Deur Margaret Gardiner
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }My kollegas vlieg deur die dag op verskeie vlugte na New York. Ek het die vroegste vlug uit Swede gekies sodat ek die dag kan benut en in die nuwe tydsone kan akklimatiseer. Daar is ’n tydverskil van vyf uur tussen New York en Swede en drie uur met Los Angeles.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Om in die sonskyn te stap help my om wakker en helder te wees vir my onderhoude die volgende dag. Ek het ’n TV-onderhoud vir my Youtube-kanaal, ‘n projek wat ek afgeskeep het, en ek hanteer die onderhoude vir die talent van die HFPA (Hollywood Foreign Press Association). Ek het die samewerking van my brein nodig.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Dit is amper tienuur teen die tyd dat ons deur doeane is en die reis van Newark, New Jersey, na New York aanpak. My maag vra kos en ek boek by ’n hotel in op soek na iets om te eet.
Ek eet ’n proteïenstafie wat ek van die huis af gebring het vir sulke okkasies. Ek eet ook ’n piesang, drink ’n bottel water, borsel my tande en smeer sonbrandroom aan. Reg vir die buitelug. Ek vra die concierge watter toeriste-aantreklikhede hy vir die middedorp van Manhattan aanbeveel. Ek het die Empire State-gebou, wat net enkele blokke ver is, al te veel kere besoek. Ek soek vars bloed. As moderedakteur van die Golden Globes hou ek daarvan om in te loer by die ontwerper-klerewinkels om my ’n aanvoeling te gee van wat aangaan. Die concierge gee my ’n lys plekke. Ek betree die besige strate van die stad en voor ek my kan kry, neem ek die Empire State- gebou van verskeie hoeke af. Dit is tydloos.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Ek het in New York gewoon toe ek op 18 as Mej. Heelal in Amerika beland het. Herinneringe vloei deur my toe ek ooswaarts beweeg na die rivier om die Dover Street-mark, die eerste aanbeveling op die lys, te besigtig. Dit is gesluit, maar die vrou wat die “Gesluit”-tekens aanbring, verseker my dit is ’n “moet-sien”. Hulle is besig om die inhoud te verander vir die opkomende seisoen van die topontwerpers en ek moet die volgende week terugkeer. Ja, maar ek is in LA die volgende week. Daarom kyk ek maar na die tweede ding op my lysie: Die Museum vir Seks.
Hmmm. Nie regtig my ding nie. Ek besluit om verby te hou en die kleredistrik te besoek. Ek bevind my later tussen ’n groep mense. Desperaat kyk ek waar presies ek my bevind, en besef ek is letterlik reg voor die Museum vir Seks.
Ek huiwer. Die concierge het ’n uitstalling genaamd NSFW- The Female Gaze wat tans te sien is. (NSFW staan vir “Not Suitable For Work.“) Met my fokus op vroulike kwessies in die werkplek dink ek ek moet dit dalk bywoon om te sien of ek iets kan leer.
As dit gaan oor die “female gaze” of die“vroulike staar”, sal hulle uitwei of ’n mens afgedank word aangesien jy nie meer geskik is vir werk ná seksuele teistering nie?
Dit klink interessant en anders. Ek gaan in, doen navraag oor die uitstalling en moet verby die eerste vloer stap om daar te kom.
Dit is duidelik dat hierdie die Museum vir Seks is. Alles wat uitgestal word, gaan daaroor, maar die besoekers lyk na normale museumbesoekers. Daar is nie sluwe mans in reënjasse nie. Daar is ’n paar kunsfoto’s, maar die meeste is eksplisiete seks.
Ek draai om en kies koers na die NSFW. Wel ja, kom ons sê net dit is nie ’n politieke verklaring oor vroue wat nie ernstig opgeneem word in die werkplek nie. Ja! Sjoe! Ek glo die meeste lesers sou aanstoot geneem het as hulle dit moes sien.
Dit is maar deel van die ding as jy op ’n avontuur gaan. Soms beland jy by ’n plek waar jy nooit wou wees nie …
Ek skiet vinnig uit die gebou en sien die Flatiron Building, daardie bekende driehoekige gebou. Die museum het my ’n behoefte gegee om buite te wees en om vars lug en sonskyn te ervaar.
Ek verander weer my planne en besluit ’n bietjie tyd buite sal my goed doen voor ek na die kleredistrik gaan op my roete terug na die hotel.
Voor ek by die gebou kom, word ek deur ‘n groen hawe en die klank van jazz verlei. Madison Park is vol gesinne, kinderoppassers met kinders wat in die spuitende water probeer afkoel.
Ek onthou dat my seun kleintyd ook daarvan gehou het om waterspeletjies te speel. Daar is pragtige geboue rondom die park. Wolkekrabbers met glasomhulsels wat die wolke in die lug weerkaats.
’n Jazzorkes speel en daar is verskeie standbeelde. Loer op my instagram-blad vir die video.
Nou is dit tyd om na die kleredistrik te gaan. Ek kies koers daarheen, maar my lyf, wat reeds drie-uur die oggend in Swede wakker geword het, is moeg en ek draai om om terug te gaan na die hotel.
Dit is 16:30 en ek lê in die langste bad ooit. Ek is sowat 1,82 m, wat beteken my voete gewoonlik oor die bad se rand hang. Maar nie hierdie een nie. Ek is so beïndruk dat ek dit dokumenteer. My tone kan skaars die punt van die bad raak. Ek geniet die luukse, lê soos ’n walrus en spoel die ervarings van die afgelope paar dae van my lyf af.
Ek kan ure lank daar lê, maar ek dwing my om in my tas na iets geskiks te soek om aan te trek. (Die tas moes my die afgelope vyf dae vir verskeie okkasies uithelp.) Ek besluit op ’n swart romp en styfpassende net-T-hemp. Omdat ek geneig is om spontaan op ’n avontuur te gaan, het ek net funksionele skoene ingepak. Ek het Romeinse wighaksandale met twee duim-hakke, maar dis nie wat ek in Los Angeles sal dra nie. Ek voel of ek te eenvoudig aangetrek is en dra Lula Mena se eko-vriendelike halssnoer daarby. Dit bemagtig vroue deur tradisionele handgemaakte tegnieke en kralewerk in produkte te gebruik.
Die halssnoer lig my uitrusting dadelik ‘n kerf hoër. Ek soek na ’n handsak wat ek oorkruis oor my lyf kan dra waarin ek my foon kan sit waarmee ek foto’s neem. Ek sit ook ’n pen, sonblok vir my spontane avonture en my kredietkaarte waarmee ek vir al my avonture kan betaal daarin. Ek gryp my notaboek en kies koers na Ai Fiori, ’n Michelin-ster restaurant wat deur sjef Michael White bestuur word.
Die ambience is gedemp in die tradisionele New Yorkse styl. Donker hout, wit linne, subtiele takkies bamboes in vase teen die mure, die strate van New York sigbaar, maar nie hoorbaar deur die vensters onder ons nie. Carlos kom neem my bestelling. Ek bestel ’n wit Chardonnay. Ek vra Carlos se mening oor ’n gereg wat my oë en my smaak plesier sal verskaf. Een glas wyn, verseker ek hom, ek wil nie al my spaargeld opgebruik nie. Hy sê hy gaan vir my ’n Atlantiese heilbot (halibut) bring. Dit is nie my gunstelinggereg nie, maar ek weet dit is vullend. Ná ek van my middagavontuur gekom het, het ek my gewone versnapering gehad: twee hande vol neute, vrugte en water. Minder as twee uur later is ek honger. Ek neem alles om my in. ’n Broodskinkbord kom verby met ’n verskeidenheid snye brood met krakerige korsies. Olyfolie of botter met roosmarynsout. Elke happie ’n stukkie hemel. Die wyn kom. Die Sancerre is baie meer gesofistikeerd as dit wat ek bestel het: Sitrusgeure ontplof op my tong met romerige kompleksiteit.
Volgende arriveer aspersiepuree, ’n verskeidenheid gemengde groente, espelette croutons, burrata kaas, crastoni met kaviaar – nie eintlik ’n slak nie, maar lyk soos een, en hy is heerlik.
Die heilbot is in botter geposjeer en het ’n fyn gekaramelliseerde smaak. Die vis word bedien met koes-koes met tamatie-confit, morelsampioene en wasbone bedek met murgpampoentjielinte. Ek het ’n goeie aptyt, maar die maaltyd is groot en ek kan nie die helfte opeet nie. Ek rus met slukkies wyn toe nagereg aanbeveel word.
Die kelner kom vra of ek van sjokolade hou. Ek is ’n sjokoladeverslaafde en is nie eens skaam om dit te erken nie.
Hy beskryf die sjokolademousse, haselneutpraline, wit espresso-gelatto en ’n eetbare blom van wit sjokolade. Ja! Ek sal dit neem. Dit is visueel so mooi jy wil nie daaraan raak nie. Maar dit is ’n leuen. Ek wil dit dadelik proe!
’n Halfuur later is ek terug op straat. Ek het aangedoen by die Refinery Rooftop om die hoek van 5th Avenue tot by 38th Street en ek het per ongeluk my eie “Manhattanhenge” vasgevang. Dit is wanneer die sakkende son perfek in lyn is met die Manhattan- silhoeët wat soos ’n ronde bal tussen die wolkekrabbers sink. Die gesig is asemrowend en dit gebeur net op 12 Julie om 8:20 nm. Die presiese tyd toe ek wes gedraai het.
Ek woon ’n private geselligheid vir vroue by, hoofsaaklik prokureurs wat skuldfinansiering herstruktureer, daarna kies ek koers na Zuma, ’n chi-chi restaurant op Madison Avenue.
Jy klim met trappe op tot by die kroeg, verby die singende restaurant. Pienk en room blomme hang van die plafon af en skep die atmosfeer van ’n Japanse tuin in die lente.
Die kliënte bestaan uit jong mans en meisies wat op romantiese afsprake is. As jy die kroegman vra vir hul kenmerkende drankie, kry jy ’n konkoksie van yuzu, heuning, gemmer en Japanse whisky. Kyk, ek drink dit nie gewoonlik nie, maar ek stem in. Hy plaas ’n lang houtplank voor my vanaf die vat wat ek glo die whisky bevat, maar hy het dalk gesê yuzu of ’n Macallan- sjerrie.
Wat ook al in die hout gehuisves is, dit is gevlam en die rook word in die onderstebo brandewynglas vasgevang voor dit gevul word met kroegman Sam Ross se bekende melk-en-heuning drankie. ’n Slukkie laat jou voel jy is in die woud en maak jou voor ’n knetterende vuurtjie warm. Die ondertone is diep en die mengsel perfek.
Dit is die soort drankie wat jy op ’n koue aand kan geniet en wat jou laat voel jy wil aan diep, filosofiese gesprekke deelneem.
Maar ek probeer seker maak dat ek nie om drie-uur wakker word nie en ek verlaat die kroeg in die middedorp en kies koers na Time Square. Dit is om en by tienuur die aand en ek stap verby Bryant Park. Dit is steeds vol mense. Mense speel skaak, ’n restaurant se deure is oop en hulle bedien gaste. Die geboue rondom is soos standbeelde verlig. Ek geniet die atmosfeer, dit voel goed om te sit. Ek kom agter ek lyk effe gehawend as ’n foto geneem word. Dit is my realiteit. Ek kan my nie voordoen wat ek nie is nie.
My dag het drie-uur die oggend in Swede begin en ek is steeds aan die gang. Ek is op pad na Time Square.
Dit is besig. Jy sukkel om te beweeg – daar is so baie mense! Ek sukkel tot by die middel en neem ’n vinnige video. Daarna kies ek koers na die Empire State en daarna terug na my hotel.
Op my roete kry ek die haweloses wat begin gereedmaak vir die nag. Hulle is oral. Ek bereik die Empire State en daarna kies ek koers na my hotel.
Daar wag ’n koekie vir my op my bed. Ek was en klim in die bed. Slaap kom maklik. More is Mila Kunis, Sam Heughan van Outlander-faam, Kate McKinnon van Saturday Night Live en Katherine Heigl.
Lees ook: Margaret in Swede Dag 1
Dag 3: Totsiens Swede, Hallo New York!
Volg Margaret gerus op facebook en Instagram om op hoogte te bly met haar glansryke lewe.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.