Margaret se Wêreld: 2018 in oënskou

Margaret se Wêreld: 2018 in oënskou. Hooffoto: Kimo Lauer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek is nie iemand wat gereeld terugkyk nie. Ek leer uit my verlede, ja. Ek probeer om lesse uit vorige ervarings te leer, maar ek leef meer “in die oomblik” en ek dink vorentoe eerder as terug. So dit is effe ongewoon van my om ’n jaar in oënskou te neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2018 was ’n jaar propvol groot oomblikke. Dit het begin met Demi-Leigh Nel-Peters wat Mej. Heelal gewen het. Dit het my sommer spontaan geïnspireer om die eerste Mej. Heelal van Suid-Afrika in 40 jaar haar jaar op ’n hoë noot te laat begin deur haar te nooi as my persoonlike gas vir die Golden Globes. Dit was ’n reuse-onderneming want ons moes eintlik al ons gaste se name in Desember deurgegee het. Mej. Heelal kon eers haar deelname aan hierdie geleentheid enkele dae voor die Globes wat vroeg Januarie plaasvind, bevestig.

Lees ook: Margaret se onderhoud met Demi-Leigh

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Elke persoon word deur die sekuriteitspersoneel ondersoek. Daar word ’n deeglike agtergrondondersoek gedoen en dan moet daar kaartjies vir hul eie en hul motors se toegang gereël word saam met die toestemming om op die rooi tapyt te kan loop. Ek werk gewoonlik op die rooi tapyt, so om ’n spesiale gas vir hierdie geleentheid te hê beteken ek moes op twee plekke tegelyk wees.

Ek het Demi gegroet en ek het haar deur die sekuriteit begelei en toe het ek haar aan die pers voorgestel. Daarna het ek probeer om haar aan soveel publisiteit moontlik bloot te stel by die partytjies na die geleentheid. Ek was só beïndruk met haar. Sy’s warm, beeldskoon en dink op haar voete. Sy het ’n indruk op almal gemaak tydens haar onderhoude en ek kon duidelik sien waarom sy gewen het. Ek het geweet sy sal ’n wonderlike Mej. Heelal vir Suid-Afrika wees.

My lewe beweeg teen ’n snelle pas, maar toe my man, André, noem dat Stellenbosch Universiteit hom tydens hul eeufees sou vereer met ’n eredoktorsgraad het ek dadelik voorgestel dat ek hom na die geleentheid vergesel. Ons reis albei gereeld op ons eie, maar ’n reis Suid-Afrika toe wat só belangrik is, was iets wat ek nie kon misloop nie. rooi rose het aangebied om ’n fotosessie met my te hou en ek het gedink dat ’n gesamentlike modefotosessie met Rolene Strauss iets spesiaals vir Suid-Afrika sou wees. Rolene het die Mej. Wêreld titel ingepalm en ek het haar nog nooit vantevore ontmoet nie. Ek het met haar kontak gemaak en sy het ingestem. Ek was só opgewonde! Die fotosessie was heerlik en ons het dadelik oor die weg gekom. Sonder twyfel is sy een van die heel mooiste mense wat ek al ontmoet het.

Ná ’n heerlike tyd in Stellenbosch het ek en André in en rondom Kaapstad gery en ek het van voor af weer verlief geraak op die Kaap – asof ek nie vantevore was nie!

Suzette van der Merwe het my uitgenooi om die semi-finale rondte van die Mej Suid-Afrika-kompetisie in Kaapstad by te woon. Ek kon al die deelnemers ontmoet en ek was beïndruk met die vroue wat aan hierdie skoonheidskompetisie deelneem. Die meeste van hulle het reeds grade of is besig om hul grade te kry.

Na ons terugkeer na LA het ek ’n draai in New York gaan maak en weer saam met Demi gekuier – net twee Suid-Afrikaners wat ’n vinnige foto neem, en daarna is ek weer terug LA toe vir ’n onderhoud met Charlize Theron. Van my kollegas het vir my gevra om vir hulle ’n televisieonderhoud te voer en hierdie onderhoud het van die hoogste kyksyfers nog gekry vir hul stasie! Dit was ’n snaakse onderhoud wat Suid-Afrikaners se droë sin vir humor perfek vasvang. Dis beslis een van my gunsteling-onderhoude. Dit was agt maande gelede. Ek het pas ’n YouTube-kanaal begin en hierdie was my heel eerste plasing. Dit is een van die onderhoude waarop ek die trotsste is. Persoonlike stories is gedeel en Charlize was warm en snaaks. Die hele gesprek was lig en insiggewend.

Lees ook: Margaret gesels met Charlize

Margaret se Wêreld: ’n Besige blitsbesoek aan New York

Volgende was ’n fotosessie met Kimo Lauer (@kimolauer) wat baie van die voormalige skoonheidskoninginne fotografeer (hy het die hooffoto geneem). Ek voel gewoonlik ongemaklik om afgeneem te word, maar sosiale media is deesdae deel van joernalistiek en ek is aangeraai om meer foto’s van myself te kry. Ek word daagliks afgeneem saam met bekendes wanneer ek onderhoude met hulle voer, maar hierdie was meer ’n modefotosessie. Ek was so aangemoedig deur my ervaring met rooi rose en die foto’s wat geneem is, en ek het dus die fotosessie gereël. Lauer het ’n wonderlike haarstilis en grimeerkunstenaar gekry (@brigettepaintsfaces) en ek moet sê dat ek mal was oor hoe hierdie foto’s uitgekom het.

Teen hierdie tyd was dit April en my seun het graad gevang. Ons gesin het ’n wonderlike week in Boston deurgebring met die bome in volle fleur. Ons het geëet, gekuier en my seun se nuwe lewensfase gevier.

Toe is dit terug huis toe om onderhoude met Candice Bergen, Diane Keaton en Jane Fonda te voer vir die film Book Club. (Ek het vroeër in ’n bloginskrywing ’n foto geplaas van my na slegs drie ure se slaap op die vlug en sonder grimering langs die pragtige Jane Fonda). Die film handel oor vier ouer vroue wat weer liefde vind. Dis ’n verrassende goeie film en ek glo dat vroue veral dit sal geniet. As jy die fliek in die hande kan kry, laat my weet wat jy daarvan dink! Dis lig en vermaaklik.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Ons het almal bad hair days

Drie dae later was ek weer op ’n vliegtuig op pad na die Cannes Filmfees toe waar een van die hoogtepunte die rymkletser 50 Cent was by die bekende Hotel du Cap (gaan soek video’s daarvan op my instagram-rekening). Ek kon ook die wêreldpremière van die nuutste Star Wars-film bywoon én ek het toestemming gekry om onderhoude met die sterre te hê.

Lees ook Margaret se Cannes-dagboek: Dag 1; Dag 2; Dag 3; Dag 4; Dag 5; Dag 6; Dag 7.

Lees ook: Margaret se onderhoud met John David Washington

Hierna het ek teruggevlieg LA toe vir slegs 2 dae en toe spring ek weer op ’n vliegtuig al die pad Pretoria toe. Ek was ’n gas van Cell C by die 40ste herdenking van Mej. SA. Dit was vir my ’n groot geleentheid. Ek was in die verlede uitgesluit en selfs nie eens genoem by vorige Mej. Suid-Afrika byeenkomste nie omdat ek indertyd gekies het om eerder deel te neem aan Mej. RSA – die eerste veelrassige skoonheidkompetisie – in stede van die Mej. Suid-Afrika-kompetisie wat op daardie punt steeds apart gehou is.

Suzette van der Merwe van Cell-C het ’n instrumentele rol gespeel in die proses om my uit te nooi, en ek is so dankbaar vir haar moeite. Sy het saam met die Mej SA-borge gewerk en hulle het my Suid-Afrika toe gevlieg.

Vir die eerste keer in dekades kon ek die deelnemers en wenners van onlangse jare ontmoet. Dit was ’n warm en wonderlike tyd vir my en ek was ontsettend emosioneel. Penny Coelen-Rey, Anneline Kriel-Bacon en ek is spesiaal voorgestel saam met Rolene en Demi – wat ook teruggevlieg is vir hierdie geleentheid. Dit was drie dae van susterskap en boonop het ons ongelooflike Tamaryn Green gewen. Ek het dadelik die potensiaal in haar raakgesien om met ’n internasionale kroon weg te stap.

Lees meer oor Margaret se ervaring by Mej. SA: Dag 1; Dag 2; Dag 3

Die volgende groot hoogtepunt was toe ek San Francisco toe is om die Bokke se sewesspan te gaan ondersteun. Ons manne het derde plek behaal en dit was heerlik om weer Suid-Afrikaners in die groen-en-goud teë te kom terwyl almal skree: “Bokke! Bokke! Bokke!”

Oukei, oukei, dit was dalk net ek wat dit geskree het, maar oe! was dit nou spesiaal!

Lees Margaret se San Francisco-dagboek: Dag 1; Dag 2; Dag 3

Kort daarna het ek die geleentheid gekry om die Miss Filipina-skoonheidskompetisie te beoordeel in Los Angeles. Ek het die Escada modeskou in LA bygewoon en toe, heel onverwags, het ek die skoknuus ontvang dat ek ’n biopsie moes ondergaan vir wat vermoed is neuskanker kon wees. Dit was net voor die HFPA-borgskapgeleentheid waar meer as ’n miljoen dollars vir liefdadigheid toegeken word deur die Golden Globes-organisasie. Ek het met die fotograaf saamgespan om ’n spesiale galery van sterre saam te stel. Charlize was een van die sterre in die galery. Op die ingewing van die oomblik het ek aan haar genoem dat ek ’n biopsie moes ondergaan en sy was so ondersteunend. Sy het my gerusgestel en gesê dat sy baie mense ken wat soortgelyke skoknuus ontvang het – en wat op die ou einde met goeie nuus weggestap het.

Lees ook: Margaret se ope brief aan rooi rose-lesers oor die kankergewas

Lees ook: Margaret se Wêreld: Wees trots op Suid-Afrikaners

Die volgende dag is ek in vir my biopsie. Die snyplek was groter en dieper as wat ons verwag het dit sou wees. Binne enkele dae was die resultate terug: Dit was ’n aggressiewe basale selkarsinoom. Ek moes onmiddelik geopereer word.

Ek het New York toe gevlieg vir ’n televisie-onderhoud met Blake Lively met die wete in my agterkop dat ek sou huis toe kom vir ’n operasie. Die letsel van die biopsie was boonop sigbaar en ek moes dit noodgedwonge wegsteek met grimering. Dit was die eerste keer wat ek met vreemdelinge moes praat oor dit wat met my sou gebeur. Ek was effe geskok om later myself in die onderhoud te sien, want ek lag en maak grappies, maar aan die binnekant was ek so verskriklik bang.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Biopsies en New York

Margaret se Wêreld: Die operasie

Margaret se Wêreld: Die Emmys en HBO-partytjie

Ek het teruggekeer LA toe. Ek het my verjaardag gevier en twee dae later is daar 7 mm uit my neus uitgesny, wat dadelik toegewerk is met ’n flappie deur ’n plastiese chirurg. Teen hierdie tyd weet almal hoe gelukkig ek was met die suksesvolle operasie.

Tien dae later het ek Toronto toe gevlieg om ’n onderhoud met Bradley Cooper te voer vir rooi rose, en met Julia Roberts vir ’n ander kliënt. Ek het net weer terug ingespring en begin werk, asof daar geen breek tussenin was nie.

Daarna het ek na ’n rits stede toe gereis – Londen, Barcelona, Swede, Cape Canaveral en natuurlik ook New York – teen ’n wilde, wakker en plesierige pas.

Lees Margaret se reis-dagboeke:

Barcelona: Dag 1; dag 2;

Swede: Dag 1; dag 2; dag 3; New York: Dag 4; Dag 5

Margaret se onderhoud met Sam Heughan

Margaret se Cape Canaveral-dagboek

Reis na Boedapest

Maar teen die einde van die jaar het ek ’n wit kolletjie op my neus opgemerk waar die oorspronklike kankergewas was. Dit het dieselfde patroon van groei en kleiner word gevolg – nes die oorspronklike gewas gemaak het. Ek het reeds ’n draai by my plastiese chirurg gemaak, so bekommerd was ek. Die eerste keer toe ek met kanker gediagnoseer is, het die biopsie skoon uitgekom en kort daarna moes hulle ’n vyfduim gat uit my borskas sny. Ek was dus bekommerd.

Die plastiese chirurg het gesê dat dit na alle waarskynlikheid net ’n stekie was wat met tyd sou oplos.

Teen Desember het dit nog nie opgelos nie.

Ek is terug dermatoloog toe kort voor Kersfees – dis die dermatoloog wat die oorspronklike operasie gedoen het. Ek het dieselfde versekering van haar af verwag as wat ek van die plastiese chirurg gekry het. Maar in plaas daarvan het sy nog ’n biopsie laat doen. Dadelik. Dit was 20 Desember.

Vir meer as 10 dae het ek in spanning gewag en uiteindelik, net toe ek hierdie inskrywing geplaas het, het ek gehoor dat die resultate van die biopsie skoon was! Die gewas is nie kwaadaardig nie!

In die tydperk tussenin – voor ek uitgevind het – het ek maar nes almal Kersfees en die nuwe jaar gevier, maar die bewustheid van dit wat dalk sou kon gebeur was heeltyd by my – diep weggesteek. Die een positiewe ding wat ek gevoel het, was dat ek elke keer dadelik ’n oproep van die dokters gekry het as hulle geweet het dit was kanker. Die feit dat ek vir so lank niks gehoor het nie was gerusstellend. En toe kom die goeie nuus.

Die afgelope jaar was propvol gebeurtenisse. Tans fokus ek op die Golden Globes wat op die sesde Januarie plaasvind. Ek bied op die derde Januarie ’n geleentheid aan oor selfversorging vir beїnvloeders. Die paneel sal die Golden Globes-ambassadeur Isan Elba, Idris Elba se dogter, insluit, wat ook op die toekenningsaand van die Golden Globes-toekennings sal help uitdeel.

Die jaar strek voor my uit. Wie weet wat dit sal bring? Maar die lewe is wonderlik en ek omhels die pad vorentoe.

Lees ook: Margaret se Wêreld: My oggendroetine

Margaret se Wêreld: Ons het almal sulke dae …

Margaret se Wêreld: Die mooiste vrou in die wêreld – en ek

Margaret se Wêreld: Omhels wie jy is

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

18 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

18 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

19 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

19 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

22 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.