, Lily Gladstone, Robert Downey Jr en Da’Vine Joy Randolph die toekenning gewen vir hul hoof- of ondersteunende rolvertonings in rolprente. Steven Yeun, Ali Wong (Beef), Edebiri (The Bear) het televisie toekennings vir rolle in komedie en drama ontvang. Die Ensemble-toekennings het aan Oppenheimer, Succession en The Bear gegaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Cillian Murphy (Foto: Screen Actors Guild Awards)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Da’Vine Joy Randolph (Foto: Screen Actors Guild Awards)

Ayo Edebiri (Foto: Screen Actors Guild Awards)

Barbra Streisand is met ’n Prestasie van ’n Leeftyd-toekenning vereer wat deur Jennifer Aniston en Bradley Cooper aan haar oorhandig is. Die gehoor het opgestaan en heelwat van die groot sterre het trane in hul oë gehad. Dit was goed om te sien dat ’n gehoor wat jy sal dink al alles gesien het, duidelik hierdeur geroer is. Die sanglegende was een van die eerste vroue wat as ’n regisseur erken is gedurende ’n tyd toe vroue nie dieselfde geleenthede as mans gehad het nie. Barbra het oor haar lewensreis gepraat en vertel hoe alles vir haar begin het in ’n woonstel saam met haar ma wat die plastiek op die meubels gehou het.

Die hoogtepunte sluit onder meer ’n reünie tussen die hoofrolspelers van The Devil Wears Prada in. Meryl Streep (in Prada geklee), Anne Hathaway (wat ’n hemelsblou Versace-rok gedra het en ons kan aanneem erkenning gee aan een van die vroeër tonele in die fliek) en Emily Blunt (in ’n rooi valrok van Louis Vuitton) het toekennings oorhandig.

Emily Blunt, Meryl Streep and Anne Hathaway (Foto: Todd Williamson/Shutterstock)

Pedro Pascal het vir ’n bietjie van ’n oproering gesorg toe sy naam pleks van iemand vanaf die rolverdeling van Succession geroep is. Dié reeks het al die toekennings tot dusver opgeraap. Hy het na die verhoog gegaan en aangekondig dat hy nie ’n toespraak voorberei het nie en was net besig om die aand te geniet aangesien hy nie verwag het om te wen nie. (Heelwat sterre vermy drank en kos voor hul kategorieë aangekondig word sodat hulle nugter en samehangend kan praat.) Aangesien hy nie gedink het hy het ’n kans om te wen nie het hy gedoen wat die meeste mense sou – hy het die partytjie geniet. So toe sy naam wel geroep is, het hy erken hy is “bietjie dronk” – al het dit gelyk of hy oordryf. Agter die verhoog in die mediakamer het hy erken hy het tequila gedrink, maar dat hy nie eintlik dronk was nie.

Pedro Pascal het die toekenning vir die Beste Manlike Akteur in ‘n Dramareeks vir The Last of Us gewen. (Foto: Christopher Polk/Shutterstock)

Een van die snaakste dele was toe Melissa McCarthy met groot opgewondenheid vir Billie Eilish bewonder het terwyl hulle toekennings oorhandig het. Melissa het vertel dat Billie se ma, die akteursafrigter Maggie Baird, haar afgerig het toe sy swanger was met die sanger. Melissa het gemaak of sy ’n oorgretige bewonderaar is, wat Billie se handtekening vra – eers op haar rok en toe op haar gesig. Billie het haar naam orals oor Melissa se voorkop met ’n permanente merker gemaak – en aangesien Melissa net aanhou praat het, het Billie sagkens haar hand oor die akteur se mond gesit.

Uitstekende komiese tydsberekening. Billie het ook verklap dat sy amper klaar is met haar volgende album.

Die snaakse oomblik tussen Billie Eilish en Melissa McCarthy. (Foto: Christopher Polk/Shutterstock)

Aangesien die vertoning regstreeks op Netflix gewys is – en jy dit steeds daar kan kyk – was daar heelwat vloekwoorde gebruik. ’n Paar uitblinkers wanneer dit by mode kom, was Ali Wong in ’n pragtige Iris van Herpen-rok wat netsowel bewegende kuns kon gewees het. Bree Larson was in Versace geklee; Elizabeth Debecki in ’n ligblou Armani-rok wat met Swarovski’s versier is; Ayo Edebiri in ’n geruite Luar; terwyl Selena Gomez gewaagd gelyk het in ’n pasgemaakte wit Versace.

Ali Wong (Foto: David Fisher/Shutterstock vir SAG)

Brie Larson (Foto: David Fisher/Shutterstock vir SAG)

Elizabeth Debicki (Foto: Screen Actors Guild Awards)

Die vernaamste onder die mans was: Ryan Gosling in ligblou Gucci met wit besonderhede op die kraag. Colman Domingo in witpienk en Cillian Murphy wat ’n geknoopte das in die nek gedoen het. Die beste modebykomstighede was Hannah Waddingham se palmhandsakkie wat haar dogter uit karton vir haar gemaak het en waarmee die Ted Lasso-ster op die rooitapyt mee gepronk het.

Colman Domingo (Foto: David Fisher/Shutterstock vir SAG)

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons oor haar interessante en besige lewe vertel. Jy kan haar ook volg op Instagram, Facebook, X en YouTube waar sy met bekendes gesels.

Lees ook: Die mooi en die lelik van ‘FX’s Feud: Capote vs The Swans’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hoe om ’n trae kind te motiveer

Menige ouer gooi hande in die lug oor ’n kind wat nie wil leer nie,…

3 days Gelede

8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk

Breinoefeninge is net so deel van goeie gesondheid as om jou lyf te oefen. Gelukkig…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jana Kruger oor ‘Een keer om die son’ se komplekse Lani

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 days Gelede

Karlien gaan saam met dogter terug in tyd in nuwe enkelsnit & musiekvideo

Karlien van Jaarsveld het pas haar nuwe enkelsnit, Katrientjie Katryn, uitgereik, waarin sy ’n diepgaande…

3 days Gelede

Winter is die beste tyd om te snoei!

Winter is die beste tyd om struike te snoei aangesien dit die russeisoen is, en…

4 days Gelede

Diepe Waters-akteurs bederf kinders op Mandela-dag

Op 18 Julie word daar regoor Suid-Afrika Mandela dag gevier, met Suid-Afrikaners wat 67-minute van…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.