Margaret gesels met Kristen Stewart en Elizabeth Banks van Charlie’s Angels

Margaret gesels met Kristen Stewart en Elizabeth Banks van Charlie’s Angels deur Margaret Gardiner. Foto’s: Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Margaret gesels met Kristen Stewart en Elizabeth Banks van Charlie’s Angels

Margaret gesels met Kristen Stewart en Elizabeth Banks van Charlie’s Angels

Kristen Stewart laat haar nie sommer definieer nie. Net sodra jy dink sy is een ding op die silwerdoek, verras sy jou opnuut.

Die laaste paar jaar was Kristen te sien in uitdagende kunsflieks, en dit is ‘n fees om haar te sien in Charlie’s Angels. Die openingstoneel van die fliek wys Kristen in volle sekskatjie-mondering met lang, blonde hare, geklee in ‘n klein rokkie, besig om ‘n man te verlei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Margaret gesels met Robert Pattinson oor boelies en vergiffenis

Behalwe natuurlik dat hierdie Kristen Stewart is …

Sy vang dinge met haar lyf aan wat ons haar nog nooit sien doen het nie, flankeer verskriklik, sê dinge wat baie verleidelik klink – maar luister fyn, want daar is ‘n subteks. Dis baie snaaks, en laat mens besef dat sy ‘n totaal ander loopbaan kon gehad het as sy wou – sy kon haar voorkoms gebruik het, maar sy het nie.

Haar komiese tydsberekening is in die kol, en sy doen akrobatiese bewegings soos ‘n regte aksiester – en dans soos ‘n pro! Ons het haar beslis nog nooit soos hierdie gesien nie!

Margaret gesels met Kristen Stewart en Elizabeth Banks van Charlie’s Angels

Lees ook: Wanneer jy dink jy gaan oor Ford vs Ferrari praat, maar dan kry jy ’n paar onverwagse lewenslesse

Ons het in New York ontmoet vir ‘n TV-onderhoud waarin sy praat oor die dinge waaroor vroue nooit dink nie. Soos hoe hoë hakke ons beweeglikheid beïnvloed, en hoekom sy hare uitgeskop het tydens gevegstonele. In die lig van die openingstoneel van Charlie’s Angels, en hoe die ou haar duidelik onderskat, het ek haar uitgevra oor die snaaksste pick up lines wat mans al op haar probeer het.

En toe verklap sy dat niemand ooit by haar aanlê het nie! Dis moeilik om te glo, maar sy verduidelik hoekom in hierdie onderhoud:

Lees ook: Michael Douglas oor The Kominsky Method en oud word

Toe die kamera ophou rol, het ons gepraat oor haar liefde vir woorde, en tydens ons gesprek het sy dikwels gestop en met haar lippe gespeel terwyl sy die regte woord soek.

Sy kom ernstig voor, maar wanneer jy ‘n intelligente vraag vra, beloon sy jou met ‘n flits van waardering in haar oë, wat so groen soos margarita’s kan raak. Haar mondhoeke krul opwaarts, maar sy onderdruk die impuls om te glimlag en antwoord dan op ‘n manier wat jou op onverwagse paaie neem.

Lees ook: Margaret by die première van Maleficent

Die fliek se regisseur is die aktrise Elizabeth Banks. As ek jou nie vertel het nie, sou jy nie geweet het nie. Die aksie is fantasties, en die hele fliek pure plesier. Baie mense gaan kyk egter nie die fliek nie, en ek is nie seker hoekom nie. Is dit omdat ouens nie ‘n vrou wil sien waaroor hulle kan fantaseer nie? Of stel vroue nie belang in aksieflieks nie? Laasgenoemde idee klink vir my vreemd, want so baie vroue gaan kyk na mans in aksieflieks, so, hoekom nie ook jou eie geslag nie – veral as die fliek snaaks is? As jy superheldflieks geniet, maak seker jy gaan kyk hierdie een. En as jy gewoonlik saam met jou ander helfte aksieflieks gaan kyk, behoort hy beslis saam met jou te kom vir hierdie een. Vroue kan nie kla dat hulle nie verteenwoordig word as hulle nie die vroue ondersteun wat hulle wel verteenwoordig nie.

Lees ook: Margaret gesels met Adam Driver

As jy hou van aksie en humor, is die kans uitstekend dat jy hiervan gaan hou. Daar is ook ‘n fantastiese danstoneel, en ‘n toneel waar ‘n klomp mense wat dieselfde aangetrek is, die skurke erg deurmekaar maak.

Hier is ‘n skakel na ‘n YouTube-onderhoud met die regisseur Elizabeth Banks, wat ook in die fliek te sien is:

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.