Margaret in Venesië: “That’s a wrap!”

“That’s a wrap!” deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“That’s a wrap!”

Venesië is mal.

Jy kan dit so freneties óf rustig aanpak soos wat jy wil. Jy kan rondlê op die strand of in die flieks, óf jy kan bekendes ontmoet en premières of glansfunksies bywoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Raai watter opsie het ek gekies?

Lees ook: Margaret maak ’n draai in Venesië

“That’s a wrap!” – Kyk, dis Penelope Cruz!

Ek weet ek woon in Los Angeles waar ek daagliks skouers skuur met rolprentsterre, maar daar is iets spesiaal daaraan om by die Excelsior Hotel se kaai vas te meer in ‘n vaartbelynde boot …

Veral as jy uitvind Penélope Cruz het net ‘n paar minute voor jou gearriveer.

Haar mense vorm ‘n kordon van veiligheid om haar, en die res sak op haar toe om die oomblik op film vas te lê. Kyk gerus na my amusante foto – die paparazzi heel voor, die nuuskierige omstanders en ek wat die oomblik op kamera vasvang.

Dan stap sy onder die afdak uit om die aanhangers te kom groet wat staan en wag vir ‘n bietjie aandag. Maar dis beperk tot diegene wat spesiale toegang het.

Lees ook: Die aanvallige Adam Driver!

Lily Rose Depp arriveer

Om toegang tot die hotel te verkry moet mens deur ‘n spesiale tonnel loop. Bokant dit is ‘n straat wat oop is vir die publiek. Die muur van die brug is byna onsigbaar agter ‘n skare wat deur die dag daar rondstaan om foto’s te neem wanneer ‘n ster aankom of vertrek.

Ek het daagliks hierdie skare op die brug gesien wanneer ek by die Excelsior Hotel uitgestap kom, en uiteindelik gestop om te vra wat hulle daar doen.

Toe vertel hulle dat hulle daar bly staan in die hoop dat hulle glansmense kan afneem wanneer hulle daar aanland of daarvandaan vertrek. Ek het by hulle aangesluit net om te sien wat hulle sien, en so gesien hoe Lily-Rose Depp aankom.

Lees ook: Margaret in Venesië dag 2

’n Ganse skare staan en toekyk hoe Lily Rose aankom!

Ek moes deur die skare beur om by Meryl Streep uit te kom.

Sy is hier om haar nuwe fliek, The Laundromat, te bemark. Die fliek se openingstoneel – van ‘n boot vol toeriste wat omslaan met heelwat mense wat verdrink – lyk baie soos ‘n tragedie wat ‘n paar dae later in Kalifornië afspeel. Mens kan maar net wonder hoe dit die bemarking van die rolprent gaan raak. Dis bisar dat iets wat soveel maande gelede verfilm is, vrygestel word op byna die presiese tyd van ‘n soortgelyke tragedie.

Hoe aaklig vir die familielede wat geliefdes verloor het! Dit gaan ongetwyfeld veroorsaak dat die fliek se bemarking aangeskuif gaan word tot heelwat later in die toekenningseisoen.

Lees ook: Die rooi tapyt in Venesië

“That’s a wrap!”

Dis ongelooflik warm in Venesië met muskiete wat op ‘n mens afduik soos bomwerpers.

Elke dag stap ek verby ‘n roomys-stalletjie met die ongelooflikste verskeidenheid.

Vandag kan ek myself nie langer bedwing nie, en ek kies Liquorice Amerelli. Ek kan dit beskryf as ‘n “nou-kan-ek-gelukkig-doodgaan” smaak.

“That’s a wrap!”

Ek loop na die ander kant van die eiland en gaan kyk na die bote wat rondvaar terwyl ek elke lek aan my roomys geniet. Ek oorweeg dit om dadelik nog een te gaan koop, maar ek moet ‘n televisie-onderhoud doen vir my YouTube-kanaal. Skryf gerus in vir uitsendings – dis gratis.

Ek doen een van die snaaksste onderhoude wat ek nog ooit gedoen het met ‘n Australiese akteur en medeskrywer wat ook te sien is in The King. Ons praat oor hoe om koffie uit ‘n snor te kry – wel, uit syne, nie myne nie – en hy gee my ‘n les in die skep en hantering van konflik wat hom senuweeagtig maak en my laat dreig om te loop, maar nie regtig nie.

Hy is ook die eerste ster wat toegee dat dit totaal onregverdig is dat rolprentsterre, wat reeds miljoene het, goed wat hulle nie nodig het nie en kan bekostig om self te koop, gratis kry.

Dit terwyl die res van ons wat dit regtig nodig het, ons rieme dun moet sny en spaar om dit te kan koop. Ons sluit die speelse gesprek af met ‘n ernstige gesprek oor die korrupsie van mag.

Terloops, ek moet noem dat ek in die onderhoud ‘n Suid-Afrikaanse ontwerper se klere dra.

Veronica Wilson – ‘n voormalige Mej. SA – se dogter is ‘n ontwerper wat Karu, ‘n eenvoudige dog gesofistikeerde reeks katoenklere, ontwerp het. Dis die perfekte uitrusting vir Venesië se  aanhoudende hitte.

Hierdie bloes kan by jeans gedra word vir ‘n splinternuwe voorkoms, en ek het later op my reis ‘n T-hemp by die romp gedra. Dis altyd heerlik om ‘n Suid-Afrikaanse produk te dra en ons land met trots te bemark.

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

39 mins Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

1 hour Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

3 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

4 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

6 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.